616
4. Biodiesel
staan as “Algkultuur” bekend.
Biodiesel is ’n plaasvervanger vir dieselbrandstof en word uit hernubare
bronne soos groente-olies, dierevette en hersikleerde kookolies
geproduseer. Biodiesel kan in sy skoon vorm gebruik word, of vir gebruik in
dieselenjins met petroleumdiesel gemeng word.
Etanol kan ook uit druiwe geëkstraheer word (vind die kontakbesonderhede
vir LNR Infruitec-Nietvoorbij onder opskrif 12).
Omvattende aantekeninge oor biodiesel is beskikbaar op webtuistes soos:
• www.biodiesel.org – die National Biodiesel Board (VSA)
• www.biodieselsa.co.za – Soek die “Wat is biodiesel” menu-opsie.
Onder opskrif 12 is daar nog rolspelers van wie die webtuistes ook
geraadpleeg kan word.
5. Etanol
Die grootste enkele gebruik van etanol (etielalkohol) is as motorbrandstof
en brandstofbymiddel, ’n biobrandstofalternatief vir petroleum. Dit word
uit gewasse soos suikerriet en mielies vervaardig.
Die grootste nasionale brandstofetanolbedrywe word in Brasilië aangetref
(word in meer as 90 persent van nuwe motors in daardie land gebruik).
Die brandstofetanolbedryf in die Verenigde State is grotendeels op mielies
gebaseer, terwyl Brasilië weer meer suikerriet gebruik.
Die volgende webtuistes is uitstekende vertrekpunte vir lesers wat hierin
belangstel:
• www.greenfuel.co.zw
• Die webtuiste van die VSA se Renewable Fuels Association (RFA) verskaf
omvattende inligting oor, en lewer ’n betoog vir etanol. Besoek www.
ethanolrfa.org.
• www.ethanol.org – die Amerikaanse koalisie vir etanol – neem u op ’n
stapsgewyse interaktiewe toer van hoe etanol gemaak word
• www.ethanolindia.net – Ethanol Information India – is ook ’n omvattende
inligtingsbron vir die leser
6. Etanoljel en veiligheidstowe
Besoek www.silversandsethanol.co.za.
Etanoljel is ’n hernubare energievorm wat gemaak word deur etanol met
water en ’n verdikkingsmiddel te meng.
Dit brand skoon (geen skadelike gasse word vrygestel nie); dit versprei nie
as die stoof omgestamp word nie en daar is geen gevaarlike vlamme uit
lekkende stowe nie.
Etanoljel is meer gepas vir huishoudelike stowe en ligte, en die gebruik
daarvan verwyder ’n groot gesondheidsrisiko.
7. Ander bronne
Biobutanol – vervaardig uit suikerbeet. Dit beskik oor ’n energie-ekwivalent
van 95% van dié van petrol vergeleke met 75% vir etanol asook bykomende
voordele ten opsigte van aanvaarbaarheid in petrolbrandstofstelsels. Ten
minste 14% van Mauritius se elektrisiteit is afgelei van bagasse, die droë,
veselagtige oorblyfsels na die ekstraksie van die sap van die gebreekte
stingels van suikerriet.
Jatropha is ’n geharde struik met olierige sade wat in swak grond kan groei.
Dit bied ’n spektrum van potensiële gebruike afgesien van die hoofimperatief
van biodieselproduksie bv. Erosiebestryding, seepvervaardiging, organiese
bemesting, chemiese produksie, gliserien en bio-afbreekbare smeermiddel
(vir die tande van kettingsae). Besoek www.jatrophabiodiesel.org vir meer
inligting. Ons buurland Mosambiek is besig met jatropha-produksie vir
etanol. Dis uitgesluit as ’n voerstof in Suid-Afrika se biobrandstofstrategie
want dit val in die kategorie uitheemse indringerspesies.
Biobrandstof kan uit alg vervaardig word. Dit affekteer nie varswaterbronne
nie en volgens Wikipedia word meer olie uit ’n area so groot soos ’n dubbele
motorhuis geproduseer as uit ’n hele voetbalveld vol sojabone. Algboerdery
Dr Klaasen is betrokke by die ontwikkeling van biobrandstof uit inheemse
“Kraalbos”
Drie bome hou moontlikhede in en is relevant tot hierdie hoofstuk: die
moringa oleifera (peperwortelboom), die ximenia caffra (grootsuurpruim)
en die pappea capensis (doppruim). Die jatropha curcas is ’n uithee