545
9. Vir die nuwe toetreder
Die gratis
Aquaculture Innovations nuusbriewe is vir die nuwe
boer noodsaaklike leesstof. U kan daarop inteken deur te skryf aan
[email protected].
Verskeie artikels is beskikbaar vir die voornemende visboer, meestal met
opskrifte soos die volgende:
1.
Mark
Verstaan u die mark aan wie u van plan is om te voorsien?
2.
Keuse van spesie, klimaat en infrastruktuur
Die keuse van ’n spesie sal op sy beurt die keuse van infrastruktuur bepaal wat
die mees geskikte is vir u klimaat, markvereistes en bestuursvaardigheid.
3.
Bedryfskaal en uitbreidingkoers
Die markinligting wat u verkry het sal u lei in terme van ’n geskikte skaal
waarvolgens die onderneming moet plaasvind en waarvolgens uitbreiding
moet plaasvind , Daar is twee opsies:
• begin groot en bring vaardige bestuur in
• begin klein, leer uit foute en groei met sukses
(Die tweede opsie word sterk aanbeveel vir nuwelinge in die bedryf).
4.
Tegniese vaardighede
Kennis van die spesies en tipe infrastrukture wat u sal gebruik sal u lei tot
die vaardighede wat u benodig.
5.
Voerverskaffers
Voer maak meer as op vir meer as 50% van operasionelekoste uit. Moenie
suinig wees met hierdie uitgawe nie –kwaliteit is belangrik!
6.
Keuse van ’n perseel
Moenie net die water, klimaat en ander dinge op die perseel in ag neem nie,
maar ook verwante sake soos selektiewe voordele wat verskillende persele
bied in terme van arbeidsbronne, beskikbare geboue, valtoevoer versus
voorsiening van gepompte water, kwaliteit van die paaie en neem afstande,
voorsiening van elektrisiteit en telekommunikasie moet ook in ag.
7.
Vereiste kapitaal
Gaan versigtig deur die stappe hierbo want dit sal u die bes moontlike kans
gee om sukses in hierdie baie opwindende bedryf te behaal.
8.
Wetgewing
’n Finale stap in die beplanning, of die eerste stap in die uitvoering is om ’n
omgewingskonsultant aan te stel om die permitte vir u te verkry. ’n Goeie
diens sal duur wees, maar is ’n noodsaaklike stap in die proses.
Deur versigtig deur die stappe hierbo te gaan met aandag op besonderhede,
sal dit u die beste moontlike kans gee om in die baie opwindende bedryf
te tree.
Ander artikels sluit in: “Farming with fish” wat gekry kan word onder “Agric
publications”, “Technical notes” op www.kzndae.gov.za. Kry ook die “Aqua Startup”
-opsie by www.aasa-aqua.co.za.
10. Publikasies en webtuistes
• Leslie Ter Morshuizen van Aquaculture Innovations stel ’n elektroniese
nuusbrief oor akwakultuur saam. Kontak [email protected].
Daar is ook handleidings oor akwakultuur beskikbaar (wat dien as ’n
eerste bekendstelling met die temas wat gedek word) om nuwelinge
te help om vas te stel in watter tak van akwakultuur hulle belangstel
en wat hulle te doen staan. Daar is ook handboeke oor akwakultuur
wat ’n wye verskeidenheid temas dek. Meer onlangs het Aquaculture
Innovations ’n afstandsopleidingsprogram op DVD opgeneem, wat
verkry kan word van www.aquaafrica.co.za/store.
• ’n Opleidingsgids vir varswater akwakultuur is saamgestel deur die
landelike visseryeprogram, die Departement van igtiologie, RhodesUniversiteit, Waternavorsingskommissie en die Departement Landbou,
Bosbou en Visserye. Kontak die drie rolspelers vir ’n afskrif. Dit kan
ook afgelaai word op www.dbsa.org.
