586
4. Roofdierbeheer
Raadpleeg die hoofstuk “Wild op plase”.
5. Vir die nuwe toetreder
Indien u werklik ernstig is om met skaapboerdery te begin, sal u oral
na inligting soek! Vra die regte vrae en praat met die regte mense – nie
webtuistes nie. Vra uit oor die volgende faktore in die distrik:
• veediefstal
• roofdiere
• arbeid
• markte
• siektes
Ervaring is die beste leermeester, en kommersiële boere leer die meeste
deur regstreekse kontak met ander boere (insluitende pa’s en oupas). Dis
’n proses van osmose.
Praat met ’n paar redelik suksesvolle skaapboere in die area, verkieslik bure.
Dit klink na voor die hand liggende advies, maar baie boere volg dit nie.
Hulle koop ’n plaas in ’n distrik sonder om enige navorsing te doen; hulle
begin boerdery-ondernemings sonder om met die plaaslike mense te praat.
Hulle is óf skaam óf hulle dink hulle weet beter as die mense wat al geslagte
lank daar boer.
Moenies
• Moenie ooie en lammers gelyktydig in die tenk plaas nie.
• Skape behoort nie voor en ná dompeling oor lang afstande aangedryf
te word nie.
• Moet nooit skape wat dors is, dip nie.
• Begin vroeg in die more dip, en moenie voortgaan tot in die
laatmiddag nie. Skape moet die geleentheid kry om behoorlik af te
droog voordat dit aand is.
• Moenie skape dip wat onlangs geskeer is nie. Laat ’n tydperk van
sowat 14 dae toe vir skeerwonde om te heel.
Bron: Afkomstig uit een van die “Info Paks” (sien opskrif 10)
6. Nasionale strategie en regeringskontakte
Vir kontakbesonderhede oor die verskillende direktorate van die Departement
van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV), klik op die “Divisions”-opsie by
www.daff.gov.za.
7. Verenigings wat betrokke is
Woon boeredae en landbouskoue by en vra vrae pleks daarvan om
Vrystaat Cabernet (klippies & coke) te drink. Baie telersverenigings stel ’n
jaarprogram beskikbaar.
Kontakbesonderhede vir skaaptelersverenigings is beskikbaar in die hoofstuk oor
veeverbetering en telers.
Bron: Roelof Bezuidenhout, ’n Oos-Kaapse boer. Hy is ook ’n skrywer en medewerker
van Farmer’s Weekly.
Lamb & Mutton South Africa
Tel: 012 361 2333
[email protected]
www.healthymeat.co.za
WENKE VIR DIE DIP VAN SKAPE
Alle skape op die plaas moet gedip word. Wanneer lammers na geboorte
afdroog, kan hulle deur luise geïnvesteer raak en moet dus ook gedip
word.
Dipvloeistof
• Maak seker dat die dipvloeistof geskik is vir die doel waarvoor dit
gebruik word, soos om ontslae te raak van brandsiekte, luise, of
albei.
• Lees die etiket voordat die dipvloeistof aangemaak word.
• Moenie iets by die dipvloeistof voeg nie, tensy dit op die etiket
aanbeveel word.
• Maak seker dat die diptenk skoon is voordat die dipvloeistof gemeng
word.
• Volg die instruksies vir die aanvulling en bewaring van die dipvloeistof
baie streng.
Moets
• Probeer om dip uit te stel tot ná die lamseisoen, of dip die skape
voor die aanvang van die lamseisoen.
• Luise kan slegs op skape oorleef. Maak seker dat ALLE skape gedip
word.
• Diere moet vir minstens 1 minuut in die dipvloeistof ondergedompel
word.
• Die kop moet minstens drie keer ondergedompel word.
Die Suid-Afrikaanse skaapbedryf
het sy eie stel voedingstofdigtheid
swaardes nagevors en produseer.
Die nuwe bevindinge van die
Universiteit van Pretoria het die
vetpersentasie van Suid-Afrikaanse
skaapvleis, wat tevore gereken
is op 25g/100g, op 10g/100g
geplaas. Dit het die beeld van SuidAfrikaanse skaapvleis ’n hupstoot
gegee. Besoek die “lamb&Muttton”
webtuiste vir meer inligting.
National Emergent Red Meat
Producers’ Organisation
(NERPO)
Tel: 012 361 9127 / 472 0005
www.nerpo.org.za
Red Meat Industry Forum
Tel: 012 667 1189
www.redmeatsa.co.za
Rooivleisprodusenteorganisasie
Tel: 012 348 1933
www.rpo.co.za
South African Meat Industry
Company (SAMIC)
Tel: 012 361 4545
www.samic.co.za
SA Skaaphondvereniging
Tel: 017 735 1844
www.sasda.za.net
SA Stamboek- en Diereverbeteringsvereniging
Tel: 051 410 0900
www.studbook.co.za
Kry besonderhede oor die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die “Skaap
- wol” hoofstuk.
Besoek die hoofstuk oor slagpale vir kontakbesonderhede van verenigings
soos die Association of Meat Importers and Exporters of SA (AMIE),
National Federation of Meat Traders (NFMT), Rooivleisabattoirvere
niging (RVAV), South African Federation of Livestock Agents (SAFLA),
South African Meat Processors Association (SAMPA) en South African
National Consumers Union.