562
’n Lys van geregistreerde telersgenootskappe met hul kontakbesonderhede
word later in hierdie hoofstuk onder die relevante opskrifte gegee. Lyste is
ook op die volgende webtuistes beskikbaar: www.studbook.co.za, www.
agribsa.co.za, www.taurus.co.za.
Prestasie-aantekening behels die meting van eienskappe wat die
winsgewendheid van die dier en uiteindelik die ras beïnvloed. Verskillende
rasse lewer verskillende metings ten opsigte van verskillende eienskappe
op grond van aspekte wat as belangrik vir die betrokke ras beskou word.
Lede van beestelersgenootskappe meet gewoonlik eienskappe soos
reproduksie, groei, karkas en funksionele doeltreffendheid. Merinotelers
meet byvoorbeeld ook bykomende eienskappe soos veseldeursnee en
vaggewig.
Prestasie-aantekening geskied op verskillende vlakke. Daar is ’n aantal
skemas wat privaat bedryf word en wat behels dat produsente groepe
vorm om die belange van die groep te bevorder en bepaalde eienskappe
wat vir die groep van belang is, te meet. Gewoonlik vorm die telers in ’n
bepaalde distrik so ’n klub. Superieure diere word dan geselekteer vanuit ’n
groepering diere – gewoonlik diere van dieselfde omgewingstoestande.
3. Vir die nuwe toetreder
Wanneer daar oor ’n ras besluit word, is die volgende punte belangrik:
• Voorkeur en liefde vir die ras is noodsaaklik.
• Die plaas moet geskik wees vir stoetteling ten opsigte van die
- ligging van die grond;
- gehalte van die weiding;
- potensiaal vir aanvullende voerproduksie en/of beskikbaarheid van ’n
bron;
- genoeg kampe met voldoende water; en
- goeie hanterings-, kraal- en, indien nodig, stalfasiliteite.
• Voorsiening moet gemaak word vir redelik groot finansiële insette,
veral aan die begin, ten einde die aankope van goeie teelmateriaal te
finansier.
• Stoetteling is ’n langtermyn-belegging sonder enige kitsresep vir vinnige
resultate.
• ’n Stoetteler moet bereid wees om sy kennis voortdurend te verbreed
en op die hoogte te bly van moderne ontwikkelinge en tendense.
• Die teler moet streef na ’n teelprogram wat aan die mees ekonomiese
kenmerke van die ras erkenning verleen – vermy ’n lukraak
teelbeleid.
• Gebruik al die moderne seleksiehulpmiddels om ’n stoetteelonderneming
te fasiliteer. Dit sluit onder meer in dat rekords gehou word by een van
die registrasie-owerhede, ook van prestasietoetsing.
• Voornemende stoettelers moet oor sekere bestuurshoedanighede
beskik, aangesien stoetteling gesonde besluitneming, beplanning en
versorging van die diere verg.
• Goeie openbare betrekkinge is noodsaaklik. Maklike kommunikasie
met mense en eerlikheid met uself en met ander speel ’n belangrike
rol.
• Die gekose ras moet by u produksiestelsel pas.
Registrasie-owerhede:
Kennis van die verwantskap tussen individuele diere (dit wil sê wie die vader
is/was) en prestasiemetings is noodsaaklik vir die genetiese verbetering van
plaasdiere. Klassieke stambome (wat slegs die naam/nommer van ’n dier en
sy voorouer gee) het beperkte waarde wanneer dit kom by veeverbetering.
Moderne stambome is:
• gebaseer op wetenskaplike metodes en stelsels van aantekening; en
• aan prestasie gekoppel.
Dit is onontbeerlik vir optimale genetiese vooruitgang. ’n Rekord word
gehou van hierdie resultate.
4. Nasionale strategie en regeringskontakte
• Direktoraat Diereproduksie Tel: 012 319 7493
• Die Registrateur Tel: 012 319 7424 / 33
Die Direktoraat Diereproduksie by die Departement van Landbou, Bosbou
en Visserye (DLBV) is verantwoordelik vir die evaluasie van nuwe rasse en
die regulering van die aktiwiteite van telersgenootskappe en registrasie-