Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 572

570 volhoubare trekvermoë wat gelykstaande is met 17% van hierdie lewende massa, of 240-280 N trekkrag (afhangende van die spesifieke taak wat verrig word). Hy loop teen ongeveer 0,7 meter per sekonde terwyl hy werk, en kan hierdie lewering vir 3-4 uur per dag volhou. So ’n “tipiese” donkie in Afrika suid van die Sahara kan dus 170-200W volhoubare krag ontwikkel en 1,8-2,8MJ werk per dag verrig. Indien werktuie of karre meer energie-inset as dit vereis, sal dit nie geskik wees vir een donkie op ’n slag nie. • In Suider-Afrika weeg donkiekarre oor die algemeen ongeveer 250kg. Met ’n klein loonvrag van 100kg sal een donkie die kar dus slegs kan trek as die pad gelyk is. • Wat vermy moet word, is die stelsel wat algemeen gebruik word en uit perdetegnologie aangepas is, waarvolgens die voorpunt van die disselboom van die diere se nekke af hang aan rieme wat aan ’n horisontale dwarshout vasgemaak is wat die twee diere deel. Veral in die geval van tweewielkarre (eerder as vierwielwaens) beteken ongebalanseerde vrag gewoonlik dat heelwat van die kar se vrag deur die disselboom op die trekdiere oorgedra word. As die stringe te kort is, rus hierdie las regstreeks op die donkies se nekke eerder as hulle skowwe, en donkies se nekke is nie so sterk as dié van perde nie en kan beseer word. As die stringe te lank is, kan die las wel op die skowwe rus, maar die diere oefen op die ou end dan nie trekkrag deur die tuig uit nie, maar op die dwarshout, wat – afhangende van die lengte van die rieme – teen die donkies se nekke of bobene kan kap en so beserings kan veroorsaak omdat die dwarshout nie ontwerp is om teen te druk om die horisontale gewig van die kar te verskuif nie. Weesvullens As ’n vul se moer doodgaan en geen ander moer beskikbaar is of een nie oorreed kan word om die vul aan te neem nie (deur die vul met sout te bedek om moederlek aan te moedig), is dit van die opperste belang om ’n geskikte ander dier (nie noodwendig ’n donkie nie) te kry wat 24 uur per dag by die vul kan bly. Die vulletjie moet natuurlik warm en droog gehou word en moet genoeg sagte plekke hê waar hy kan lê en slaap. Vullens het tande en sal begin om plante te proe en sal, vandat hulle net ’n paar dae oud is, gaandeweg begin om dit te eet. Hulle sal egter nie kan oorleef sonder baie melk nie, wat hulle vir minstens ses maande moet kry. Die aanbevole mengsel vir donkies is baie naby aan dié vir mense: 375ml koeimelk + 125ml water + 1 eetlepel bruinsuiker. ’n Jong donkie moet hierdie mengsel, verhit tot bloedtemperatuur, elke drie uur uit ’n speenbottel kry. Hoefwandsiekte en ander oorsake van mankheid 5. Noodhulp vir donkies Wanneer ’n donkie mank is en die probleem klaarblyklik die hoef is, is dit soms baie moeilik om te weet presies wat fout is. Swaminfeksies in die hoefwand kan voorkom, wat baie pynlik is vir die dier en ook na ander oorgedra kan word. Daar is behandelings wat ’n mens kan probeer, want dit is dikwels heel doeltreffend. Die volgende word as beproefde rate beskou: ’n Paar noodhulpmiddels: Kopersulfaatbad (“blouvitrioelbad”): Item Brandspiritus Doel Aanvanklike skoonmaak van wonde of inspuitplek; skoonmaak van aanwendingsplankie Watte (in skyfies of Aanvanklike skoonmaak bolletjies) inspuitplekke, ens. Soutoplossing sproeibottel van wonde of in Aanvanklike skoonmaak van wonde; selfs behandeling van wonde of uitwas van oë Koeksoda-oplossing in Uitwas van oë ná ’n kobra-aanval sproeibottel Pers wondsproeimiddel Behandeling van wonde wat septies lyk, nadat dit skoongemaak is Vaseline Vir velkwale, insluitende bosluise en wonde wat aan die genees is Stockholmteer Om skoongemaakte wonde te bedek Aanwendingsplankie Om seerplekke met stockholmteer te bedek Groot spyker Om hoewe mee uit te krap (skoon te maak) en voorwerpe wat vassit, mee uit te haal Klein ystersaag Om hoewe mee reg te sny ’n Voordeel van donkies is dat hulle min siektes en plae kry. Ingewandshelminte en bosluise kan egter hulle werk beïnvloed en hulle lewens verkort; gereelde behandeling of bestryding in die omgewing moet dus deel van goeie boerderypraktyk uitmaak. Ander probleme waarna opgelet moet word: • hoef- en beenprobleme as gevolg van agtelosige gebruik • tuigwonde • aanvalle deur slange en roofdiere • asemhalingsiektes as gevolg van koue en nat huisvesting • oogirritasies, wat tot blindheid kan lei indien dit on behandeld gelaat word Hierdie metode is steeds een van die doeltreffendste bestrydingsmetodes. Voeg by 2 liter water 225ml (11 eetlepels of 45 teelepels) kopersulfaat en 27 ml (5-6 teelepels) asyn en/of sitroensuur. Elke aangetaste voet moet al om die ander dag vir omtrent vyf minute in die oplossing gebaai word. As niks anders werk nie, behoort hierdie raat te werk. ’n Goeie tegniek is om stuk binneband te gebruik om die oplossing in kontak met die voet te hou. Skuif omtrent die helfte van die binneband oor die poot en been en gooi dan omtrent ’n koppie van die oplossing daarin. Die oorblywende stuk binneband word dan om die koot teruggevou en met sagte tou of ’n stuk rubberrek vasgebind. Die dier word dan vir ’n rukkie rondgelei, want die loopaksie forseer die oplossing in die geaffekteerde area in. Maak seker dat die pH van die oplossing ongeveer 4 of effens hoër is, aangesien dit in voortdurend bewegende kontak met die vel kom. ’n Mens kan die pH opwaarts aanpas met koeksoda (natriumbikarbonaat). Die voordeel hiervan is dat dit gemeng en dan onbepaald gebêre kan word. Selfs as dit verdamp, kan dit met water gerekonstitueer word; dit is egter beter om te sorg dat dit nie verdamp nie. 6. Internasionale sakeomgewing Animal Traction Network for Eastern and Southern Africa (ATNESA) – www.atnesa.org. Verskeie publikasies en organisasies oor die wêreld heen wat met donkies te doen het, word genoem. Die kieslysopsie “ATNESA contacts” sluit besonderhede in van kontakte in Zimbabwe, Kenia, Malawi, Namibië, Tanzanië, Ethiopië, Zambië en die VK. Drie van dié kontakte word hieronder gegee: • www.kendat.org – Kenya Network for the Dissemination of Agricultural Technologies • www.thedonkeysanctuary.org.uk – UK Donkey Sanctuary werk wêreldwyd • www.spana.org – Society for the Protection of Animals Abroad (SPANA) • www.ifrtd.org – The International Forum for Rural Transport and Development • www.thebrooke.org – ’n oorsese perdeliefdadigheidsorganisasie wat in die VK gebaseer is.