Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 548

546 lewende hawe lewende hawe Ander lewende hawe Beesvleis Hierdie hoofstuk handel oor boerdery met lewende hawe wat nie in die ander hoofstukke van hierdie afdeling bespreek is nie. Stel ons asseblief in kennis indien u bewus is van spesies wat nie in hierdie gids bespreek word nie. • ’n Emoe is ’n loopvoël in dieselfde kategorie as die volstruis. Emoeboerdery is ’n jong bedryf. Emuphoria is een van die belanghebbers en hul webtuiste – www.emuphoria.co.za – bied inligting oor emoeboerdery, emoeprodukte, ensovoorts. Skakel Emuphoria of die Suid-Afrikaanse Emoevereniging by 083 235 0219. • Krieke word as hoëproteïenvoer (vir vis, pluimvee, ensovoorts) en as varswater-lokaas gekweek. Skakel 031 767 1992 of rig ’n e-pos aan [email protected] of besoek www.herpetology.co.za. • Skoenlapper-ondernemings in Suid-Afrika sluit in Butterflies for Africa (Pietermaritzburg) en Butterfly World (Wes-Kaap) – besoek onderskeidelik www.butterflies.co.za en www.butterflyworld.co.za. Daar is ander projekte binne die SADC-streek. Die Kipepeo Butterfly Project in Kenia is een projek waar daar met skoenlappers geboer word. Besoek www.kipepeo.org. In Tanzanië pluk baie boere, wat voorheen skaars ’n bestaan uit kontantgewasse soos koffie en piesangs kon voer, nou in die Usumburaberge die vrugte van skoenlapperboerdery, wat deel vorm van die Tanzania Participatory Management Project. Die Tanzania Forest Conservation Group en Farm-Africa (’n VN-gebaseerde organisasie wat kleinhoewe-boere ondersteun het met opleiding en die stigting van skoenlapperboerderygroepe) was betrokke by die stigting van die onderneming. • Slakboerdery staan as helici-kultuur bekend. Slakke word gewoonlik in buitenshuise hokke, in geboue met klimaatbeheer of in geslote stelsels soos plastiektonnels of kweekhuise aangehou. Maar wie het gesê u moet produseer met slakke? Hulle kan ook met die hand by plase verwyder word waar hulle ’n pes is en óf geprosesseer of uitgevoer word. Dit is ’n omgewingsvriendelike pesbeheer-oplossing vir die boer – en ’n werkskepper in die plaaslike gebiede. ’n Maatskappy soos Elezane Industries (wat sake doen as SA Snailcompany) het honderde werksgeleenthede in die Wes-Kaap op hierdie manier geskep. Besoek www.sasnailcompany.co.za. Lees ook oor die Community Organisation Resource Centre se slakprojek by www.cource.co.za/snailproject.html. Sheldon Breda is by al twee ondernemings betrokke en kan geskakel word by 081 305 2605. Dave Edmunds is ’n voormalige slakboer en sê, hoewel daar baie struikelblokke is, is slakboerdery tog winsgewend. Kontak hom by 082 418 9339. Nog ’n kontak vir slakke is dr. W.F. Sirgel by die Universiteit Stellenbosch – 021 808 3064 of [email protected]. Hoewel hy al afgetree het, bly hy steeds betrokke by die universiteit. • Die oogmerk met die webtuiste, www.food-insects.com, is om inligting oor die huidige en toekomstige belang van insekte as globale voedselhulpbron te verskaf. • Vind die artikel oor insekboerdery by www.scidev.net. Daar word met huishoudelik vlieë geboer vir die maaiers wat hulle broei (dit word as dierevoer gebruik). Sine ook www.agriprotein.com. • Oor die wêreld heen is daar mense uit baie kulture wat insekte eet. In Suid-Afrika is dit veral algemeen in die noordelike provinsies van Limpopo, Noord-Wes en Mpumalanga en Gauteng. Die algemeenste eetbare insekte is mopaniewurms, sprinkane, bye, termiete en eetbare stinkgoggas. Die kulturele gebruike van hierdie insekte verskil van kultuur tot kultuur. Die insekte se lewensiklusse en die vereistes vir volhoubare oestery verskil ook. • Volhoubare oestery behoort die oes te vergroot en voorsiening meer