Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 598

596 3. Plaaslike sakeomgewing lewende hawe Varkvleis 1. Oorsig SAPPO info, die maandelikse, elektroniese nuusbrief van die SuidAfrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO), is ’n uitstekende manier om op hoogte te bly van ontwikkelings en gebeure in hierdie bedryf. Sien kontakbesonderhede onder opskrif 9. Aangesien die nuutste inligting deurslaggewend is vir sukses in die produksie van varkvleis, voorsien SAVPO sy lede deurlopend van die nuutste markinligting. Besoek www.sapork.com vir die nuutste inligting oor die bedryf. ’n Verslag oor pryse word weekliks per e-pos aan lede gestuur en bied insae in produsente- en verbruikerspryse oor die hele. Invoersyfers word maandeliks deur middel van ’n e-pos aan lede gestuur. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) publiseer ’n gereelde artikel in Porcus oor statistieke en neigings in die Suid-Afrikaanse varkbedryf. Besoek www.bfap.co.za. Agrimark Trends (AMT) verskaf ook ’n markinligtingsdiens. Besoek www.agrimark.co.za. Tree met Minda in verbinding by 012 361 2748 om op weeklikse markverslae in te teken. Verkoop van varke op vastepryskontrak In die internasionale va