Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 561

559 4. Vir die nuwe toetreder Apikultuur of byeboerdery is ideaal vir vroue, jongmense, persone wat ook ander verantwoordelikhede het (soos huiswerk en skool), asook vir persone met fisieke gestremdhede. Wanneer mans na die stede migreer op soek na werk, bly die vroue agter met al die verantwoordelikhede. Byeboerdery bied ’n geleentheid vir so ’n vrou om ’n inkomste te verdien terwyl sy na die res van haar landbou- en huishoudelike verantwoordelikhede omsien. Dit is ligte werk en nie gemeganiseer nie. Dit is egter nie bedoel vir lui mense nie! Wanneer heuningbye in byekorwe gevestig is, produseer die bye die heuning en ander korfprodukte. Die boer se werk is om aandag aan die bye te skenk en hulle korwe effektief te bestuur. Hierdie gratis werksmag werk vir die boer solank daar nektarproduserende plante in die omgewing is. Heuningbye word oral in Suid-Afrika aangetref en is ’n gratis en toeganklike hulpbron. Mense hoef nie grond te besit nie en het slegs toestemming nodig om hulle byekorwe op ’n veilige plek te plaas. Indien daar voldoende byeplante in die omgewing is waar bye surplus nektar kan produseer, kan ’n byeboerdery begin word. Die sukses van hierdie soort program is afhanklik van die Suid-Afrikaanse heuningverbruikersmark se kennis daaroor en op die byeboer se vermoë om die byprodukte van die heuningnes uit te buit. Wenke vir nuwelinge in die byeboerderybedryf: • Byekolonies moet teen die wind beskerm word. Indien geen natuurlike windskerm beskikbaar is nie, behoort ’n tydelike windskut opgerig te word. • ’n Kolonie behoort op ’n sonnige plek geplaas te word, verkieslik op so ’n wyse dat die son op die ingang skyn. • Korwe moet met behulp van ou bande of betonblokke van die grond af gehou word, aangesien klammigheid en ’n gebrek aan ventilasie die bye kan ontstel. • Maak seker dat daar ’n onbesoedelde waterbron naby die korf is. Streeks-/provinsiale verenigings: • Byeboervereniging Oostelike Hoëveld (Oostelike Gauteng) Tel: 011 896 1944 • Vrystaatse Byeboervereniging Tel: 051 433 4663 • KwaZulu-Natal-Byeboervereniging Tel: 033 239 5292 / 079 436 0686 • Mpumalanga-Byeboervereniging Tel: 013 750 0723 / 082 608 2008 • Noord-Kaapse Byegroep Tel: 053 441 2341 • Noordelike Byeboervereniging (Pretoria) Tel: 083 259 4466 • Suidelike Byeboervereniging (Gauteng en plattelandse distrikte) Tel: 011 678 2996 www.beekeepers.co.za • Suid-Kaapse Byebedryfsvereniging Tel: 044 871 1935 • Wes-Kaapse Byebedryfsvereniging Tel: 021 884 4424 Vind meer uit oor ratel-vriendelike heuningboerdery. Kontak Janet Edwards by die Endangered Wildlife Trust (EWT) by [email protected] of 072 952 2552. Die webtuiste is www.ewt.org.za. Kyk ook na www.saafederation.co.za, webwerf van die South African Apiculture Federation. 5. Nasionale strategie en regeringskontakte Vind die Wet op Landbouplae (Wet No 36 van 1983) – Beheermaatreëls ten opsigte van heuningbye – by www.sabio.org.za. Wetgewing verdeel Suid-Afrika in twee streke vir Kaapse byeboerdery en vir Scutellata- (Afrika-heuningby) byeboerdery. Hierdie verdeling volg die “Siegfried-lyn”, wat min of meer die tradisionele grens tussen die twee subspesies is. Heuningbye mag nie van enige rigting oor die grens geneem word nie, buiten met ’n permit wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visseryeis (DLBV) uitgereik word. Bron: Brett Falconer, Highveld Honey Farms Heuningbye het ook waarde in Suid-Afrika as middel vir die Bemagtiging van Plattelandse Ontwikkeling. Kleinskaalse byeboerdery het groot potensiaal as ’n middel tot entrepreneursontwikkeling en ekonomiese bemagtiging, veral onder plattelandse gemeenskappe, en veral onder vroue. Samewerking en vennootskappe tussen maatskappye soos SAPPI en MONDI, die regering en plaaslike gemeenskappe bewerkstellig ekonomiese ontwikkeling vir ’n groot aantal gemeenskappe en individue in Suid-Afrika. Gaan lees gerus oor die Beekeeping for Poverty Programme (BPRP) op die LNR se webwerf by www.arc.agric.za. Die “Siegfried-lyn” Swart Kaapse bye en geel Afrika-bye Al die byeboerdery-wetgewing word tans hersien, en ’n nuwe weergawe word binnekort verwag. Inligting oor en kontakbesonderhede van die verskillende direktorate van die DLBV is beskikbaar by www.daff.gov.za. 5. Verenigings wat betrokke is 7. Opleiding en navorsing Die Suid-Afrikaanse Bye-industrie-organisasie (SABIO) Tel: 021 870 2900 www.sabio.org.za Die landboukolleges, in samewerking met provinsiale Departemente van Landbou, bied kursusse in byeboerdery aan. Sien die hoofstuk “Landbouonderwys en -opleiding”. Bykomende opleiding word verskaf deur: Die Suid-Afrikaanse Bye-industrie-organisasie (SABIO) verteenwoordig alle aspekte van die heuningby-industrie in Suid-Afrika. SABIO se rol maak ook voorsiening vir die belange van botteleerders en verpakkers van heuning en byeprodukte, sowel as die belange van byetoerustingvervaardigers. Dié organisasie is betrokke by die opleiding van toekomstige byeboere en die inwerkingstelling van riglyne vir voedselveiligheid en die korrekte verpakking van heuning. SABIO sien ook toe dat ’n kwartaallikse byejoernaal gepubliseer word, en organiseer die jaarlikse Byekongres. Ongeveer 300 geregistreerde byeboere is lede van SABIO. • Agriskills Transfer Tel: 012 460 9585 www.agriskills.net • Bee Ware Tel: 082 359 8787 of besoek www.beeware.co.za • Honeywood Farm Tel: 028 722 1823 www.honeywoodfarm.co.za • Joe Hugill at Saronda Valley Tel: 011 953 4883 • LNR-NIPB Tel: 021 887 4690 / 012 356 9809 www.arc.agric.za • Robert Post Tel: 021 971 1022 [email protected] • SABIO Tel: 021 870 2900 • SM McGladdery Tel/faks: 033 342 4990 Vind aantekening oor byeboerdery, bestuiwing en ander navorsing by www. arc.agric.za. Kies die opsie “Research & Development”.