609
11. Publikasies en webtuistes
•
www.ostrichsa.co.za – SA Volstruisbesigheidskamer. Hierdie
webwerf bied skakels na ander webwerwe, byvoorbeeld die SA
Volstruisprodusente-organisasie en NOPSA, asook na inligting oor die
lede van die SAVBK en die bedryf.
• Ostrich Newsletter / Volstruisbrief – ’n kwartaallikse publikasie
• Indien u navorsingsresultate verlang, kan u met prof. Brand en prof.
Cloete op Elsenburg in verbinding tree.
• Kry die Ostrich Market Value Chain Profile: 2010-2011 dokument
op www.daff.gov.za. Gebruik die “Publications” en “Agricultural
Marketing”-opsies.
• Diseases of ostriches and other ratites. F.W. Huchzermeyer 1998.
Agricultural Research Council – Onderstepoort Veterinary Institute
• Ostrich production systems M.M. Shanawany en John Dingle ISBN 92-5104300-0 Food And Agriculture Organisation.
• Kontak dr. Willem Burger, Tegniese Adviseur vir die SAVSK vir ander
publikasies. Rig ’n e-pos aan [email protected]
• www.dedenne.com is die webwerf van volstruisboer Johan Keller
wat na die toeristemark gediversifiseer het. Sy gastehuis se inkomste
is “aansienlik in vergelyking met dit wat uit die primêre boerderyaktiwiteite gegenereer word”. Farmer’s Weekly het ’n artikel oor sy
onderneming gepubliseer onder die opskrif “Agritourism helps ostrich
farm fly high”. Dit is in die argief beskikbaar by www.farmersweekly.
co.za.
Ons dank aan die SA Volstruisbesigheidskamer vir die redigering van
die konsephoofstuk.