Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 560

558 Sommige internasionale webwerwe lewende hawe Byeboerdery 1. Oorsig Kommersiële bestuiwing van appels Ontwikkelingsprojekte met heuningbye • Heuningprodukte sluit die volgende in: heuning, byversamelde stuifmeel, koninginjellie, was en gesondheidsaanvullings. • Heuning en was strek verder as die voedselmark en word in groot hoeveelhede gebruik in die vervaardiging van skoonheidsprodukte, kerse, lipstiffies, medisyne, kruietee en kougom. • Heuning is ’n natuurlike anti-oksidant en kan byvoorbeeld gebruik word om die raklewe van vleis te verleng. • Ander produkte wat benut kan word, is stuifmeel (’n uiters suiwer vorm van proteïen), propolis (’n natuurlike antiseptiese middel), koninginjellie (’n gesondheids- en kosmetiese produk) en byegif (wat medies gebruik word om mense wat allergies is te desensitiseer). • Die meeste byeboere verkoop hulle produkte in grootmaat aan heuningverpakkers, of hulle bemark self hulle produkte. Kleiner boere verkoop hulle produkte gewoonlik van die huis af of by padstalletjies of aan plaaslike kafees. • Die groot byeboere boer gewoonlik slegs met bye. Die kleiner boere diversifiseer gewoonlik. • Byeboerdery werk nie altyd volgens skaal-ekonomieë nie (moenie dink dat ’n byeboerdery slegs winsgewend sal wees as jy baie byekorwe het nie). • Bye is die vernaamste bestuiwers van landbougewasse; hulle is verantwoordelik vir een uit elke drie mondevol kos wat ons daagliks eet. Bron: Mike Allsopp, dr. Connal Eardley (LNR-NIPB) 2. Internasionale sakeomgewing Daar is ’n wêreldwye aanvraag na heuning en was. Die hoofuitvoerders van heuning is China, Argentinië, Australasië en Meksiko. Die hoofinvoerders is Europa, die VSA en die Midde-Ooste. Die meeste lande het streng regulasies wat betref die invoer van heuningbyprodukte en dit kan verkry word van die plaaslike handelskommissies. Europa, die VSA en Kanada vereis verdere toetse teen die neerslag van plaagdoders in heuning. Die aanbod en aanvraag, buitelandse wisselkoerse en die kwaliteit van die produkte speel almal ’n belangrike rol in die vasstelling van wêreldhandelspryse van heuningbyprodukte. • Vind skakels oor die geneeskundige gebruik ban byeprodukte by http://apitherapy.co.za/links. • Besoek die bladsye van die International Bee Research Association by www.ibra.org.uk. • The British Beekeepers’ Association – www.bbka.org.uk • www.friendsofthebees.org – “byebewaring en natuurlike byeboerdery” • www.beesabroad.org.uk - Bees Abroad is ’n liefdadigheidsorganisasie wat in Brittanje geregistreer is en byeboerderyprojekte in ontwikkelende lande ondersteun. Lees oor een van die projekte by www.berudep.org, die Belo Landelike Ontwikkelingsprojek in Kameroen. • www.dave-cushman.net, die webwerf van David Cushman, byeboer in die VK Middelande. • The American Apitherapy Society, www.apitherapy.org • www.honeyrunapiaries.com, webwerf van Honey Run Apiaries (VSA). • Bees for Development, www.beesfordevelopment.org 3. Plaaslike sakeomgewing Daar is streng regulasies wat betref die invoer van byewas en heuning met die doel om aansteeklike siektes uit die land te hou. Alle ingevoerde heuning- en byeprodukte moet bestraal word vir plaagbestrydingsdoeleindes en daar word ook vereis dat die bestralingsetiket op hierdie produkte aangebring word. Invoerders kan heuning dikwels teen laer pryse invoer (selfs met die vervoerkoste in ag genome), en plaaslike produksie neem af. Hoewel American Foulbrood (AFB) sommige byeboere groot skade berokken het toe dit in 2009 ons land vir die eerste maal bereik het, het dit nog nie tot ’n epidemie gelei nie. Boonop wil dit voorkom of AFB nou grotendeels iets van die verlede is in ons land. Dit blyk nie meer so ’n groot probleem hier te wees as wat die geval was met die Europese en Kaukasiese heuningbyspesies nie. Aansteeklike heuningbysiektes het egter ’n gebrek aan kapasiteit in die staat en die byeboerbedryf aan die lig gebring, sowel as ’n behoefte om die beweging van heuningbye en heuningbyprodukte in die land in, te monitor. Die vermindering van byevoerbronne in ons land is besig om in ’n probleem te ontaard. Dit word onder meer deur stedelike ontwikkeling en oorbevolking veroorsaak. Die volgende maatreëls word voorgestel vir byeboere in geval van ’n AFB-uitbreek (of die uitbreek van enige ander heuningbysiekte). • Byeboere moet probeer om byerye van mekaar geskei te hou, dit wil sê heuningbykolonies moet nie van byery tot byery verskuif word nie. • Byeboere moet nie hul kolonies in die nabyheid plaas van kolonies wat aan ander byeboere behoort nie. • Moenie toerusting (korwe, heuningkaste, rame, ens) van byery tot byery of van kolonie tot kolonie beweeg nie. • Steriliseer alle byeboerderytoerusting (korfgereedskap, handskoene, ens) ná gebruik met alkohol of kookwater sodat die infeksie nie van byery tot byery of van kolonie tot kolonie versprei word nie. • Moenie nat heuningkaste uitsit sodat bye daaraan kan vreet nie. • Moenie kolonies voed met enigiets wat heuning of stuifmeel bevat nie. • Beperk die roof van heuning tot ’n minimum, en beperk dus byeteeltbestuur tot ’n minimum. Kontak Mike Allsopp by [email protected]