604
• Wetgewing. Om wysigings te bevorder, na te vors of in te stel; of nuwe
wetgewing om die welsyn van diere te verbeter.
• Opleiding. Die eenheid:
1. hou eksterne werkswinkels vir landboudepartemente by Korrektiewe
Dienste regoor Suid-Afrika
2. gee lesings oor huidige wetgewing by kursusse oor veediefstal
3.
verskaf regoor Suid-Afrika praktiese opleiding aan inspekteurs in
plaaslike gemeenskappe
• Reaktief. Reageer op en hanteer ongelukke of rampsituasies waarby
vee betrokke is.
Kleinskaalboere
’n Toenemende aantal kleinskaalse individuele, koöperatiewe en kommersiële landbouprojekte wat deur die regering en internasionaal geborg word,
word tans in kommersiële boerderygebiede gevestig. Die NRDBV het op
proaktiewe en reaktiewe wyse by sulke projekte betrokke geraak om
leiding te gee en vordering te monitor. Swak administrasie en onkunde kan
tot aansienlike lyding en selfs die dood van diere aanleiding gee.
Bystand van veeartsenydienste
Die staat verskaf nie veeartsenydienste in sekere (gewoonlik afgeleë
en verarmde) gebiede nie en in ander gebiede is die beskikbare dienste
onvoldoende. Dit is waarom die NRDBV besluit het om uit te reik ten einde
bystand aan veeartsenydienste te voorsien. Benewens enige reaktiewe
optrede wat nodig mag wees, word spesifieke uitreikprogramme en
-projekte beplan en onderneem.
Die plaasdiereenheid van die Nasionale Raad van NRDBV’s bied verskillende
werkswinkels en lesings aan vir die betrokke staatsdepartemente om
inligting te verskaf oor opleiding, navorsing of produksie met betrekking
tot heersende neigings in dierewelsyn, wetgewing en morele en sosiale
verantwoordelikhede.
Die werkswinkels en lesings word aangebied by Korrektiewe Dienste,
die verskillende Departemente van Landbou in die land, tydens die
opleiding van veediefstalinspekteurs en speurders, en aan derdejaarveeartsenykundestudente. In die toekoms sal hierdie werkswinkels en
lesings hopelik ook aangebied word vir dieregesondheidstegnici, studente
by landboukolleges en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Ander organisasies wat graag sulke werkswinkels wil meemaak, kan ’n epos aan die NRDBV rig by [email protected].
10.
Nasionale strategie en regeringskontakte
Kontakbesonderhede van die verskillende direktorate van die Departement
van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) verskyn by www.daff.gov.za.
Die mikpunt van die National Livestock Development Strategy (NLDS) is om
die volhoubaarheid van dierelandbou in Suid-Afrika deur die produksie,
prosessering en voorsieningsnetwerk. Implementering sluit die stigting van
sektorwerksgroepe, mobilisering van landelike lewende hawe- eienaars
in die rigting van ekonomiese produksie en ondersteuningstelsels vir die
bewaring van veld en lewende hawe-hulpbronne deur volhoubare gebruik.
Die publikasie Livestock Development Strategy for South Africa wat deur die
Direktoraat Diereproduksie van die Departement van Landbou, Bosbou en
Vissery saamgestel is, is verpligte leesstof vir enigiemand wat meer oor die
veebedryf wil weet of die potensiaal en vraagstukke wat daarby betrokke is
wil verstaan. Dit is beskikbaar by www.daff.gov.za (kliek op “Publications”
en dan op “General publications”).
• Direktoraat: Veeartsenydienste Tel: 012 319 7456 sandraDAC@daff.
gov.za
• Direktoraat: Diereproduksie Tel: 012 319 7493 / 7662 DAAPS@daff.
gov.za
Volgens die Wet op die Identifikasie van Diere, 6 van 2002 word alle eienaars
van lewende hawe verplig om by die Registrateur: Diere-identifikasie om ’n
geregistreerde identifikasiemerk aansoek te doen. Verwys na opskrif 4.
11. Opleiding en navorsing
Raadpleeg die hoofstuk oor landbou-onderwys en -opleiding en ook die hoofstukke oor
spesifieke lewende hawe.
• Opleiding oor veeboerdery is by die diplomas en kortkursusse wat
deur die landboukolleges aangebied word ingesluit. Voorbeelde
van kortkursusse wat by Cedara in KwaZulu-Natal aangebied
word: pluimveeproduksie, suiwelproduksie (basies); kleinskaalse
suiwelboerdery; byeboerdery (word ook in isiZulu aangebied);
bokproduksie; varkproduksie en verwerking van suiwel. Verdere
inligting oor landboukolleges verskyn in die hoofstuk ook landbouonderwys en -opleiding.
• Lees oor Agrimark Trends by www.agrimark.co.za.
• AgriSETA-geakkrediteerde verskaffers van opleiding bied
kursusse in veeproduksie aan. Skills for Africa bied byvoorbeeld kursusse
in braaikuiken-, bees- en kleinveeproduksie aan. Besonderhede oor
hierdie en ander verskaffers verskyn in die hoofstuk oor onderwys en
opleiding.
• Skakel die LNR