Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 549

547 Oor die afgelope dekade is die hoofverskaffers van beesvleis aan SuidAfrika Amerikaanse lande soos Argentinië, Brasilië, Uruguay en Paraguay; en Australië. Bronne: Beef Market Value Chain Profile: 2010-2011 en inligting van die KwaZuluNatal Departement van Landbou en Omgewingsake wat in die Farmer’s Weekly 17 September 2010 verskyn het. 3. Plaaslike sakeomgewing U sal statistiek en verslae aantref op www.daff.gov.za, www.redmeatsa.co.za asook op ander webwerwe wat met die Rooivleisbedryfforum gekoppel is, d.w.s. www. samic.co.za, www.rpo.co.za, www.nerpo.co.za en www.safeedlot.co.za. Die beesvleisaanbodketting het toenemend vertikaal geïntegreer geraak. Dié integrasie word hoofsaaklik aangedryf deur die voerkraalbedryf, waar die meeste groot voerkrale hulle eie slagpale het of minstens ’n sakebelang het in sekere slagpale. Hierbenewens het party voerkrale verder laer af in die waardeketting geïntegreer en verkoop regstreeks aan verbruikers seur hulle eie kleinhandelafsetpunte. Party slagpale het ook vertikaal na die groothandelvlak begin integreer. Baie groothandelaars kry lewende slagdiere (nie speendiere nie) regstreeks van boere of voerkrale op bod-en-aanbod-grondslag, dit wil sê hulle neem eienaarskap van die dier voordat die dier geslag word. Die dier word dan by ’n groothandelaar se voorkeurslagpale geslag, waarna die karkas na kleinhandelaars versprei word. In party gevalle kan die publiek ook karkasse regstreeks van ’n groothandelaar koop. Bron: Beef Market Value Chain Profile: 2010-2011, wat by die www.daff.gov.zawebwerf gekry kan word. 4. Die belangrikheid van inligting vir die bemarking van vee Veeboere kom gereeld te staan voor die besluit om die diere te verkoop, te slag of te hou met die moontlikheid dat die pryse sal verbeter. Die pryse van landbouprodukte , en veral lewende hawe en vleispryse, word deur ’n verskeidenheid veranderlikes beïnvloed, onder andere, die prys van voer en seisoenaliteit. Dit veroorsaak baie onsekerheid oor wanneer dit die regte tyd vir die produsent is om sy diere op die mark te sit of om ’n besluit te neem oor produksie vir die komende seisoen. Daarom moet hierdie besluite op tydige, akkurate en deursigtige markinligting gebaseer word, dit is, krities inligting wat langtermyn winsgewendheid kan verseker. Ongelukkig , is hierdie tipe inligting, byvoorbeeld slagterygetalle en vleispryse nie altyd ger edelik aan Suid-Afrikaanse veeboere beskikbaar nie. Dit dwing die produsent om sy bemarkings en produksiebesluite te baseer op inligting wat onvoldoende is, wat ’n beduidende negatiewe impak op sy winsgewendheid kan hê. Die belangrikheid van die beskikbaarheid van inligting is nie beperk tot die vlak van die produsent nie. Vir die vleiswaardeketting om effektief te funksioneer, moet daar tydige en akkurate inligting beskikbaar wees, insluitend inligting oor produksiestroom en pryse aan al die segmente van die waardeketting. Dit is belangrik om te weet hoe koste en wins oor die waardeketting gedistribueer word om die doeltreffendheid van die stelsel te verseker; maar met die baie dinamiese aard van die bedryf, is dit ’n groot uitdaging. Daar is verskeie maniere waarop belanghebbendes in hierdie sektor produksierisiko’s kan minimaliseer. ’n Goeie beginpunt is om die kundiges in die bedryf te raadpleeg wat kennis dra en ingelig is oor die seisoenale tendense en die huidige marktoestande. Bron: Noordwes-Universiteit. Die landbou-ekonome by die Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling by die Noordwes-Universiteit beskik oor ’n groot verskeidenheid vakkundiges met kennis oor verskeie sub-sektore in die SuidAfrikaanse vleisbedryf. Kontak dr. D.C. Spies by 018 299 2373. Belanghebbendes wat soortgelyke dienste aanbied word onder opskrif 8 gelys. 