603
8. Vervoer van diere
Hoe beter jy jou diere behandel hoe meer geld sal hulle vir jou verdien.
Vervoer jou diere veilig en jy sal beserings en sterftes vermy. Verminder die
druk op hulle om verlies van produksie en reproduksie te vermy.
Moenie dat die diere in nat, modderige krale staan voordat jy vertrek of
as jy jou bestemming bereik het nie– hulle kan alle soorte siektes daar
opdoen, insluitende vrotpootjie.
Leer om diere een vir een te hanteer sodat jy hulle nie seermaak nie. Moet
hulle nie jaag, slaan of in klein spasies inhok nie. Wanneer hulle gelaai word
en daar is nie ’n laaibrug nie, tel hulle versigtig op (klein diere). Indien jy jou
diere goed hanteer sal hulle mak word en makliker hanteerbaar.
Moenie teveel diere op ’n voertuig laai nie (sien die “sleepwaens” hoofstuk).
Dit is teen die wet en jy kan jou diere beseer –hul bene breek en hul
velle kneus. Moet ook nie diere van verskillende groottes in dieselfde
kompartement sit nie.
Diere moet kan regop staan en sonder moeite asemhaal wanneer hulle
vervoer word. Plaas materiaal in die laai-area om te keur dat hulle nie
gedurende die rit rondlgly nie.
Ry versigtig veral om draaie en op heuwels. Moenie skielik rem nie, want
die diere sal vorentoe beweeg en mekaar platdruk. Stop nadat jy ’n paar
kilometers gery het om te kyk of die vrag nog reg is.
Die beste tyd om voorraad te vervoer is vroeg in die oggend of laatmiddag
–veral in die somer. Indien jy vir ’n rukkie iewers moet parker, moet jy in
die skaduwee parkeer, want diere kry maklik hitte-stres.
Moenie te vinnig beweeg wanneer jy ’n trop diere te voet of op ’n perd lei
nie veral as daar lammetjies, kalfies of verwagtende diere onder die trop
is. As jy hulle oor ’n lang afstand vervoer, moet jy vroeg in die more begin
sodat jy hulle kan laat rus. Gee hulle water langs die pad.
Bron: ’n artikel “Handle your animals gently” deur Roelof Bezuidenhout by www.
farmersweekly.co.za
9. Algemene veeverenigings
Elk van die lewende hawe hoofstukke gee besonderhede oor toepaslike verenigings,
maatskappye en ander rolspelers. Die volgende verenigings is regoor die lewende
h