Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 569

567 • Volbloedtelersgenootskap van SA Tel: 011 323 5700 www.tba. co.za • Trotteurs Francais-telersgenootskap van SA Tel: 031 314 1680 • Walliese Poniegenootskap van SA Tel: 083 788 2503 www.wpcs. co.za 10. Bokke • Angora-bokke Tel: 049 836 0140 • Kalahari Red Club Tel: 051 553 0895 www.kalaharired.net • Boerboktelersgenootskap Tel: 051 553 0895 www.boerboksa. co.za • SA Melkboktelersgenootskap Tel: 051 410 0954 www.milkgoats. co.za • Savannaboktelersgenootskap van Suid-Afrika Tel: 051 553 0895 11. Varke Rasse sluit in Chester Wit, Duroc, Groot Swart, Groot Wit, Hampshire, QM Hamline, Pietran, Robuster, SA Landras en Welsh. Skakel die Varktelersgenootskap van Suid-Afrika by 051 410 0958. ’n Lys van hul lede en ander inligting verskyn op hul webblad by www.studbook.co.za. navorsing om beter en doeltreffender beeste te produseer. Besoek www. stockmanschool.co.za. 14. Publikasies en webtuistes • Baie telersgenootskappe in Suid-Afrika publiseer ’n jaarblad. Kontak die betrokke genootskappe of verenigings vir meer inligting. • Besoek die webwerwe wat vroeër in hierdie hoofstuk genoem is, bv. www.studbook.co.za en www.breedplan.co.za. Kry ’n omvattende lys van diererasse by www.sasas.co.za/about-animal-science. • Die Varktelersgenootskap het in 2011 ’n CD uitgereik oor die varkrasse van Suid-Afrika. Die CD bevat relevante en bygewerkte inligting oor die oorsprong van die varkrasse, hulle geskiedenis in Suid-Afrika en hulle rasstandaarde. Moderne en klassieke foto’s/kunswerke beeld elke ras uit, terwyl funksionele doeltreffendheid ook bespreek word. Die CD kan by die Varktelersgenootskap in Bloemfontein bestel word. Skakel 051 410 0900 of skryf aan [email protected]. • www.agriwiki.co.za bevat inligting oor die verskillende diererasse. • Die webadres van die Internasionale Komitee vir die Registrasie van Diere (International Committee for Animal Recording, ICAR) is www.icar. org. • Vind “The A-Z of recognised cattle breeds” by www.squidoo.com/ cattlebreeds. Promosieartikel: Bonsmara, die maatstaf ras! 12. Ander rasse • Raadpleeg die hoofstukke wat handel oor gespesialiseerde veselproduksie (alpakkas) en volstruise. • Die Africanis-vereniging van Suider-Afrika Tel: 033 343 2699 [email protected] (Raadpleeg die hoofstuk wat oor inheemse rasse handel). • Federation of Boxer Cl ubs Tel: 012 664 2156 www.fbcsa.net • South African Sheep Dog Association (SASDA) www.sasda. za.net • United Greyhound Society of SA Tel: 057 899 2464 • Inligting oor ander hond- en katrasse kan op www.sa-breeders.co.za gevind word. Die Bonsmara is die enigste ras ter wêreld wat deur ’n goed gedokumenteerde kruisteelprogram ontwikkel is, met behulp van objektiewe aantekening van prestasie-data. Visuele evaluasie volgens die norme vir funksionele doeltreffendheid word steeds streng toegepas. Daar is ook steeds streng seleksie vir ekonomiese eienskappe soos vrugbaarheid, melkproduksie, groeivermoë en aanpasbaarheid. Dit het grotendeels bygedra tot die feit dat Bonsmara trots daarin kon slaag om die sterkste en mees professioneel geadministreerde beesras in SuidAfrika te word. Bonsmara, die mees prominente beesras in Suid-Afrika, het tans meer as ’n 120 000 geregistreerde beeste. Die rol van die Bonsmara 13. Opleiding en navorsing Kl kursusse word aangebied deur die LNR-Instituut vir Diereproduksie. Besoek www.arc.agric.za of skakel 012 672 9111. Daar is