Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 563

561 Beekeeping – a practical guide for Southern Africa deur D. Marchand & J. Marchand-Mayne. lewende hawe Allsopp, M.H. 2005 Commercial pollination of deciduous fruit – ’n pamflet wat beskikbaar is van Fruitgro Science. Tel: 021 882 8470, e-pos: [email protected]. Die Suid-Afrikaanse Bye Tydskrif (SABJ). Skakel SABIO vir besonderhede. Bee Ware stel ’n DVD genaamd Practical Beginner Beekeeping Training beskikbaar. Besoek www.beeware.co.za vir besonderhede. Vind die twee InfoPaks oor bye op www.daff.gov.za – neem die “Publications”kieslysopsie. Die eerste is “Basic beekeeping”. Die tweede is “Bee: Capensis bee problem”. Vind die “Where to buy beekeeping books”-opsie by www.satweb.co.za/ bees. Kejafa Knowledge Works het publikasies oor byeboerdery beskikbaar. Besoek www.kejafa.co.za of skakel 011 025 4388 vir die volgende: • Byeboerdery in Suid Afrika Anderson, Buys, Johannsmeier ISBN: 978-06204447-7 • Storey’s Guide to Keeping Honey Bees Sanford, Bonney ISBN: 978-160342-550-6 Verskeie publikasies, waarvan sommige gratis afgelaai kan word, is beskikbaar by www.biobees.com. The Barefoot Beekeeper, How to Build a Top Bar Hive en ander titels is beskikbaar. Honey deur D. Botha. ISSN: 0014-8482. Handel oor byeboerdery in SuidAfrika en die teling van heuningbykolonies vir die produksie van heuning en byewas. The Hive Bee Wilson John Murray IBSN 0 7195 65987 Vind die literatuur oor bye by http://bees.library.cornell.edu. Vind Value-added products from beekeeping op die webtuiste van die Food and Agriculture Organisation (FAO) van die Verenigde Nasies (www.fao. org). Die doel van volume deel is om die moontlikhede vir diversifikasie in boerdery-aktiwiteite te verbeter. Pollinators and Pollination: A resource book for policy and practice. Medewerkers: Connal Eardley, Dana Roth, Julie Clarke, Stephen Buchmann en Barbara Gemmill (2006). Voersone-oorlegsel vir Google Maps • www.apiculture.co.za/map/map.html • www.apiculture.co.za/cgi-bin/map.pl Gebruik hierdie hulpmiddel om die ligging van jou byehokke uit te stip en jou heuningbye se moontlike voersones te ontdek. Verwydering van heuningbye • www.apiculture.co.za/honeybee-rescue.html Hierdie bronadres word in ’n aantal tydskrifte geadverteer en maak dit vir eindgebruikers moontlik om heuningby-verwyderingsdienste te versoek. Die verwydering word outomaties ingesleutel op die Apiculture SA-heuningby-verwyderingsinsident-stelsel, wat deur byeboere in SuidAfrika in stand gehou word. Ons dank aan Mike Allsopp vir waardevolle terugvoer oor die konsephoofstuk. Diereverbetering en telers 1. Oorsig • Die registrasie van diere handhaaf die belangstelling in spesifieke rasse en lei ook tot die nastreef van uitmuntendheid, naamlik om die dier ten beste te laat presteer. Daar is ’n groot verskil tussen die prestasie van die twee groepe in die meeste rasse waar geregistreerde diere beter presteer as ongeregistreerde diere. Daar is ook ’n reuse prysverskil tussen hulle. Die ras word dus bevorder, en die teler bekom maksimum opbrengs op sy belegging. • Die eerste doelwit met die registrasie van diere is ’n waarborg vir die koper dat die spesifieke dier opreg is ten opsigte van ras, kruising, teler, prestasie, teelwaardes, ensovoorts. Ander doelwitte sluit in die verbetering van die ras en die beperking van inteling. Die boer wat met ongeregistreerde diere van ’n bepaalde ras teel, word nie beskou as ’n bona fide-teler nie, maar eerder as ’n kommersiële teler. • Die telersverenigings en -genootskappe maak ’n wesenlike deel uit van georganiseerde landbou. • Geregistreerde diere regoor die wêreld staan ook bekend as saadvoorraad-, stamboom-, rasegte en opreggeteelde diere. Met die infrastruktuur wat telersverenigings het, is dit maklik en moeiteloos om diere te registreer. ’n PAAR BEGRIPPE: Kunsmatige inseminasie (KI) is die plasing van sperma in die vroulike dier se voortplantingskanaal op ander wyses as die natuurlike manier. Die gebruik van KI is ’n baie koste-effektiewe manier om genetiese verbetering te versnel omdat dit die gene van superieure manlike diere baie maklik en vinnig laat versprei. Embrio-oorplasing is die proses om embrio’s uit ’n superieure koei te verwyder en dit in ’n surrogaatkoei oor te plaas, waar dit in ’n kalf ontwikkel. Soos KI, is embrio-oorplasing ’n baie koste-effektiewe manier om genetiese verbetering te versnel. Op hierdie wyse kan die gene van ’n superieure vroulike dier versprei word. Kloning gebruik gespesialiseerde DNA-tegnologie om veelvuldige, presiese replikas van ’n enkele dier te produseer. Die eerste gekloonde kalf is in 2003 in Suid-Afrika gebore. Daar word verwag dat kloning ’n koste-effektiewe manier sal word om genetiese verbetering te versnel aangesien presiese replikas van die heel beste diere so geproduseer kan word. 2. Rasse- en telersgenootskappe ’n Telersgenootskap kan gevorm word indien lede van ’n bepaalde ras so ’n vereniging wil vorm. Die aansoekvorms is beskikbaar by die registrateur van die Nasionale Departement van Landbou. Daar is telersgenootskappe vir die meeste diererasse. Die doelwitte van die meeste genootskappe is om: • hulle ras te bevorder en te ontwikkel • verskillende dienste aan hulle lede te bied • die nasionale kudde in die land te verbeter Die Diereverbeteringswet van 1998 stel genootskappe in staat om hul eie registrasiesertifikate uit te reik indien hulle dit wil doen. Hierdie genootskappe tree as hul eie registrerende owerhede op. Die SA Stamboek is ’n registrasie-owerheid wat registrasie en sekretariële dienste namens verskillende telersgenootskappe lewer. BREEDPLAN vervul ’n soortgelyke funksie. Registrasiesertifikate sertifiseer dat ’n dier ’n “stoetdier” is en word uitgereik namens die betrokke telersgenootskap. Hierdie sertifikate dien as ’n waarborg dat die dier voldoen het aan sekere vereistes soos vasgelê deur die genootskap en die registrasie-owerheid.