590
6. Verenigings wat betrokke is
Cape Wools SA
Tel: 041 484 4301
www.capewools.co.za
Die Suid-Afrikaanse wolbedryf is
in 1997 herstruktureer om aan
die regulasies van die Wet op die
Bemarking van Landbouprodukte,
47 1996 te voldoen.
’n Wolforum is heel eerste gestig
om die verskillende belangegroepe
in die wolbedryf te verteenwoordig.
Die Forum kom halfjaarliks byeen
en verteenwoordigers is vir hulle
eie uitgawes verantwoordelik.
Die hooffunksies van die Forum is
soos volg:
• om geleenthede te skep
waartydens
nywerheidskwessies bespreek kan word
• om met die regering en ander
organisasies te skakel
• om ’n onafhanklike en
objektiewe diens ten opsigte
van inligting, statistieke en
ondersteuning te verseker
’n
lewensvatbare
• om
sakeomgewing
deur
die
bevordering van toepaslike
navorsing, ontwikkeling en
opleiding te skep
• om Suid-Afrikaanse wol te
bevorder
Cape Wools SA is ’n organisasie
sonder winsbejag wat die Forum
as
sy
uitvoerende
liggaam
gestig het. Die direkteure word
uit die Wolforum verkies en
verteenwoordig die onderskeie
belangegroepe. Cape Wools doen
aangaande sy aktiwiteite aan die
Forum verslag. Om oorhoofse
koste te beperk en om die
maksimum fondse vir dienste en
funksies wat deur die bedryf verlang
word beskikbaar te stel, word die
organisasie deur ’n klein personeel
van vyf persone bedryf. Sekere
funksies word uitgekontrakteer,
maar Cape Wools aanvaar volle
verantwoordelikheid
vir
die
beplanning en bestuur van al die
funksies.
Die maatskappy is op 1 September
1997 gestig. Statutêre magte is aan
die maatskappy toegeken vir die
insameling van statistieke (rekords
en opgawes) vir die wolbedryf.
Sodoende is Cape Wools in staat
om ’n wolstatistiekdatabank te skep
waaruit ’n nasionale markaanwyser
en ander inligting rakende die
plaaslike en internasionale bedryf
beskikbaar gestel kan word.
Wool Forum
Tel: 041 484 4301
National Wool Processors
Association
Tel/faks: 041 365 5035
South African Wool and
Mohair Buyers’ Association
(SAWAMBA)
Tel: 041 484 5252
Wool Textile Council
Tel: 041 484 5252
Dit
is
die
Suid-Afrikaanse
nasionale komitee wat die
koop-,
verwerkingsen
uitvoerbedryf op die Internasionale
Woltekstielorganisasie
(IWTO)
verteenwoordig.
The Wool Trust
Tel: 041 484 4307
Faks: 041 484 4309
[email protected]
Die Woltrust is in 1997 kragtens
die nuwe Wet op die Bemarking
van Landbouprodukte, 47 van
1996 gestig. Hierdie wet bepaal
dat bates wat landbourade onder
die vorige regering opgebou het
na trusts oorgedra en tot voordeel
van die betrokke bedryf in die
geheel aangewend moet word. Die
Woltrust-akte bepaal dat minstens
ses en hoogstens 6WvRG'W7FVW0