betroubaar te maak. Dit sal help om voedseltekorte te verlig en ’n groter en meer betroubare inkomste vir mense wat by die oestery betrokke is te lewer. • Museums vervul ’n besondere rol om tradisionele gebruike van plante en diere as belangrike deel van ons erfenis te laat voortleef. Daar is tans baie belangstellings in inheemse-kennisstelsels (IKS) en ondersteuning vir etno-ekologie is aan die toeneem. Bron: Aangepas uit “On the trail of missing Mopane Worms”, ’n artikel wat op www. scienceinafrica.co.za beskikbaar is. Kyk ook die hoofstukke oor Slagpale en Diereverbetering en Telers 1. Oorsig Drie hoofgroepe beesvleisboere voer ’n naasbestaan in Suid-Afrika: • Die kommersiële beesvleisvervaardiger, waar produksie betreklik hoog is en vergelykbaar met ontwikkelde lande. Hulle produksie word oor die algemeen gegrond op sintetiese beesrasse en/of kruisteling, waar die Indicus/Sanga-soorte en hulle kruisings as teelkoeie gebruik word. • Die swart nuwelingbeesvleisboer, wie se beeste oor die algemeen bestaan uit inheemse kruistelings of eksotiese soorte diere. • Die kommunale beesvleisboer wat op kommunale weigrond boer. Hulle beeste is meestal inheems. Sowat 60% van die 14,1 miljoen beeste in Suid-Afrika woord deur kommersiële boere besit en 40% deur nuweling- en kommunale boere. Daar is ongeveer 70 voerkrale en 495 slagpale in Suid-Afrika. Die beesvleisbedryf is ’n groot werkgewer, met ongeveer 500 000 mense in diens en 2 125 000 wat vir hul bestaan van die lewendehawebedryf afhanklik is. Beesvleis word oral in Suid-Afrika geproduseer. Die hoeveelheid beesvleis wat geproduseer word, hang af van infrastruktuur, soos voerkrale en slagpale, nie noodwendig van die hoeveelheid beeste in daardie gebiede nie. Suid-Afrika het ’n goed ontwikkelde vervoerinfrastruktuur wat die vervoer van beeste en kalwers van een gebied na ’n ander bewerkstellig, selfs vanaf lande soos Namibië. Om hierdie rede het Mpumalanga die grootste aandeel in beesvleiproduksie in Suid-Afrika, gevolg deur die Vrystaat en Gauteng. Suid-Afrika produseer nie genoeg beesvleis vir die plaaslike mark nie, alhoewel die hoeveelheid beeste wat geslag is, oor die afgelope dekade merkbaar toegeneem het. Bron: Die Beef Market Value Chain Profile: 2010-2011, wat onder die opsies “Publications” en “Agricultural Marketing Commodity Profiles” op die www.daff.gov.za - webwerf van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gekry kan word. 2. Internasionale sakeomgewing Nuttige bronne vir internasionale inligting oor grootvee: • Bestel die jongste “Beef Report” vanaf www.agribenchmark.org. • www.cattlenetwork.com “America’s beef business source” • www.BEEFmagazine.com – ’n VSA-tydskrif (en webwerf) • www.nbcec.org – die VSA se nasionale Beef Cattle Evaluation Consortium-webwerf • www.meattradenewsdaily.co.uk – ’n Omvattende bron van wêreldvleisbedryfnuus (kies die “Select news by country”-opsie) • Vir inligting oor die rooivleisbedryf in Australië, besoek www. australian-meat.com of die Meat and Livestock Australia-webwerf, www.mla.com.au. Tans is daar ongeveer 1,3 miljard beeste in die wêreld. Indië het die meeste beeste, met meer as 280 miljoen. Daarna volg Brasilië met 187 miljoen (19%), China met 140 miljoen (14%), en die VSA met 97 miljoen (10%). Suid-Afrika (1,4%) het ongeveer 14 miljoen beeste. Afrika is het omtrent 20 miljoen beeste. Suid-Afrika voer beesvleis hoofsaaklik na Afrika-lande toe uit, meestal na SAOG-lande soos Mosambiek, Angola, die DRK en Zimbabwe; asook Nigerië, Gaboen, Ghana en die Kongo. Van die uitvoer is na Europa en Asië. Die publikasie Beef Market Value Chain Profile (kyk onder opskrif 10) verstrek ’n provinsiale ontleding van uitvoere.