588
•HOTSURE Tel: 0861 HOTSURE (468 787) www.hotsure.
co.za (Biotelemetrie-oplossings vir proaktiewe risikobestuur en
presisieboerdery)
• Just Lamb Tel: 011 826 6452 www.justlamb.co.za
• Konsortium Merino Tel: 048 881 4895 www.konsortium-merino.
com
• U plaaslike agri-onderneming, bv. Suidwes, Kaap Agri en GWK.
Kontakbesonderhede is beskikbaar in die hoofstuk oor agriondernemings.
• Mushlendow Tel: 014 543 2388 (voerkraal)
•Onderstepoort Biological Products (OBP) Tel: 012 522 1500 www.
obpvaccines.co.za
• Peter Milton Tel: 083 630 8868 www.petermilton.co.za (ekspert
lewende hawe konsultant)
• Ramsem Tel: 051 412 6327 / 082 900 3903/4 www.ramsem.com
• Vleissentraal Ltd Tel: 012 460 9916 www.vleissentraal.co.za
10. Publikasies en webtuistes
Besoek die webtuistes van rolspelers, byvoorbeeld www.redmeatsa.co.za,
www.rpo.co.za en www.samic.co.za.
lewende hawe
Skape – Wol
1. Oorsig
Die skaap- en wolbedryf is een van die oudste boerderybedrywe in SuidAfrika. Dit speel ’n belangrike ekonomiese rol aangesien dit ’n vername
verdiener van buitelandse valuta vir die land is. (Die ekonomiese aanwysers
verskyn op die webtuiste www.capewools.co.za).
Die Kaapprovinsie was vir die duur van die koloniale tydperk die belangrikste
wolproduserende gebied in Suid-Afrika. Hoewel die skaapbedryf in die
daaropvolgende jare vinnig oor bykans die hele land versprei het, het “Cape
Wool” die internasionale generiese handelsterm geword vir al die wol wat
op die subkontinent geproduseer word.
Skakel 012 672 9111 vir die volgende publikasies wat by die LNR-Irene
beskikbaar is:
1. Karakoel (volledige stel bulletins, beskikbaar in Afrikaans of Engels);
2. Skaapvleis (volledige stel bulletins, beskikbaar in Afrikaans of Engels).
3. Indigenous Sheep and Goat Breeds of South Africa
Suid-Afrikaanse wol is hoofsaaklik ’n uitvoerkommoditeit wat in verwerkte
en halfverwerkte vorm uitgevoer word. Dit word in ’n gesofistikeerde
vryemarkomgewing geproduseer en verhandel waarin vraag en aanbod die
prysvlakke bepaal.
Skakel 012 842 4017 of stuur ’n e-p os na [email protected] vir die
volgende publikasies, beskikbaar van die LNR in Silverton:
• Manual on sheep facilities (ook beskikbaar in Afrikaans)
• Manure handling in intensive animal production units, deur H.T. Breedt,
hersien deur F. Cilliers. Kopiereg. 2009. In hoofstuk 7 word die
hantering van skaapmis bespreek.
• Die hoofproduksiegebiede is in die volgende streke: Oos-Kaap,
Vrystaat, Wes-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.
• Die Suid-Afrikaanse skeersel is hoofsaaklik ’n Merinoskeersel wat meer
as 80% van alle lotte wat te koop aangebied word uitmaak.
• Die wolpryse in Suid-Afrika word in navolging van dié van Australië
vasgestel, aangesien die grootste volumes wol daar verhandel word.
• Meer as 90% van Suid-Afrika se wol word hoofsaaklik óf as vetwol
(80%) óf in halfverwerkte vorm (gewas en gekam) uitgevoer.
Talle inligtingspakkies is beskikbaar onder die “Publications”-opsie by www.
daff.gov.za, webwerf van die DLBV. Kry ook toegang tot die Mutton Market
Value Chain: 2010-2011 publikasie op die www.daff.gov.za, onder die
“Publications” en “Agricultural Marketing” kieslysopsies.
Etlike publikasies oor skape is beskikbaar by Kejafa Knowledge Works.
Skakel 011 025 4388 of besoek www.kejafa.co.za vir inligting oor die
volgende:
• Barn Guide for Sheep
• Storey’s Guide to Raising Sheep deur Paula Simmons. 400 bladsye, met
foto’s en illustrasies.
• Natural Sheep Care deur Pat Coleby. Dis ’n omvattende gids oor wol,
vleis en melk.
• Skaap Produksie, A5-formaat, 250 bladsye.
• Raising sheep
• Small stock management deur J. Oberholster
Diseases and Parasites of Sheep and Goats in South Africa voorsien maklik
verstaanbare inligting oor bestuur, uitkenning van siektes, voorkomende
maatreëls en behandeling. Dit is geskryf deur dr. Pamela Oberem, dr. Peter
Oberem en dr. Johan van Rensburg. Kontak Afrivet vir ’n afskrif by 012
817 9060. Besoek www.afrivetplana.co.za om Afrivet se “’n vernuwende
gereedskapstel vir skaapboerdery”. Plan A van Afrivet is “jou geen-koste,
24 uur ’n dag, sewe dae ’n week, internet gereedskapstel vir bestuur,
produksie gesondheid en wins in jou kudde”.
Small-scale Livestock Farming – a grass-based approach for health sustainability
and profit. Carol Ekarius. Storey Publishing. ISBN 1580171621. “’n Natuurlike,
organiese benadering tot lewendehawebestuur wat lei tot die produksie
van gesonder diere en wat die koste van voeding en gesondheidsorg verlaag
en winste verhoog.”
Shepherd Manual Dr. J.J. Olivier. LNR Irene. Februarie 2003. Dit is beskikbaar
in Engels en in Afrikaans.
’n Tydskrif vir praktiese skaapboere. Dit dek wenke vir winsgewende
skaapboerdery en ander aktuele kwessies, en daar is uitgebreide skakels en
hulpbronne – www.sheepmagazine.com.
Ons dank aan prof. Hettie Schönfeldt en haar span vir waardevolle terugvoer.
2. Internasionale sakeomgewing
Sien www.capewools.co.za vir die nuutste inligting.
Wol is ’n uitvoerproduk waarvan meer as 90% van die totale produksie as
vetwol of in semi-verwerkte vorm (gewas en gekam) uitgevoer word. Die
wêreldprys vir klerasiewol word in Australië, die grootste verskaffer van
klerasiewol, waar die grootste volumes wol verhandel word. Suid-Afrika,
met ’n kleiner skeersel, volg daarom die mark.
Faktore wat die prys beïnvloed is wisselkoersbewegings en vraag en aanbod
in verbruikersmarkte.
Op verbruikersvlak is wol as tekstielvesel ’n nie-essensiële produk en
word soms as ’n luukse vesel beskou. Ekonomiese groei in belangrike
verbruikersmarkte, verbruikersvertroue en bestedingspatrone beïnvloed
daarom die pyplynvraag na wol.
Die belangrikste wolproduserende lande is Australië, Nieu-Seeland, China,
Argentinië, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Uruguay en Suid-Afrika.
Die belangrikste invoerders van Suid-Afrikaansae wol is China, Italië,
Tsjeggië, Frankryk, Duitsland, Indië en die Verenigde Koninkryk.
Suid-Afrika is ’n volle lid van die Internasionale Woltekstielorganisasie
(IWTO). Besoek – www.iwto.org.
3. Plaaslike sakeomgewing
Cape Wools SA bied ’n SMS-diens aan waardeur markinligting onmiddellik
ná verkope versprei word, asook ’n markverslag wat weekliks per e-pos
versend word.