Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 613

611 4. Nasionale strategie en regeringskontakte Besoek die webtuiste www.wrsa.co.za en kliek op die “Documents”-opsie vir meer inligting oor wetgewing, permitte, ens. Ten opsigte van wildboerdery, word wild as ’n landbouproduk beskou ooreenkomstig die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte, Wet 47 van 1996. Die primêre doelwit van die Direktoraat: Diereproduksie by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) is om toe te sien dat daar in al die provinsies volhoubare bestuur, gebruik, en ekologiese bewaring van weiding en veevoerbronne is, wat deur beide die lewende hawe en wildproduksiestelsel gebruik word. Besoek www.daff.gov.za of bel 012 319 7662. Om seker te maak dat al die betrokke partye verteenwoordig word en volkome deelneem, is die Nasionale Wildboerdery Werkgroep saamgestel )եЁ