548
Vroeë spening:
• Hierdie praktyk behoort slegs in ernstige droogtetye of tye van
voertekorte oorweeg te word.
• Kalwers wat op ’n betreklik vroeë ouderdom (minder as 5 maande)
gespeen word, ervaar ernstige terugslae.
• Indien die kondisie van die koei voor die beplande speentyd aansienlik
versleg, moet die produsent besluit om
- vroeg te speen en kragvoer aan die kalf te gee
- ’n ruvoeraanvulling te gee aan koeie wat nog hul kalwers soog.
•
Hierdie besluit hang van die beskikbaarheid en koste van voer af . In
die algemeen is die voer (hoofsaaklik kragvoer) wat nodig is om vroeg
gespeende kalwers groot te maak, betreklik duur. Derhalwe behoort
kragvoer vir kalwers net tydens ongunstige toestande oorweeg te
word.
6. Nasionale strategie en regeringskontakte
Kontakbesonderhede en inligting oor alle direktorate van die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye is verkrygbaar van www.daff.gov.za.
Die Diere- en Veldbestuursprogram wat in 2012 aangekondig is, streef
daarna om landbou-infrastruktuur te verbeter, veral ten opsigte van
lewendehawe-ontwikkeling in die lande en is gekoppel aan Rekapitalisasieen Ontwikkelingsprogram, wat mielie- en groenteboere tot dusver gehelp
het met toerusting. Onder die dienste wat aan boere in die program gebied
word, is die vestiging van voerkrale, wat veral vir beesvleisprodusente ter
sake is.
Speenmetodes:
7. Verenigings wat betrokke is
Omstandighede op die plaas bepaal die speenmetode. Die volgende
metodes kan gevolg word:
• Hou die kalwers in ’n kraal of goed omheinde kamp en verwyder die
koeie na ’n afgeleë kamp, verkieslik buite hoorafstand van die koeie.
• Verwyder die koeie tydelik uit die kamp, en neem die kalwers in hul
afwesigheid na ’n ander afgeleë kamp. Koeie is geneig om hul kalwers
te soek in die kamp waar hulle hul laas gesien het, en hierdie metode
behoort te keer dat die koeie uit die kamp probeer uitbreek.
• Ruil die kalwers van twee verskillende troppe om, sodat al die kalwers
koeie in hul teenwoordigheid het. Dit is egter moontlik dat kruissogery
kan plaasvind.
• Skei die koeie en kalwers deur ’n sterk, kleinmaasdraadheining. Hierdie
metode kan speenstres verminder.
• Die kalwers kan vir 7 tot 14 dae voorsien word van neusringe wat in die
handel beskikbaar is of self gemaak kan word. Dit keer soging, selfs al
bly die koeie en kalwers tydens die speentydperk bymekaar. Wanneer
die neusringe verwyder word, kan die koeie en kalwers geskei word,
maar dan kom daar betreklike min stres voor.
Rooivleisbedryfforum (RMIF)
Tel: 012 667 1189
[email protected]
www.redmeatsa.co.za
Algemeen:
• Kastreer, onthoring en brandmerk kalwers wanneer hulle 2 tot 3 drie
maande oud is, en nie net voordat hulle gespeen word nie. Dit sal
verseker dat die stres wat met hierdie operasies gepaardgaan, nie die
speningstres verhoog nie.
• ’n Paar droë koeie kan by die speenkalwers gehou word om hulle te
kalmeer.
• Voorsien genoeg ruvoer van goeie gehalte, water en skadu in die
speenkampe.
• Om ’n oormatige geloop en vertrapping te voorkom, behoort die
kampe nie te groot te wees nie.
• Die speenproses kan van 7 tot 14 dae duur, na gelang van die ouderdom
waarop die kalwers gespeen word asook die ras van die koei.
NoseRing is ’n landbouproduk wat gebruik word om die stresvrye
spening van vee moontlik te maak sonder dat jong diere van hul moeders
geskei hoef te word. Dit maak gewigstoename tydens die speningsproses
vir sowel die jong diere en die koeie moontlik, en beteken dat die vee
gesonder en lewenskragtiger is, dat geen skade aan heinings en krale
aangerig word nie en dat bevrugtingskoerse styg, en gelukkiger boere!
Voerkraaleienaars baat baie daarby om speenkalwers te koop van
produsente wat reeds volgens laestresmetodes gespeen het.
Vir meer inligting raadpleeg www.nosering.co.za.
Die Rooivleisbedryfforum van Suid-Afrika verteenwoordig al die nasionaal
verteenwoordigende rolspeler-organisasies in die rooivleisindustrie. Hulle
webwerf verskaf omvattende inligting en is op verbruikers en die industrie
gerig. Die webwerf bied aan die publiek toegang tot nuus, gebeure en
promosies. Inligting oor rooivleis-navorsingsprojekte, bedryf-doelwitte en
statistiek kom ook op die webwerf voor.
Die volgende organisasies maak deel uit van hierdie struktuur:
• The Meat Industry Trust (MIT) – Tel: 012 348 7572
• Red Meat Research Development Trust (RMRDT) – Tel: 012 361
2333 www.rmrdsa.co.za
• South African Meat Industry Company (SAMIC) – Tel: 012 361
4545 www.samic.co.za
• Meat Statutory Measure Services (MSMS) – Tel: 012 348 7572
• Red Meat Levy Admin (RMLA) – Tel: 012 348 7572 www.levyadmin.
co.za
• Livestock Welfare Co-ordinating Committee (LWCC) – Tel: 012
807 1367
Lede-organisasies van die Rooivleisbedryfforum sluit in die RPO, NERPO en
SAFAS (kyk hieronder).
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) word erken as die
spreekbuisorganisasie van die kommersiële rooivleisprodusente en
verteenwoordig die hoogste gesag binne die rooivleisbedryf met betrekking
tot kommersiële produsente se belange in Suid-Afrika. Bel 012 348 1933 of
kyk na www.rpo.co.za.
Provinsie
Kontakbesonderhede
Oos-Kaap
041 365 5030
Vrystaat
051 451 2314
Gauteng
012 348 1933
KwaZulu-Natal
034 212 3648
Limpopo
015 297 3749
Mpumalanga
082 493 8428
Noordwes
018 632 0130
www.nwrpo.co.za
Noord-Kaap
053 832 9595
Wes-Kaap
021 860 3800