573
2. Rasse van inheemse en plaaslik verbeterde vee
lewende hawe
Inheemse rasse
1. Oorsig
Suid-Afrika het ’n verskeidenheid geneties uiteenlopende veerasse wat ’n
belangrike rol in die sosiale, kulturele en ekonomiese geskiedenis van die
land gespeel het. Hieronder tel bees-, skaap-, bok-, vark-, hoender- en
perdrasse wat oor die eeue heen by ’n verskeidenheid van natuurlike en
sosiokulturele omgewings aangepas het.
Bokke en skape is ongeveer 200 nC ingebring en onlangse bewyse dui
daarop dat die Sanga-beesrasse van Suidelike Afrika van die Bos primiginius
(die oeros), gedurende ’n natter periode in die gebied waar die Saharawoestyn nou is, afkomstig is. Verspreiding met meer nomadiese eienaars
het die beeste na die suidelike deel van die kontinent gebring, waar hulle
ongeveer 200 tot 700 jaar gelede op die noordelike grense van Suid-Afrika
aangekom het. Die oorsprong van hoender- en varkrasse is onduideliker.
Dit is moontlik dat hulle gedurende die 16de en 17de eeu deur Europese
koloniste (in plaas van vroeë nomades) ingevoer is.
As gevolg van kruisteelt en die vervanging met ingevoerde rasse wat deur
Europese koloniste na die land gebring is, is die getalle inheemse rasse in
Suidelike Afrika aan die afneem teen ’n onrusbarende tempo.
Die waarde van inheemse vee
Gedurende hul uitgerekte reis vanaf die noorde van die kontinent het die
vee by ’n verskeidenheid biome aangepas. Die meeste van die gebiede het
periodieke en seisoenale droogtes, voedingstekorte, en ’n verskeidenheid
parasiete en siektes gehad. Aanpassing by hierdie omstandighede het hierdie
diere taai gemaak en hulle het goed by die fel Suid-Afrikaanse omgewing
aangepas, waar hulle sonder addisionele voer of medikasie kan oorleef. Dit
maak hulle ’n lewensvatbare alternatief vir die ingevoerde rasse wat nie
hierdie aanpassingseienskappe het nie. Daarbenewens toon parasiete en
siektes toenemend weerstand teen medisyne, wat die natuurlike weerstand
van inheemse rasse nog waardevoller maak.
Die persepsieprobleem
Die kleiner liggaamsbou en afwesigheid van eenvormige kleur in inheemse
rasse het die koloniale setlaars in Suid-Afrika laat glo dat inheemse rasse
minderwaardig aan Europese rasse is. Onlangse wetenskaplike evaluasies van
inheemse vee het getoon dat, in plaas daarvan dat hulle minderwaardig is, die
diere meer as die eksotiese rasse produseer in die lae onderhoudstoestande
wat tipies in die randgebiede van die land voorkom.
Bewaring deur benutting
Bewaring was nog nooit effektief waar inwoners honger ly nie. In Afrika
het dit geblyk dat dit moeilik is om die tradisionele praktyk te gebruik om
klein kernkuddes en -troppe te beskerm ten einde volbloed inheemse
veerasse in stand te hou. Onlangs is hierdie benadering vervang deur die
kommersialisering van inheemse rasse en die bemarking van hul produkte
(soos velle en vleis) in nismarkte. In Suid-Afrika blyk dit dat hierdie strategie
suksesvol is met rasse soos Nguni-, Afrikaner- en Drakensbergerbeeste;
die Dorperskaap en die Boerbok. Die skep van markte en die ontwikkeling
van produkte vir inheemse vee het die potensiaal om in die toekoms vinnig
uit te brei.
Inheemse rasse het hul aanpassingseienskappe behou en in hul natuurlike
omgewing kan hulle hitte, droogte, en ’n verskeidenheid parasiete en
siektes wat deur bosluise oorgedra word, weerstaan. In tradisionele,
ekstensiewe stelsels word beeste gebruik vir vleis, melk, die produksie van
beesvelle, as ’n vorm van sekuriteit, vir godsdienstige seremonies, en as
brandstof en vloerbedekking. Skape en bokke word hoofsaaklik vir vleis
gebruik. Anders as Europese rasse, word inheemse rasse nie hoofsaaklik vir
wolproduksie gebruik nie, omdat hulle pels in plaas van wol het. Skape en
bokke word as ’n vorm van sekuriteit gebruik. Volbloed inheemse varkrasse
word toenemend skaars as gevolg van kruisteelt met gekommersialiseerde
bloedlyne; dieselfde geld vir hoenderrasse. Albei spesies het die potensiaal
om vir kommersiële produksie benut te word, maar slegs baie beperkte
navorsing is al hieroor gedoen en die moontlikhede moet nog verken
word.
Die volgende is inheemse en plaaslik ontwikkelde rasse:
Beeste
Afrikaner, Bonsmara, Drakensberger, Hugenoot, Nguni
(Venda-, Pedi-, Royla- Nguni-, Tswana- en Shangaanekotipes), Sanganer en Tuli
Varke
Kolbroek, Windsnyer
Skape
Afrino, Damara, Dohne Merino, Dormer, Dorper, Izimvu
(Zulu), Namakwa Afrikaner, Pedi, Persiese (Swartkop of
Rooikop), Ronderrib Afrikaner (Gladde- of Blinkhaar),
Ronderrib
Afrikaner
(Steekhaar),
Suid-Afrikaanse
Vleismerino, Gevlekte Persiese (Swart of Rooi), Vandor,
Van Rooy en Zulu
Bokke
Veredelde Boerbok, Kalahari Rooi, Savanna Bok,
Onverdeelde veldbok
Pluimvee
Boschvelder, Naked Neck, Ovambo, Potchefstroom
Koekoeks, Venda
Perde
Basotho-ponie,
Kaapse
Boerperd,
Nooitgedachter, Suid-Afrikaanse Boerperd
Namib-perd,
Nog ’n plaaslik ontwikkelde ras is die Suid-Afrikaanse Swart Volstruis.
3. Plaaslike sakeomgewing
Wêreldwye kommer oor die verlies aan diversiteit in genetiese hulpbronne
vir plaasdiere, tesame met die toenemende bewustheid van die ware waarde
van aangepaste rasse wat minimum sorg vereis vir volhoubare dierelandbou
en wat van natuurlike plantegroei leef, het gelei tot die ontstaan van ’n
wêreldmark vir hierdie rasse. Die internasionale gewildheid van die SuidAfrikaanse Boerbok, Dorperskaap en Bonsmarabeeste is tipiese voorbeelde
van hierdie neiging. Nog ’n opmerklike voorbeeld van ’n inheemse ras wat
misgekyk is, en wat getoon het dat dit onder moderne produksiemetodes
gelyk is aan die beste, is die Nguni-ras in Suid-Afrika.
Daar lê enorme potensiaal in die ontwikkeling van veeprodukte.
Voorbeelde hiervan is die aantreklike patroonvel van Ngunibeeste, die
fyn handskoenleer van die inheemse skaap- en bokrasse, en die organiese
vleisprodukte wat onder verskillende handelsname bemark word. Selfs die
nederige Kolbroekvark wat in landelike gebiede voorkom, het potensiaal
vir die produksie van varkvet en –vleis in ’n land wat ’n netto-invoerder van
varkvet is.
Innoverende bemarking en die ondersoek van nismarkte ontwikkel hierdie
potensiaal. Hierdie hulp word vanaf die regering en/of bedryf benodig.
Produkte van inheemse rasse sal ook arm gemeenskappe in staat stel om ’n
gaping in die mark te ontgin.