607
Vir Suid-Afrika is dit hoofsaaklik ’n uitvoerbedryf, aangesien 90%
van alle volstruisprodukte uitgevoer word. Voor die EU se verbod op
volstruisvleis, was daar omtrent 400 uitvoer-geregistreerde plase wat
jaarliks ongeveer 200 000 slagvoëls lewer. Daar was ses abattoirs wat
goedgekeur was om aan die Europese Unie te lewer, asook drie looierye.
Vleis was ook na die Ooste uitgevoer.
3. Plaaslike sakeomgewing
Volstruisprodukte is leer, vere, vleis, toerisme, kuns en nutskuns. Kry die
kieslysopsies vir elke produk op www.ostrichsa.co.za.
Aktiwiteite en praktyke in die SA volstruisbedrywe word gerig deur ’n “Kode
vir die kommersiële produksie van volstruise” asook ’n “Biodiversiteitslangtermynstrategie vir die SA volstruisbedryf”.
Hierdie bedryf is vanweë die internasionale vraag na eksotiese leerprodukte
en gesonder voedselsoorte (soos volstruisvleis wat min vet en cholesterol
bevat) hoofsaaklik op uitvoer gerig. Die bedryf word hoofsaaklik beïnvloed
deur die wisselkoers, die internasionale ekonomie, markgroei en –stimulasie,
die dinamiek van die vraag-en-aanbod-ketting en dieresiektebeheer.
Ander kostefaktore wat ’n impak op hierdie bedryf het, sluit die pryse van
insetvoorraad (brandstof, graan, ens) en produksieprosesse in. Die grootste
kostebydraer is voer, wat tot 80% van die insetkoste beloop.
Die binnelandse mark hou baie potensiaal in, veral ten opsigte van waard
etoevoegingsaktiwiteite soos volstruisleerprodukte Die plaaslike mark vir
volstruisvleis word stadigaan ontwikkel, maar die vleis is ’n nismarkproduk
gerig op leefstyl en gesondheidbewuste verbruikers.
4. Aspekte van belang vir boere
• Kommersiële volstruisboere moet nakoming van die EU-vereistes
met betrekking tot biosekuriteit, naspeurbaarheid en siektebeheer
verseker. Voldoening aan arbeidswetgewing is ook iets wat toenemend
belangriker word.
• Die Ostrivision-verslag bevat inligting oor die hele waardeketting.
• Boere wat tegniese inligting en raad verlang, kan dr. Koot van Schalkwyk
bel by 044 272 6077.
5. Swart ekonomiese bemagtiging: inisiatiewe
1. OstriSEB moet in pas gebring word met die nasionale AgriSEB-riglyne.
2. Weens die aard van die volstruisbedryf is dit belangrik om te onderskei
tussen produsentvlak en verwerkervlak. Hierdie onderskeiding minimaliseer
die risiko vir nuwe inkomelinge.
3. Verhoog deelname aan die hele waardeketting:
- algemene lewenstandaard van werknemers /nuwe inkomelinge kan
verbeter word;
- toegang tot kapitaal en natuurlike hulpbronne (grond);
- aantal swart bestuurders en spesialiste.
4. Die volgende risiko’s en uitdagings moet besef en behoorlik bestuur
word:
- Toegang tot kapitaal: Dit duur 30 maande voordat ’n nuwe inkomeling
’n inkomste begin verdien.
- Toegang tot grond: 22,8 hektaar per volstruis op natuurlike veld is
nodig.
- Siektebeheer – volstruiskuikens word sonder ’n immuunstelsel
“gebore”, dus is gespesialiseerde sorg vir hulle van wesenlike belang.
5. Verhoog die vaardighede van swart rolspelers deur die volgende te
voorsien:
- Vaardighede – ambagsmanopleiding: abattoirs, looierye ens.
- Mentorskap op plase en op verwerkingsaanlegte.
6. Bestuur regstellende aksie by indiensneming:
- Stel duidelike doelwitte vir personeelontwikkeling.
- Implementeer ontwikkelingsprogramme.
Implementering:
• Die boekie, “The ostrich farm – how to get started” , het die lig laat
sien om SEB-inkomelinge van hulp te wees. Die boekie word gratis
versprei.
• Lede van die SAVSK (kyk opskrif 8) doen by elke vergadering verslag
oor programme en vordering.
6. Vir die nuwe toetreder
’n Volstruiswyfie van goeie afkoms wat goed gevoed en ver