617
9. Plaaslike sakeomgewing
Kry die nuutste Biobrandstofverslag op www.bfap.co.za.
Daar word verwag dat suikerriet die vernaamste voedselvoorraad vir
biobrandstofproduksie in Suid-Afrika gaan wes. Die prys van biobrandstof
sal deur biobrandstof pariteitspryse en die basiese brandstofprys (BFP) vir
fossielbrandstowwe bepaal word.
Bykomend tot suikerriet, sal etanol ook uit suikerriet vervaardig word.
Biodiesel sal verkry word van sojaboontjies, sonneblom en kanola. Grootliks
weens bekommernis dat mielies ’n bron van stapelvoedsel is vir die meeste
armes in die land. Die gebruik van sorghum as moontlike voedselvoorraad
is ondersoek deur ’n aantal rolspelers van Graan SA en Senwes.
10. Aspekte van belang vir boere
Raad aan boere wat dit oorweeg om hul eie biobrandstof vir plaasgebruik
te vervaardig:
• Deurlopende gehaltebeheer ten opsigte van alle insette sowel as die
produksieproses is noodsaaklik aangesien die risiko bestaan dat bra
ndstofinspuittoerusting mag faal indien die biodiesel nie van ’n goeie
gehalte is nie.
• Boere moet verseker dat die gehalte en spesifikasies van die biodiesel
vir die enjinvervaardiger van hul plaasmasjinerie aanvaarbaar is
aangesien die versuim om dit te doen daartoe aanleiding kan gee dat
die vervaardiger se waarborg ongeldig gemaak sal word.
11. Nasionale strategie en regeringskontakte
Kry die Biobrandstof opsie op die Departement van Energie se webtuiste www.
energy.gov.za.
In Desember 2007 het die kabinet die Nasionale biobrandstof
industriëlestrategie goedgekeur. Hierdie strategie stel ’n 2% biobrandstof
penetrasie in die brandstofreserwe voor. Hierdie 2% sal bydra tot
energiesekerheid, die skep van 25 000 poste in landelike boerdery en ’n
betalingsbalans van R1.7 biljoen sal behaal word. Kry die strategiedokument
op www.energy.gov.za en ook op die www.opot.co.za,webtuiste van die
Olie- en Proteïen Navorsingstigting.
Die konsepdokument vir kommentaar van die publiek oor die voorgestelde
vermenging van biobrandstof met diesel, wat gepubliseer is in Government
Gazette, September 2011, maak voorsiening vir die ’n minimum van
5%biodiesel versnit en ’n 2% bio-etanol-mengsel in die nasionale
brandstofvoorraad.
Landbou en hernubare energie is beide fokusgebiede van die regering se
soektog om poste in landbou te skep. Die Nywerheidsbeleid-aksieplan
(IPAP) stel, byvoorbeeld, die skepping van 150 000 poste in landbou in die
vooruitsig.
Die finalisering van voorgestelde vermengingsregulasies sal vêr gaan om vertroue in
die biobrandstofbedryf te kweek.
12. ’n Paar rolspelers
Verwys ook na die “Hernubare energie” hoofstuk.
Verenigings
• CANEGROWERS Tel: 031 508 7200 www.sacanegrowers.co.za
• Graan SA Tel: 0860 047 246 www.graansa.co.za
• Olie- & Proteïensade-ontwikkelingstrust Tel: 011 234 3400/1
www.opot.co.za
• Suid-Afrikaanse Suikervereniging (SASA) Tel: 031 508 7400 www.
sasa.org.za
• Die Southern Africa Bioenergy Association (SABA) Tel: 011 655
7332 www.saba.za.org
Opleiding en navorsing
EWSETA – Energy & Water
Sector Education & Training
Authori