608
Die twee allergrootste probleme is:
• Die kapitaal wat vereis word vanweë hoë voedingskoste en die
grond wat nodig is om die volstruise aan te hou (indien volstruise op
natuurlike veld aangehou word, is die drakapasiteit een volstruis per
22,8 hektaar)
• Hoë risiko weens die feit dat volstruiskuikens sonder ’n immuunstelsel
gebore word, wat lei tot hoë mortaliteit in die eerste maand.
Raad aan voornemende volstruisboere:
• Maak seker dat u aan al die internasionale regulasies en vereistes kan
voldoen.
• Stel ondersoek in na die geskikste bemarkingsreëling(s), d.w.s waar om
die voëls te slag, betaalmetodes (hele volstruis, of vel en vere apart van
die vleis, ens.).
• Maak seker dat u oor die finansiële hulpbronne beskik om die eerste
30 maande te kan oorleef.
Vir meer inligting kan u die SAVBK nader (kyk opskrif 8).
7. Nasionale strategie en regeringskontakte
Kontakbesonderhede vir die verskillende direktorate van die Departement
van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) verskyn by www.daff.gov.za.
• Direktoraat: Diereproduksie – 012 319 7662 / 7561 / 7493
• Direktoraat: Dieregesondheid – Tel: 012 319 7456
•Direktoraat: Bemarking – Tel: 012 319 8455 / 6450
Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR)
Tel: 012 341 1115
www.namc.co.za
Departement Handel en
Nywerheid (dti)
Sekretariaat van die Uitvoerraad
Tel: 012 394 1433
www.thedti.gov.za
Departement van Landbou
Wes-Kaap (Elsenburg)
Tel: 021 808 5111/ 5002
www.elsenburg.com
Oos-Kaapse Departement van
Landbou
Dr. L. Mrwebi
Tel: 040 609 3547 / 8
[email protected].
gov.za
Noord-Kaapse Departement
van Landbou
Dr. P Kegakwile
.
Tel: 053 838 9110 / 2
[email protected]
8. Verenigings wat betrokke is
SA Volstruisbesigheidskamer
(SAVBK)
Tel: 044 272 3336
www.ostrichsa.co.za
Nasionale Volstruisverwerkers
van SA (NOPSA)
Tel: 044 272 3336
www.nopsa.com
S A Volstruisprodusenteorganisasie (SAOPO)
Tel: 044 272 3336
Ostrich Breeders’ Society of
South Africa
[email protected]
Die SA Volstruisprodusenteorganisasie (SAOPO) en die Nasionale
Volstruisverwerkers van SA (NOPSA) is die vernaamste twee
verteenwoordigende instansies wat saam die SA Volstruisbesigheidskamer
(SAVBK) uitmaak. Die missie van die SAVBK is om ’n volhoubare, ekonomies
lewensvatbare volstruisbedryf in Suid-Afrika te bevorder deur middel van
aandeelhouer-deelname.
Daar bestaan Praktykkodes vir die teel en grootmaak van volstruise.
Hierdie kodes is van toepassing op almal wat om watter rede ook al
volstruise aanhou. Plase en abattoirs word gereeld geïnspekteer om
te verseker dat welsyn en voldoening aan EU-standaarde,op ’n hoë
standaard gehandhaaf word.
9. Opleiding en navorsing
Navorsing word gedoen oor alle faktore wat ’n invloed op kommersiële
boerdery uitoefen, asook op die welstand van die diere. Formele
ooreenkoms bestaan tussen die SAVBK en die Departement van Landbou
Wes-Kaap, wat tot ongeveer 35 navorsingsprojekte aanleiding gegee het.
Die navorsingsresultate bied inligting wat vir die boere van nut is in hulle
besluitneming. Proff. Tertius Brand en Schalk Cloete is spesialisnavorsers.
Bel 021 808 5111.
Oudtshoorn-proefplaas Tel: 044 272 6077
• Anel Engelbrecht – Hoofnavorser
• Dr. Koot van Schalkwyk – Boereondersteuning en -ontwikkeling
Rolspelers soos die Klein Karoo Internasionaal doe