552
Feitlik alle bokke word lewend bemark. Die bemarkingskanale vir lewende
bokke in Suid-Afrika is:
• lewende dier-veilings
• karkasveilings
• verkope uit die hand (kopers koop direk van produsente)
• transaksies deur middel van skakeldienste (agente wat mense met
ander skakel, maar nie die geld in die proses hanteer nie)
• spekulante
Bokvleis word tradisioneel hoofsaaklik deur die Moslem- en plaaslike
Afrika-groepe van die bevolking geëet. Die Departement van Landbou
hoop dat boerbokboerdery en -uitvoere duisende opkomende swart en
kleinskaalse boere sal trek. Plaaslike kudde en teelmateriaal is nog te klein
om in buitelandse vraag te voorsien.
In die Noord-Kaap is ’n gesamentlike inisiatief van die Departement
van Landbou, die NOK (kyk opskrif 6) en die Kalahari Kid Corporation
daarop gerig om veewagters te omskep in aktiewe deelnemers aan
die plaaslike en globale ekonomieë. Die doel van die projek is om die
huidige beraamde bokbevolking van oor die 700 000 uit te brei deur
beskikbare natuurlike hulpbronne en bemarkingsgeleenthede te benut.
Dit sal die mark vir lewendige bokke ontwikkel, die voorsiening van
organiese vleis aan groot kleinhandelaars verhoog, en voorsiening maak
vir die verwerking van bokvleis vir die uitvoermark en die verwerking
van bokvel tot leer.
Soek die “Marketing” en “International/Export”-opsies by www.
kalaharikid.co.za.
voortplanting, groeitempo, karkasgehalte en die vermoë in die omgewing te
oorleef sal beloon word.
Aangepas uit ’n artikel deur Linda Coffey op http://attra.ncat.org/attra-pub/PDF/
meatgoat.pdf.
5. Nasionale strategie en regeringskontakte
Bokke word as ’n prioriteit geïdentifiseer op nasionaal- en provinsiaalvlak. Verwys
byvoorbeeld na www.info.gov.za/asgisa, die Accelerated and Shared Growth
Initiative for South Africa (AsgiSA).
Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye
Direktoraat Diereproduksie
Tel: 012 319 7493
[email protected]
KwaZulu-Natalse
Departement van Ekonomiese
Ontwikkeling
Goat Commercialisation project
Tel: 033 264 2832
[email protected]
Statistieke oor bokke is beskikbaar www.kznded.gov.za
op www.daff.gov.za
(soek die
“Statistics”-opsie
onder
die
“Publications”-kiesopsielys).
6. Belanghebbendes
Verenigings
4. Bokvleis
Vleisbokke, wat oor die algemeen min aandag nodig het, kan met die
minimum addisionele voer (graan) en die minimum skuiling aangehou word.
Die belangrikste bestuurskwessies vir ’n suksesvolle vleisbokonderneming
is heinings, roofdierbeheer en bemarking. Daar moet ook aandag geskenk
word aan voeding en teelveeseleksie.
Hoewel bokke maklik grootgemaak word en winsgewend is, is dit nie ’n
manier om vinnig ryk te word nie. Soos met enige boerdery, is kennis en
vaardighede noodsaaklik om sukses te behaal. Voornemende produsente
word aangeraai om nie net oor die onderwerp na te lees nie, maar ook om
tyd saam met ’n plaaslike vleisbokprodusent deur te bring en baie vrae te
stel.
Voordat u vleisbokproduksie aanpak, moet u die marktoestande en beraamde
koste ondersoek en ’n voorlopige begroting uitwerk. In sommige gebiede
is die koste van grond en voer hoër en dit verhoog die produksiekoste,
en op ander plekke waar daar ’n swak vraag na vleis of lammers is, word
bemarking self nog moeiliker. Ekonomiese lewensvatbaarheid sal verbeter
indien vleisbokondernemings grond gebruik wat reeds besit word, maar nie
volledig aangewend word nie, soos bosagtige grond op ’n beesplaas. Indien
die finansiële vooruitsigte bemoedigend is en daar besluit word om voort te
gaan, is die volgende stap om geskikte heinings op te rig.
Huisvesting vir vleisbokke is baie eenvoudig en in ’n gemiddelde klimaat kan
dit bestaan uit natuurlike skuilings soos digte bome en bosse of rotslyste.
Bokke vereis beskerming teen reën, wind en sneeu. ’n Skuiling naby die
plaashuis sal roofdiere afskrik. Vir nagskuiling moet ongeveer 0,5 vierkante
meter per bok toegelaat word. ’n Stewige vanghok van ten minste 1,2
meter hoog sal nuttig te pas kom. So ’n vanghok is noodsaaklik wanneer
bokke vir ontwurming, inenting, die knip van pote en sortering gehanteer
moet word.
’n Klein bokkudde sal talle leerervarings in die eerste jaar of twee inhou,
en kan maklik uitgebrei word namate kundigheid verwerf word. Aangesien
een ram (mannetjie) maklik 25 tot 50 ooie (wyfies) kan dek, is dit ’n logiese
tropgrootte om mee te begin. Die belangrikste is die diere se gesondheid
en dit is ’n goeie idee om al die diere by een hoogs aangeskrewe teler te
koop, indien moontlik. Ander belangrike aspekte om te ondersoek voordat
’n mens bokke koop, is uiers, tande, spene en algemene liggaamstruktuur. ’n
Bok moet nie te vet wees nie en die pels moet gesond en blink wees. Pote,
tande en uiers moet gesond wees. Tande is belangrik vir weiding en is ook
’n aanduiding van ouderdom.
Ongeag watter ras ook al vir vleisproduksie gekies word, is uitdunning nodig
om ’n produktiewe en winsgewende kudde aan die gang te hou. Klem op
• Angora Boktelersvereniging Tel: 049 836 0140
• Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging Tel: 051 553 0895 www.
boerboksa.co.za
• Kalahari Red Klub Tel: 051 553 0895
• Suid-Afrikaanse Savanna-boktelersvereniging Tel: 051 553 0895
• Suid-Afrikaanse Boktelersvereniging Tel: 051 553 0895
[email protected]
• Suid-Afrikaanse Melkboktelersvereniging Tel: 051 410 0954 www.
milkgoats.co.za
Opleiding en navorsing
Dicla Training Centre
Tel: 071 692 2229
www.diclatraining.com
Kursusse word in vleisbokbestuur
aangebied.
Döhne Agricultural
Development Institute
Tel: 043 683 1240
Eastcape Midlands College
Tel: 041 995 2000 / 083 611 1803
www.emcol.co.za
Opleiding
• hoër
onderwys
en
opleiding vir studies vir ’n
landboukwalifikasie op NKRvlak 5 ¬– 7 bande
• verdere
onderwys
en
opleiding vir studies vir ’n
landboukwalifikasie op NKRvlak 1 – 4 bande
• vaardigheidontwikkelingspro
gramme wat op die landbou
gegrond is en relevant is vir ’n
volhoubare sektor
Kontak mnr. Klasie Claasen vir Navorsing en tegnologiebesonderhede
oor
landbou- ontwikkeling
programme.
• navorsing oor die volhoubare
bestuur en gebruik van
Grootfontein Landbounatuurlike hulpbronne
ontwikkelingsinstituut (GADI)
Tel: 049 842 1113
• navorsing
oor
veeproduksietegnologieë
Faks: 049 8424352
http://gadi.agric.za
• ekonomiese
navorsing
ter
voordeel
van