602
2. Veediefstal
Die wetgewing wat hier van toepassing is, is die Wet op Veediefstal 57 van 1959.
Veediefstal belemmer veeboere se winsgewendheid. Dit meng ook in
met die regering se grondhervormingsproses en die bemagtiging van
opkomende boere. Vir elke veediefstalinsident op kommersiële plase
vind drie soortgelyke insidente onder opkomende boere plaas. Wat dit so
moeilik maak is dat opkomende boere totale verliese ly – krale word totaal
leeggestroop. Hierdie boere moet toevlug neem tot ander maniere om na
hul families om te sien en om ’n bestaan te maak.
Veediefstal het in ’n sakeonderneming ontaard en daar is duidelike
aanduidings dat sindikate daarby betrokke is. ’n Mens kan veediefstal nie
meer toeskryf aan persone wat steel om iets te hê om te eet nie.
Suid-Afrika was nog altyd ’n netto invoerder van rooivleis, maar veediefstal
het die bedryf (en landbou in die algemeen) ’n knou toegedien. As die
probleem van veediefstal opgelos kan word, sal dit ’n groot bydrae lewer
tot die land se pogings om selfonderhoudend te word.
’n Omvattende dokument – Hints for the Prevention of Stock Theft – is by die
Nasionale Veediefstaleenheid beskikbaar. Dit sal vee-eienaars help om hul
kwesbaarheid te verminder en om veediewe suksesvol te laat vervolg.
Belanghebbendes
• Verskeie lewende hawe-bedryf verenigings soos die rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) het die nasionale veediefstalforum gestig. Skakel
Gerhard Schutte by 012 348 1933of stuur epos na [email protected] Kry
kontakbesonderhede vir die verskeie lewende hawebedryf-verenigings
in die toepaslike hoofstukke.
• Die Veediefstaleenheid by die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ’n
rolspeler. Skakel die nasionale kantoor by 012 393 1196/7, stuur ’n faks
na 012 393 1548 of ’n epos na [email protected].
• Boere-unies soos die Vrystaat Landbou en Kwanalu (raadpleeg die
“Georganiseerde Landbou” hoofstuk).
• Aantekeninge oor veediefstal is beskikbaar by www.agriwiki.co.za en
www.rpo.co.za.
3. Roofdiere en die veeboer
Raadpleeg die hoofstuk oor wild op plase in hierdie handboek.
4. Identifikasie van diere
Die Wet op die Identifikasie van Diere 6 van 2002 vervang die ou Wet op
Veebrandmerke 87 van 1962.
• Dit is verpligtend om alle beeste, skape, bokke en varke te merk.