551
10. Publikasies en webtuistes
lewende hawe
Kry Beef Market Value Chain Profile: 2010-2011 onder die opsies
“Publications” en “Agricultural Marketing” op www.daff.gov.za, die webwerf
van die Departement of landbou, Bosbou en Visserye.
Kontak 012 672 9111 – die LNR by Irene – vir die volgende:
• Feedlot Management CD
• Beef Management CD
• Beef Breeding in South Africa
• Beef Cattle (volledige stel bulletins, beskikbaar in Afrikaans of Engels)
Die LNR by Silverton kan gekontak word by 012 842 4017. Die volgende
publikasies is ter sake vir hierdie hoofstuk:
• Handleiding oor vleisbeesfasiliteite en Beef cattle facilities manual
• Manure handling in intensive animal production units, geskryf deur H.T.
Breedt, geredigeer en hersien deur F. Cilliers. Outeursreg. 2009.
Kejafa Knowledge Works het ’n aantal publikasies oor vee beskikbaar.
Skakel 011 025 4388 of besoek www.kejafa.co.za vir meer inligting oor die
volgende:
• Essential Guide to Calving deur Heather Smith Thomas
• The ABC of Beef Production deur Schalk J. Viljoen
• No risk ranching G. Judy
• Essential Guide to Calving: Giving Your Beef or Dairy Herd a Healthy Start
Heather Smith Thomas
• Herd Bull Vertility James E. Drayson
• Getting Started with Beef & Dairy Cattle Heather Smith Thomas
• Grass-fed cattle by Julius Ruechel
• Natural Cattle Care Pat Coleby
• Reproduction and Animal Health C. Walters and G. Fry
• Knowledge Rich Ranching Allan Nation
• Raising Beef Cattle Heather Smith Thomas
• Vleisbees Produksie
Die Afrikaanse publikasie Vra die veearts – Wat beesboere moet weet,
saamgestel deur dr. Faffa Malan, is beskikbaar by Landbouweekblad. Die
hoofstukke strek verder as veeartseny-kwessies en wel na kuddebestuur en
voer. Die A5-grootte beteken dit kan maklik in jou bakkie gehou word. Bel
0860 103 577 of skryf aan [email protected].
U sal die volgende Info Paks (pamflette) by www.daff.gov.za vind (kies die
opsie “Publications” op die kieskaart):
• Beef Cattle: dehorning
• How to estimate the age of cattle
• Beef Cattle: Castration
• Beef Cattle: weaning of calves
• Cattle: Condition scoring of cattle
U sal op dieselfde webwerf die uitstekende Agricultural Marketing Extension
papers aantref. Paper No. 7 handel oor rooivleisbemarking.
Kry aantekeninge by die AGIS-webwerf, www.agis.agric.za/efarmer, en by
www.kzndae.gov.za (kies die “Agric publications”-opsie).
Bokke
Sien ook die hoofstukke oor sybokhaar en bok- en skaapsuiwel
1. Oorsig
Die Goat Market Value Chain Profile: 2010-2011 bied ’n uitstekende oorsig van
bokke in Suid-Afrika. Soek hierdie dokument onder “Agriculture Marketing” onder
die “Publications”-kiesopsielys by www.daff.gov.za.
Die onindrukwekkende bok is in werklikheid een van die natuur se nuttigste
diere. Dit kan vleis, melk, vesel, vel en mis lewer. Vanweë die bok se
aanpasbaarheid kan dit feitlik oral in Suid-Afrika oorleef.
Die Oos-Kaap en Limpopo is die grootste bokprodusente, met ’n totale
produksie van ongeveer 58%.
Die bokkudde in Suid-Afrika beloop tans ongeveer 6 313 000, waarvan
Angorabokke (wat sybokhaar verskaf) 40% uitmaak. Saanen-, Toggenburgen Alpine-bokke word hoofsaaklik vir melkproduksie aangehou. Gorno
Altai-bokke lewer kasjmier. Die verskillende inheemse rasse is baie goed by
Suid-Afrikaanse toestande aangepas en kry baie selde vrotpootjie. Sommige
tipes is ook bestand teen hartwater.
Bokmelk is baie gesog omdat dit nie soos koeimelk maklik allergiese reaksies
by mense veroorsaak nie.
Sybokhaar is een van die wêreld se seldsame edelvesels.
Die boerbok se vleis bevat minder vet, minder kalorieë, en hoër vlakke
van proteïene en yster as bees-, vark-, skaap- en hoendervleis. Dit word
dikwels “chevon” genoem en dié van jong diere, “cabrito”.
In hierdie hoofstuk kyk ons na bokvleis en inligting wat geld vir alle
bokondernemings, hetsy vleis, sybokhaar of melk. Sien die aparte hoofstukke
wat spesifiek op sybokhaar en bokmelk fokus.
2. Internasionale sakeomgewing
Die Goat Market Value Chain Profile: 2010-2011 verskaf inligting oor die
internasionale sakeomgewing. Soek hierdie dokument onder “Agriculture Marketing”
onder die “Publications”-kiesopsielys by www.daff.gov.za.
Vind die Meat Buyers Guide by www.karanbeef.co.za.
Die Savory Institute, www.savoryinstitute.com, het bevind dat weidende
diere ’n belangrike rol speel in die stryd teen een van die hoofoorsake van
klimaatsverandering, naamlik woestynvorming.
Die weeklikse landboutydskrifte, Landbouweekblad en Farmer’s Weekly
publiseer dikwels artikels oor beesvleisproduksie. U kan argief-artikels lees
op www.landbou.com en www.farmersweekly.co.za. Op laasgenoemde
webwerf kan u veral kyk na “Great tasting premiums from grass-fed beef”
en “What stands in the way of profitable beef farming”.
Besoek die webwerwe van die betrokke verenigings en maatskappye.
Suid-Afrika is ’n netto invoerder van bokke. Die meeste van sy bokvleis kom
uit Oseanië (Australië en Nieu-Seeland) die wêreld se voorste produsent
van bokvleis.
Australië, Frankryk en China is die wêreld se voorste uitvoerders van
“chevon”. Met dié dat Suid-Afrika uitgenooi is hom by die BRIC- ekonomiese
groep aan te sluit, kan ons invoerprodukte dalk meer en meer van China
en Indië af kom.
Nigerië en Angola is die grootste uitvoermarkte vir Suid-Afrika se bokvleis.
Irak, Oman en Italië is die grootste voornemende markte vir Suid-Afrika se
“chevon”-uitvoere.
3. Plaaslike sakeomgewing
Die Goat Market Value Chain Profile: 2010-2011 verskaf inligting oor die
waardeketting van bokke. Soek hierdie dokument onder “Agriculture Marketing”
onder die “Publications”-kiesopsielys by www.daff.gov.za.