besonderhede van die universiteite, die universiteite van tegnologie en die landboukolleges in die hoofstuk oor landbou-onderwys en -opleiding. Veeteelt word gedek in grade en diplomas. Sommige kortkursusse word ook aangebied. Die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein bied byvoorbeeld die volgende kortkursusse aan: • Kunsmatige inseminasie (beeste) • Santa Gertrudisbeoordelingskursus • Dorper-beoordelingskursus • Simbra-beoordelings-kursus • Dohne Merino-kursus Die Universiteit van die Vrystaat bedryf die nagraadse skool vir veeteelt. Dit is ’n liggaam wat die onderrig van nagraadse studies in Veeteelt in SuidAfrika verteenwoordig. Besoek www.ufs.ac.za/animal – die webwerf van die universiteit se Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde. Die SA Stamboek werk nouliks saam met die Universiteit van Pretoria. Die meeste universiteite wat landbougrade aanbied, doen ook navorsing op die gebied van veeteelt. Nasionale en provinsiale departemente van landbou is ook betrokke by navorsing in hierdie verband. Sommige van die maatskappye wat betrokke is, bied opleiding aan as deel van hul pakkette, byvoorbeeld kursusse in kuddebestuur en prestasieaantekening deur BREEDPLAN en KI-kursusse deur Kanhym en Taurus. Kursusse wat deur die Rothman Livestock Training Services aangebied word sluit in KI (beeste en skape), dragtigheidsbewustheid, en embrio-oordrag. Besoek www.rltsafrica.com of skakel 082 770 0480 of 082 772 1208. Die LRF-BREEDPLAN Stockman’s School word jaarliks in Oktober by die Aldam-oord gehou. Vooraanstaande nasionale en internasionale sprekers bespreek die nuutste produksietegnieke, markneigings, bestuurstelsels en Die ontwikkeling en toepassing van die Bonsmara-stelsel oor die jare heen het die ras wetenskaplik gevorm en voorberei vir die sleutelrol om te voorsien aan die behoeftes van die vleisbeesbedryf. Bonsmara speel vandag ’n baie belangrike rol in: • Stoetteling. Bonsmara is ideaal aangepas by Suid-Afrikaanse omstandighede. Die doel van stoetteling, soos deur Bonsmara SA gesien, is om aan die behoeftes van die kommersiële mark te voorsien. Bonsmara voer ook die botoon deur beeste te teel wat in enige omgewing floreer deur van wetenskaplik gerigte seleksieprosedures gebruik te maak. • Kruisteling. Bonsmara-bulle kruis uitstekend met ’n groot verskeidenheid rasse en tipes. Kommersiële telers wat Bonsmarabulle voortdurend gebruik, sal nie ná die eerste kruising produktiwiteit prysgee nie. Om die waarheid te sê, Bonsmara is ’n sintetiese ras wat uitstekend presteer in enige kruisteelprogram. • Voerkraalprestasie. Die Bonsmara het sy bekwaamheid en gesogtheid as voerkraalbees bewys. Bonsmaras se voerkraalprestasies is uitstekend, hulle temperament is ideaal en hoë kwaliteit vleis word geproduseer. Aangesien Bonsmara ’n uitstekende spier-totbeen verhouding het, vaar karkasse ewe goed op die veld en in die voerkraal. Die Bonsmara-stelsel Die Bonsmara-stelsel is uniek en die streng toepassing daarvan tesame met effektiewe administrasie is grotendeels die rede waarom die ras vandag so stewig in die vleisbeesbedryf gevestig is. Die stelsel is op die volgende vier faktore gebaseer: • genetiese materiaal – ’n wye genepoel • doeltreffende masjinerie – die beste genetiese materiaal word geïdentifiseer en geselekteer • bekwame bemarking – om die ras doeltreffend te bemark en bevorder • toegewyde mannekrag – om alle aspekte van teling te koördineer Bron: Bonsmara