Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 60

58 Plaashekbemarking is die mees algemene vorm van bemarking onder kleiner produsente. Mielies, boontjies, groente, vrugte, pluimvee en lewende hawe word verkoop. Sodra daar in die plaaslike mark se vraag voorsien is, moet die boer egter vir meer afgeleë markte op die uitkyk wees. Dorpsbemarking Hierdie bemarkingskanaal begin reeds op die plaas en word hiervandaan verder ontwikkel om die produk by die kliënt te bring. Op die mees elementêre vlak kan ’n plaasstal bedryf word deur boere wat hul eie produkte verkoop en dan tot individuele stalletjiebesitters vorder wat produkte namens die plaaslike boere verkoop. Die tipe produk wat op ’n plaasstal bemark word, is gewoonlik bederfbaar, soos vrugte en groente, maar verwerkte voedselsoorte soos atjar, konfyte en gekookte mielies is ook vir hierdie tipe bemarking geskik. Voordele: Nadele: • Groter markte kan ontgin word. • Boere kan voordeel uit meer gunstige pryse trek. • Prysskommelings is in die algemeen klein. • Vervoer van die produkte kan dalk problematies wees. • Die gehalte van die produkte moet moontlik hoër wees om vir die behoeftes van meer uitsoekerige verbruikers voorsiening te maak. • Daar moet ’n konstante aanbod van produkte beskikbaar wees om in die mark se behoeftes te voorsien. • Buigsaamheid betreffende die pryse van produkte is nodig. Varsproduktemarkte Raadpleeg ook die hoofstuk oor die varsproduktemarkte in die gids. Hierdie markte word hoofsaaklik vir die verkoop van vrugte en groente in groter sentra gevestig. Tradisioneel het hierdie markte vir die kommersiële produsent voorsiening gemaak, wat op sy beurt produkte aan die groter stedelike sentra voorsien het. Die stelsel vir die meeste markte het van veilings na verkope deur markagente wat op ’n kommissiegrondslag werk, verander. Volgens hierdie stelsel stuur die boer sy produkte na die agent op die mark, wat dan probeer om die hoogste pryse vir hom te kry. Voordele: Nadele: • As hulle produkte beskikbaar Markinligting is belangrik om die het, kan boere voordeel trek boer in staat te stel om die regte uit hoër pryse in tye van ’n besluite te neem. tekortaanbod. • Die mark is in staat om groot • Pryse skommel. hoeveelhede van die boere se • Markte is dikwels ver van die produkte te verkoop. produksiepunt. • Die boer kan die dienste • Die oestyd is van kritieke van ’n agent inspan om die belang vir die sukses van die bemarkingstaak uit te voer. oes, veral met betrekking tot die realisering van die regte prys. verpakking en • Gehalte, aanbieding is uiters belangrik en produkte moet aan aanvaarde graderings- en verpakkingstandaarde voldoen. • Die boer moet daarvan verseker wees dat hy die hoër bemarkingskoste, insluitend die agentekommissie, kan dra. Voorraadverkopings Die verkope van lewende hawe in die ontwikkelende gebiede is baie jare lank aangemoedig. Daar is ’n aantal verkoopspersele waarvan sommige ’n bemarkingsdiens aan opkomende boere en kommersiële boere bied. Veilingsverkope word gereeld by baie van hierdie persele gehou. Die verkoper kan besluit of hy die prys wat die koper aanbied, wil aanvaar of nie. Die pryse wat by voorraadverkopings ontvang word, is vas en is in ’n groot mate ’n weerspieëling van die vraag-en-aanbod-posisie plaaslik sowel as binne die hele mark. Verwys na die “Veilings - lewende hawe” hoofstuk in hierdie handboek. Voordele: Nadele: • Die promosie word namens die boer gedoen. • Betaling deur die koper is gewaarborg. • Die mark is groter as die plaaslike mark. • Kleinskaalse boere het toegang tot hierdie verkopings. • Die verkopers kry moontlik nie die prys wat hulle vir die dier wou hê nie. • Pryse kan laer as die “mark”prys wees. Direkte bemarking Met direkteurs- of kontrakbemarking verkoop die boer direk aan die kleinhandelaar. Ooreenkomste word dikwels tussen groot produsente van bederfbare goedere en groot kleinhandelaars aangegaan, byvoorbeeld Woolworths of Pick n Pay. Hierdie kleinhandelaars is dikwels redelik buigsaam wat hul volumes en voorsieningsvraag betref, wat goeie publisiteit vir hulle verseker as ondersteuners van opkomende boere, maar hulle sal nie hul gehalte inboet nie. Enkele swart bemagtigingsmaatskappye het groot staatskombuiskontrakte verkry (bv. die Departement van Korrektiewe Dienste) en verkies om kontraktueel en om politieke redes hul produkte by die opkomende sektor te koop. Die voorligtingsbeampte moet van hierdie kontrakte kennis dra deur met die plaaslike owerheid se tenderraad in aanraking te bly. Voordele: Nadele: • Bemarkingsgrense kan verlaag word en die produsent kan sodoende ’n hoër prys vir die produk ontvang. • Die verkoopsvolumes word vir die boer gewaarborg. • Die boere moet seker maak dat hulle oor voldoende bewys van aanvaarbare gehalte beskik om hul produk ten alle tye aan die verbruiker/kleinhandelaar te kan voorsien. • Die gehalte van die produk moet ten alle tye hoog wees. • As die boere nie in die kleinhandelaar se behoeftes kan voorsien nie, moet hulle produkte aankoop om die benodigde bestelhoeveelhede te lewer. Gemeenskapsbemarking Boere kan kies om gemeenskapsbemarking te doen. ’n Boerevereniging kan moontlik byeenkom en hul oeste gesamentlik op ’n formele mark, wat in die meeste plattelandse dorpe aangetref word, bemark. Uitvoer Daar is baie reëls en regulasies waarvan u kennis moet neem indien u u produkte op hierdie manier wil bemark. Die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) kan u van inligting voorsien om te kyk of uitvoer ’n opsie vir u is. Sien ook die hoofstuk oor uitvoer in hierdie handboek.