• Die Noord-Kaap se regering ontwikkel ’n akwakultuurprojek wat katvis
oes. Dit sal nie alleen werk skep en die sektor uitbrei nie, maar sal ook
’n goeie opbrengs op belegging verskaf. Skakel Bernard Mabele by 053
833 1503 of kry die storie op www.tradeinvestsa.co.za.
• Besoek www.fishingdirectory.co.za – ’n “eenstop-bron vir bras, karp,
waaghengel, kunsvlieg hengel, visresepte, hengelknope, visstokke,
hengelbestemmings, hengeltoere en gebeure in hengel en vele meer.“
• Vind die veeltalige Glossary of aquaculture, wat deur die Voedsel- en
Landbou-organisasie (VLO) van die Verenigde Nasies uitgegee word.
Een van die primêre doelwitte van die woordelys is om te dien as
’n verwysing vir visboere, konsultante en almal wat by akwakultuur
betrokke is of daarin belangstel. Die aanlynwoordelys vir akwakultuur
is beskikbaar in die vyf amptelike tale van die VLO (Arabies, Chinees,
Engels, Frans en Spaans) by die volgende adres: www.fao.org/fi/
glossary/aquaculture.
• Kry die verslag Blue Frontiers: Managing the environmental costs of
aquaculture wat in Junie 2011 vrygestel is by www.polity.org.za. Die
kernidees in die verslag is dat die vraag na akwakultuurprodukte sal
aanhou groei oor die volgende twee dekades as ’n sleutelbron van
diereproteïen vir groeiende stedelike bevolkings en dat die bedryf
aan die aanvraag moet voldoen met verbeterde doeltreffendheid en
verminderde omgewingsimpak.
• The State of World Fishe ries and Aquaculture, by die bespreking van die
Voedsel en landbouorganisasie van die VN is die nuutste beskikbare
globale neigings by visserye en akwakultuur. Dit verken die belangrike,
en dikwels onderskatte rol van binnelandse visserye veral die klein
gemeenskappe waar hul ’n belangrike bydra lewer tot armoede
verligting en broodwinning. Vind die verslag op www.fao.org.
• Kry die “Fisheries” opsie by http://agritrade.cta.int.
• http://livestock-fish.wikispaces.com – die CGIAR Livestock and Fish
Research Programme.
• Integrated Farming Methods - farm ponds for water, fish and livelihoods is
’n publikasie deur J. Miller wat deur die VLO gepubliseer word. Dit is
aanlyn beskikbaar by www.eldis.org.
• ’n Aantal CD-ROM’s, video’s en publikasies is beskikbaar by die
“On-line store”-opsie op www.was.org, die webtuiste van die World
Aquaculture Society. The World Aquaculture Magazine kan ook van hulle
verkry word.
• Kry inligting oor koi op die KoiNet- skakel – www.koinet.co.za.
• Fishing Industry Handbook. Skakel George Warman Publications. by 021
510 6164 of besoek www.gwarmanpublications.co.za.
• Fishing News International (Verenigde Koninkryk). Die webtuiste is by
www.intrafish.no/fn
• Maritime Southern Africa is ’n publikasie wat tweekeer ’n jaar verskyn
en gemik is op die visbedryf. Of jy nou ’n lewe uit die see maak of
slegs geïnteresseerd is in seekultuur besoek http://maritimesa.co.za.
• Bel 012 842 4017 of e-pos [email protected] vir die volgende
pamflette:, beskikbaar by die LNR- Instituut vir Landbouingenieurswese:
- Processing of Marine Foods (Fish products)
- Faktore wat die terreinkeuse van ’n akwakultuuronderneming beïnvloed
- Factors that influence the choice of a site for an aquaculture enterprise
- Die publikasie Manure handling in intensive animal production units deur
H.T. Breedt (onder redaksie van en hersien deur F. Cilliers – kopiereg
2009) handel oor die onderwerp van die gebruik van dieremis in
akwakultuur.
Ons bedank Leslie Ter Morshuizen ook graag vir deeglike terugvoering oor
die konsephoofstuk.