Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 600

598 5. Die Sygma-stelsel vir gesinchroniseerdegroepbestuur Ideaal gesproke moet streng beheer oor higiëne en ’n almal-in-almal-uitstelsel in varkboerdery toegepas word. Dit word bewerkstellig deur varke van dieselfde ouderdom of eenderse produksiegroepe in dieselfde hokke aan te hou. Die kleinboer kan dit slegs doen deur die varke in groepe te laat jong. Aangesien ’n gesinchroniseerde groep sôe almal saam na die volgende hok/ kamp verskuif word, word elke hok heeltemal leeggemaak – almal wat daar ingaan, gaan weer tegelyk daar uit. Op die plase waar die Sygma-stelsel gevolg word, bly die hokke ’n week lank leeg staan nadat die varke daar uitgelaat en die hokke skoongemaak is. Dit staan bekend as higiëniese lediging. Gevolglik kom minder siektes onder die varkkuddes voor wat weer aanleiding gee tot vrugbaarder sôe en jong varkies wat beter groei. Plase waarop die Sygma-stelsel toegepas word, bevorder die gesondheid van die omgewing met hulle beleid van almal-in-almal-uit en higiëniese lediging. Gevolglik gebruik hulle minder medikasie en word die produksiekoste per varkie verlaag. Sôe word in sewe groepe verdeel volgens die stadium van produksie waarin hulle verkeer. Hierdie groepering van sôe in eenderse groepe maak dit moontlik om ’n skedule op te stel vir die drie belangrikste aktiwiteite, naamlik die inseminering van die sôe, wanneer die sôe jong en wanneer die jong varkies gespeen word. Hierdie skedule hou baie voordele vir die varkteler in en beter resultate word met die varke behaal. Die boer sal sy aandag aan slegs een bestuurstaak per week hoef te skenk, naamlik spening, inseminering of die geboorte van klein varkies. In ’n konvensionele weeklikse jongprogram word al hierdie take weekliks herhaal en hou dit die boer daagliks besig. Kleinboere kan dit nie bekostig om ’n bestuurder vir hulle varke aan te stel nie en behartig al hierdie take meestal self. Gevolglik het hulle min tyd oor vir ander ondernemings op die boerdery. Met ’n drieweeklikse jongprogram sal die boer die klein varkies op ’n Donderdag speen, die sôe die daaropvolgende Dinsdag insemineer en sal sy volgende groep sôe die Dinsdag daarop weer jong. Hierdie stelsel hou verskeie voordele vir die varkboer in: • Gesonde varke • Beter gesondheidstatus • Groter werpsels • Meer werpsels per sog per jaar • Tot 25% besparing op arbeid • Groter winste • Minder werk, groter inkomste • Meer tyd om aan die diere te bestee • Verkoop groter hoeveelhede speenvarkies teen beter pryse • Verminder die koste van KI Bron: Joos Solms, Plantkor. Tel: 036 468 1309 E-pos: [email protected]. 6. Inligting oor opkomende boere • Die opkomend