610
lewende hawe
Wildboerdery
1. Oorsig
Die Suid-Afrikaanse wildboerderybedryf inkorporeer verskeie subsektore,
wat varieer van uitgebreide wildboerdery (met beperkte menslike
inmenging) tot intensiewe wildboerdery (met aanvullende voeding),
wildtelery en ekotoerisme.
Sedert die 1970’s het daar ’n beduidende verskuiwing vanaf beesboerdery
na wildboerdery plaasgevind. Weens die toename in wildplase, is die
totale gebied wat deur dié plase in privaatbesit beset word groter as al die
nasionale parke en provinsiale natuurreservate saam.
Limpopo het 50% van die land se wildplase, gevolg deur die Noord-Kaap
met 19,5% en die Oos-Kaap met 12,4%. Die ander provinsies deel die
oorblywende 18%.
Wildboerdery voorsien verbruiksaktiwiteite (soos ontspanningsjag,
trofeejag, biltong en wildvleis) en ook nieverbruiksaktiwiteite ( soos verblyf,
teelmateriaal, wildbesigtiging, avontuur en toerisme). Ander subsektore is
die wildvangery en –verskuiwingbedryf en taksidermie.
Daarbenewens, lewer die wildboerderysektor ’n groot bydrae tot bewaring,
want dit is in hulle belang om wild te bewaar. Volgens Dr. P Cloete,
.C.
van die Noordwes-Universiteit, is Suid-Afrika is een van die min lande in
die wêreld waar die getal diere, van ’n seldsame of bedriegde spesies, in
die laaste jare toegeneem het en die syfers vir inheemse wilde diere is die
hoogste in die afgelope 100 jaar.
’n Persverklaring deur Wildbedryf SA (WRSA) lui dat die wildbedryf meer
as 20 miljoen hektaar marginale landbougrond in florerende wildplase
omskep het, met die gevolg dat daar ’n toename in voedselproduksie
eenhede en toeriste belangstelling is, werkgeleenthede geskep is en die
landelike gemeenskappe ontwikkel word. Tesame met die wildvangery
en -verskuiwingsbedryf, word daar werk aan meer as 100 000 werkers
verskaf.
Bronne