Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 578

576 • Afsonderlike hokke moet minstens 50cm x 60cm x 30cm wees vir ’n konyn van 4kg. (Konyne hoef nie in skure of geboue aangehou te word nie.) • Konyne verkies koeler temperature en vind 16°C gerieflik. Hulle moet teen direkte sonlig, wind en reën beskut word. • Die hok moet ’n vloer van maasdraad hê met gate wat groot genoeg is vir die mis om deur te val maar nie so groot dat die konyne se pote daarin vassit nie. Die mis kan as misstof in groente- en blomtuine gebruik word. • Die hok moet nie ’n grondvloer hê nie omdat die konyne ’n tonnel na buite sal grawe. • As ’n houtraam gebruik word, moet die draadmaas aan die binnekant daarvan geplaas word om te keer dat die konyne daardeur knaag. Die moeder het egter ’n neskas nodig om haar kleintjies warm te hou. Die kas moet ongeveer 38cm x 25cm x 25cm groot wees. • Maak die hok gereeld skoon en hou dit droog om siektes te voorkom. • Beskerm die hok teen die son, wind en reën. Dit is nie nodig om die hokke in geboue soos skure te plaas om die konyne teen koue te beskerm nie, aangesien hulle koue beter as hitte kan verduur. • Konyne het baie vars lug nodig en daarom moet hulle hokke goed geventileer wees. • Die hokke moet op ’n stil plek buite bereik van honde, katte en rotte geplaas word. Voeding Moets: • Voer u konyne lusern, gras, groen mielies, blare, wortels, rape, blaarslaai, mieliemeel, pap, brood, stampmielies, onkruid en blare van vrugtebome (konyne sal byna alles vreet wat in die grond groei). • Die meeste konyntelers voer hulle konyne ook met kommersieel vervaardigde konynkorrels. Dit bevat die meeste van die voedingstowwe en vitamiene wat konyne nodig het om gesond te bly. Met korrels is daar ook minder vermorsing en dit veroorsaak nie soveel gemors as groenteblare nie. • Hooi van hoë gehalte word benewens korrels aanbeveel, en die konyne kan aanvullend met verskillende groente of vrugte getrakteer word. • Gee die konyne vroeg in die oggend en laat in die namiddag kos. Die grootste hoeveelheid kos moet verkieslik laat in die namiddag gegee word. • ’n Mens kan self groengoed vir konynkos kweek. Moenies: • Moet nooit u konyne aartappel-, tamatie- en rabarberblare voer nie. Dit is giftig vir hulle. • Moet nooit u konyne sonder water laat nie. Konyne moet altyd skoon water hê. • Moenie u konyne se dieet skielik verander nie. • Moenie u konyne groenvoer gee wat warm geword het, voedsel wat met gifstowwe gespuit is, voedsel wat bederf is of hooi wat gemuf het nie. Teling • Konynwyfies is gereed vir teling wanneer hulle vier tot ses maande oud is en mannetjies wanneer hulle vyf tot ses maande oud is. • Hou die mannetjieskonyn in ’n aparte hok aan. • Plaas die wyfie altyd in die mannetjie se hok. As die paring geslaag het, sal die mannetjie omrol. • As die wyfie nie gereed is vir paring nie, sal sy probeer weghardloop. • As die konyne nie paar nie, kan die wyfie vir die volgende vyf tot ses dae by die mannetjie geplaas word. • Die wyfie is meer vrugbaar gedurende die lente, somer en vroeë herfs. • Teling gedurende die wintermaande word nie aanbeveel nie aangesien dit te koud is. Die konyn is ongeveer ’n maand lank dragtig. Geboorte • Ongeveer 30 dae na paring sal die konyn kleintjies kry. • Ongeveer 25 tot 28 dae ná paring kan sagte, droë gras vir die wyfie in ’n skoon, droë neskas geplaas word. Die wyfie sal van haar eie pels by die gras voeg om die neskas haar eie te maak. • Bly van die hok af weg totdat die kleintjies gebore is. • Die kleintjies word gewoonlik vroeg in die oggend gebore. • Ondersoek die kleintjies versigtig om te bepaal of hulle lewe en gesond is. • Verwyder dooie kleintjies dadelik. • Die kleintjies moet teenaan mekaar in die neskas lê. • Sorg dat die kleintjies almal soog en goed gevoed is. • As die wyfie te veel kleintjies het, kan sy hulle moontlik nie almal voed nie. ’n Mens kan dan ’n paar van die kleintjies vir ’n ander wyfie gee wat net ’n paar kleintjies het, mits die kleintjies ewe oud is. Spening • Die klein konyntjies kan gespeen word as hulle 30 tot 35 dae oud is. • Op hierdie stadium kan hulle van hulle moeder af weggeneem word. Plaas die jong wyfies en mannetjies in aparte hokke. • Na gelang van die voedings- en bestuursvlak kan die wyfie tussen twee tot drie dae en een maand nadat sy geboorte geskenk het, weer paar. • Jong konyne is gewoonlik op drie tot vier maande groot genoeg om geëet of verkoop te word. As ’n mens hulle langer aanhou, eet hulle baie meer en begin die mannetjies baklei. 4. Belanghebbendes Coniglio Rabbit Meat Farm Tel: 021 801 3663/4/5 www.coniglio.co.za John F Marshall Tel: 011 842 7100 www.johnfmarshall.co.za Danie Janse van Rensburg Tel: 072 798 2802 Konynhokke en -toebehore ’n Voormalige konynboer Karoline Steenekamp Tel: 021 788 1111 / 082 867 9139 [email protected] Ferdi Eichstadt is tans betrokke by konynprojekte. Bel hom by 072 Skoubeoordelaar en konynkenner 198 9199 / 072 405 2180 Natal Rabbit Club Heather Heron Gatabi Rabbitry Tel: 031 464 3823 Gavin – 082 554 9412 Tamara – 083 444 4830 Schmidt Seeds & Feeds [email protected] Tel: 011 838 4774/5 www.ssfs.co.za Greener Pastures Tel: 082 454 6889 / 082 928 1882 Volledige reeks konynvoer www.rabbits.co.za Lewendige en potklaarkonyne, Sigrid Lemmer is ’n konynboer. konyntoerusting , opleiding om hoe Kontak hom by 082 735 3821. ’n konynbedryf te begin. 5. Publikasies en webtuistes • Kejefa Knowledge Works voorsien ’n 256-bladsypublikasie, volledig met foto’s, genaamd Raising Rabbits. Besoek www.kejafa.co.za of skakel 011 025 4388. • Die volgende inligtingspakke is onder die publikasiesopsie by www. daf