584
Daar word dikwels met alpakkas op kleiner eiendomme geboer. Die
aanbevole voorsieningskoers is tien diere per hektaar op besproeide
weiding. Alpakkas is intelligent en word maklik afgerig. Dit maak van hulle
ideale plaastroeteldiere. Tog word hierdie kindervriendelike diere met
groot sukses as kuddebeskermers gebruik deur kommersiële skaapboere in
die Oos-Kaap. Hulle word veral tydens die lamseisoen gebruik teen jakkalse
en rooikatte.
Daar word steeds gereken dat die alpakka-bedryf in sy aantelingsfase is.
Dit is waar nuwe beleggers hul hoogste profyt sal maak. ’n Mini-spinnery,
wat toegewyd is om alpakka-vesel te prosesseer, is in KwaZulu-Natal
ontwikkel waar gehaltekwaliteitgare vir die kommersiële mark geproduseer
word . Verskeie telers het personeel leer spin, brei, vilt en weef, wat nou
eksklusiewe Suid-Afrikaanse alpakka-kledingstukke bemark. Alpakka-duvets
is die nuutste ontwikkeling in die bedryf. Die versterkte termiese kwaliteite
van hierdie unieke, natuurlike vesel maak hierdie produkte aanloklik én
hoogs bemarkbaar.
Alpakkas het in baie mense se harte ingekruip, wat hulle óf aanhou vanweë
hul aangename geaardheid en omdat hulle ’n plaasveedier is waarmee maklik
geboer kan word, óf diegene wat die potensiaal sien in die toekomstige
mark van ons groentjiebedryf.
4. Konyne
Vind die omvattende aantekeninge op www.angorarabbits.co.za.
Angorawol is een van die duurste en begeerlikste modevesels. Vanweë
die wol se termiese eienskappe word dit ook algemeen gebruik om
kledingstukke te vervaardig, wat vir die doeltreffende verligting van pyn
weens artritis en rumatiek gedra word. Angorawol is lig en uite '26r