5. Vir die nuwe toetreder • ’n “Vers” is ’n jong vroulike bees wat nog nie gekalf het nie en jonger as drie jaar is. Kalwers word na omtrent nege maande swangerskap gebore (dit heet die dragtigheidstydperk). Nadat sy gekalf het moet ’n koei nie by ’n bul uitkom voordat 50 dae verstryk het nie ten einde haar te laat rus na geboorteskenking. • Daar is ’n betreklike kort tydperk van 32 hierna waarin die koei weer swanger kan raak. Gemiddeld raak ’n koei elke ses tot 18 uur elke 21 dae bronstig, wat beteken dat sy in die tydperk van 32 dae dalk twee kanse het op dragtig te raak. • Goeie rekordhouding is wesenlik vir ’n streng telingsbestuurprogram. ’n Poging om die proses te versnel deur die koei minder tyd te gee om te herstel, is buite die kwessie. Bron: KwaZulu-Natal Departement van Landbou en Omgewingsake soos in Farmer’s Weekly 17 September 2010 gepubliseer. • ’n Suksesvolle beesboer bestuur sy kudde om elke seisoen soveel moontlik kalwers te produseer en te speen. Nadat al die kalwers gespeen is, word die beste verse gehou om ou koeie en koei wat nie kalf nie, te vervang. Laasgenoemde word vir slagting verkoop. • Gespeende verse wat nie vir teling gekies is nie, word ook verkoop, óf aan boere wat teelverse nodig het óf om geslag te word, afhangende van die mark en pryse. • Gespeende bulkalwers word mark toe gestuur om geslag te word, tensy ’n mens topgehalte diere aanhou en jou bulle vir teeldoeleindes in aanvraag is. ’n Mens sal dan die beste bulle vir dié doeleindes verkoop, maar moenie jou eie bulle vir teling gebruik nie, behalwe as jy weet wat jy doen. Die meeste jong bulle word gekastreer. • Jou belangrikste doel is om soveel kalwers moontlik elke jaar gespeen te kry (die hoogste moontlike speenkoers te behaal). Hou die beste vroulike beeste (dié wat elke jaar ’n goeie kalf speen), dun dié uit wat dit nie doen nie en vervang dié wat uitgedun is, deur beter verse. • Gebruik bulle van goeie gehalte. • Moenie die veld se drakrag oorskry nie. • Om te meet is om te weet. Hou dus akkuraat boek in ’n rekordboek. Merk alle kalwers met ooretikette of deur die ore te knip of deur te tatoeëer. Brandmerk hulle wanneer hulle ouer is. Teken geboortedatums, ouers en parings aan – watter koeie met watter bulle indien jy meer as een bul gebruik. Jou rekordboek sal jou sê watter diere om te hou en watter om te vervang. Bron: Farmer’s Weekly 1 January 2010, die artikel “Introduction to cattle farming” Die speen van vleisbeeste Dit is belangrik om te besluit wanneer en op watter wyse vleiskalwers gespeen moet word, omdat dit die speenmassa van kalwers asook die kondisie van die koeie beïnvloed en onregstreeks hulle bevrugtingskoers. Tydsberekening: • Die hoofprioriteit by vleisproduksie is om soveel kalwers moontlik te produseer. Die hoofdoelwit van spening is dus om die koei in staat te stel om elke jaar te kalf, deur haar toe te laat om haar kondisie na spening te herwin. • Kalwers word ideaal gesproke gespeen wanneer hulle 7 tot 8 maande oud is. • Die regte tyd om ’n kalf te speen, hang van die kondisie van die koei af, nie van die ouderdom van die kalf nie. • Indien genoeg wintervoer beskikbaar is en die koeie hul kondisie behou, moet kalwers gespeen word voordat die koeie se kondisietelling onder 2,5 daal. Die kalwers behoort egter verkieslik gespeen te word voordat die koeie se kondisietelling onder 3,0 daal. • Gedurende droogtejare en indien die voervoorsiening swak is, behoort kalwers vroeg gespeen te word (op ongeveer ses maande), sodat die koei kan herstel voordat die winter aanbreek. • Dit is belangrik dat die koei asook die afskeidingsweefsel moet herstel voordat die volgende kalf gebore word. • In die oostelike dele van die land kan kalwers wat gedurende die lente gebore word, vroeg in Mei op ongeveer 7 tot 8 maande gespeen word. • In die westelike dele kan kalwers laat in Mei of vroeg in Junie op ongeveer sewe tot agt maande gespeen word, aangesien paartyd geneig is om in hierdie gebiede later voor te kom.