Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 570

568 Maniere om ’n donkie se temperament te bepaal lewende hawe Donkies 1. Oorsig Donkies kan ’n kardinale rol in die ekonomie speel. As gevolg van droogtes het die aantal donkies wat vir grondbewerking en vervoer gebruik word, dramaties toegeneem. In die suidelike deel van Afrika neem die gebruik van donkies toe en sal dit waarskynlik vir die afsienbare toekoms nog op hoë vlakke bly. Donkies word deur die hele land vir verskillende doeleindes gebruik, byvoorbeeld vir vervoer op plase en in landelike dorpies, vir die daaglikse vervoer van water en voorrade, en vir ploegwerk. In die jongste tyd het hul waarde as “skaap- en bokwagters” die behoefte aan ander vorme van roofdierbestryding verminder 1. Donkies is om die volgende redes optimale werkdiere: • Hulle is goedkoop om aan te skaf en leef lank (~50 jaar). • Kilogram vir kilogram verrig hulle meer arbeid as osse. • Kilogram vir kilogram eet en drink hulle baie minder as osse, en hulle eet plantegroei van besonder lae gehalte. • Hulle is besonder maklik om te leer en te hanteer. • Hulle het ’n redelik lae swaartepunt en trek van ’n punt wat nie te hoog bo die grond is nie. • Omdat hulle hoewe nie gepunt is nie, rig hulle minimale skade aan grond aan. Voordele Nadele • vriendelik teenoor mense • gewillig om te werk • kan in ’n klein ruimte omdraai • maklik om af te rig • het min aandag tydens werk nodig • kan swakgehaltevoer goed benut • het min water nodig • word nie veel deur uitwendige parasiete geaffekteer nie • het minder uitwerking op die grond as beeste of masjinerie • oorleef goed in tsetsegebiede • kan droogtes beter deurstaan as beeste • betreklik goedkoop om aan te koop • sterk vir hulle grootte • kan met goeie versorging lank leef en werk • melk goed vir mense, veral babas • kan gebruik word om ander soorte diere te kalmeer, af te rig en op te pas • werk beter in pare saam met ’n maat • kry swaar as hulle eensaam is • raserig wanneer gefrustreerd of eensaam • maats word nie maklik geskei nie • ongekastreerde hingste aggressief teenoor ander donkies • vel kry maklik seer • geneig om ver rond te dwaal as hulle sonder toesig is • geneig om nie uit die pad van verkeer te beweeg nie • het beskutting teen nattigheid en koue nodig • produseer net genoeg melk vir hul eie vullens – niks ekstra nie • betreklik klein • word stadig volwasse • teel stadig aan • mis is ryker aan vesel as aan voedingstowwe Bron: dr. P Jones . 1. Nie alle donkies is goeie oppassers van lewende hawe nie, want daar is beduidende gedragsverskille tussen individue. ’n Donkie se gedrag kan voorts tydens estrus onvoorspelbaar wees, of wanneer ooie lam of ramme dek, want donkies kan die gedragsveranderinge by sulke diere gewaarword. • ’n Donkie wat sy ore vorentoe draai, stel belang en is gewillig om deel te neem. • ’n Donkie wat sy ore agtertoe trek, is bang, kwaad of te opgewonde en kan maklik swak gedrag openbaar. • ’n Donkie met ’n kalm temperament sal in ’n oop veld ’n vreemde mens (of donkie) toelaat om tot naby hom te kom voordat hy wegbeweeg, en wanneer hy beweeg, sal hy stadig beweeg. • ’n Responsiewe donkie sal baie waaksaam wees, en hoewel hy ’n vreemdeling sal toelaat om in ’n oop veld heel naby aan hom te kom, sal hy flink wegbeweeg van enige vreemde beweging. • ’n Prikkelbare donkie sal, wanneer hy ’n vreemdeling in ’n oop veld sien, weghardloop en waarskynlik agteropskop. • ’n Donkie is gehoorsaam as hy die bevele ken, as hy vinnig daarop reageer en as dit nie nodig is om die bevele te herhaal nie. • Om 1 km in minder as 5 minute te beweeg, is VINNIG vir ’n donkie, en teen so ’n spoed kan daar nie van hom verwag word om veel verder as 1 km te hardloop nie. • ’n Donkie wat stadiger as ’n mens loop, is TE STADIG. • ’n Donkie is RATS as hy kan omdraai in ’n ruimte wat net ’n bietjie breër as hyself is en by trappe van minstens 50cm hoog kan op- en afklim; as hy dit nie kan doen nie, is hy LOMP . Enkele belangrike oorwegings • In ag genome dat donkies wat van hulle maats geskei word, waarskynlik sal swaarkry en, op sy minste, probleme sal gee, is dit wys om donkies in pare te kies, d.w.s. pare van maats. • ’n Merrie moet nie van haar vul geskei word voordat dié ongeveer ’n jaar oud is nie, en beslis nie voordat sy self die vul gespeen het nie, anders kan dit gedragsprobleme by sowel die moer as die vul veroorsaak. • Wat ’n mens nie moet vergeet wanneer jy ’n donkie koop nie, is sy naam. Indien die vorige eienaar ’n naam vir die donkie het, dui dit daarop dat die donkie waarskynlik goeie behandeling gekry het en heel waarskynlik ook goeie afrigting. As ’n koper sal ’n mens die donkie se oorspronklike naam moet gebruik om ’n goeie verhouding met hom op te bou. Wat is die verskil tussen ’n donkie en ’n muil? ’n Muil is ’n kruising tussen ’n donkie en ’n perd: die moer ’n perd en die vaar ’n donkie. Die groottenadeel van ’n donkie kan oorkom word as muile geteel word. Muile is net so sterk soos perde, maar het donkies se siektebestandheid en gewilligheid om te werk. Die belangrikste nadeel van muile is dat hulle onvrugbaar is, en dit sal slegs in uiters seldsame gevalle gebeur dat ’n muil kan teel. Hoewel donkievervoer reeds meer as 400 jaar in Suid-Afrika gebruik word, is die dier wat vir die sukses en volhoubaarheid van dié vervoerwyse verantwoordelik is, grotendeels geïgnoreer – en erger. Op grond van gesonde ekonomie-gebaseerde navorsing kan aangetoon word dat een donkie tans ’n wins van meer as R3 000 per maand, bereken teen huidige inkomste- en kostefaktore, kan inbring as dit vir minder as 10 dae in die maand gebruik word. Dr. Peta Jones wys onder opskrif 6 daarop dat die heel slegste soort donkiekar die algemeenste in Suid-Afrika is: twee wiele, wat balansprobleme veroorsaak, en een disselboom, wat inspanprobleme veroorsaak (inspan is die manier waarop die trekdier verbind word aan wat hy moet beweeg). Dit is belangrik vir die gesondheid en doeltreffendheid van die donkies dat hierdie probleme oorkom word. Donkiekarre is ontwerp wat vir passasiers veilig, maar ook ergonomies doeltreffend is. So byvoorbeeld kan een student (mens) wat omtrent die helfte weeg van die 150 kg wat ’n donkie gemiddeld weeg, die eendonkiekar met twee studente daarop met gemak trek! Twee studente kan die vierwielkar met ses studente daarop sonder veel inspanning trek. Kontak prof. C. McCrindle vir meer inligting. Skryf aan haar by cheryl. [email protected]