544
• ’n graadprogram in
Akwakultuur.
• ’n Diplomakursus
in Akwakultuur
• Nagraadse programme
in Akwakultuur
Ander
universiteite
met
projekgebaseerde betrokkenheid
by akwakultuur sluit in die
Universiteit van Tegnologie van die
Kaapse Skiereiland, die Universiteit
van Kaapstad, die Nelson Mandela
Kosmopolitaanse Universiteit en
die Universiteit van KwaZuluNatal. Die meeste van die
kontakbesonderhede verskyn in die
hoofstuk oor landbou-onderwys en
-opleiding.
Die Universiteit was betrokke by ’n
koöperasie van visboere waardeur
vis geteel is in drywende hokke
wat bestaan uit ’n houtplatform
en staalstutte wat met ogiesdraad
bedek is. Hierdie toestel word dan
geanker in die diepste kant van die Waternavorsingskommisie
dam, waar die water die skoonste Tel: 012 330 0340
www.wrc.org.za
is.
Die universiteit bedryf ook ’n
program wat plaaswerkers help
om vis in hokke in leikanale te
begin teel as ’n tweede bron van
inkomste. Kontak Danie Brink
hieroor: [email protected].
Universiteit van die Vrystaat
Departement Dierkunde &
Entomologie
Prof. Jo van As
Tel: 051 401 2427
[email protected]
Befondsing vir marikultuurnavorsing
kan bekom word deur middel
van die See-en-kusprogram van
die Nasionale Navorsingstigting,
die Departement van Handel en
Nywerheid se Fonds vir Tegnologie
en Menslike Hulpbronne vir die
Nywerheid (THRIP), en die fonds
vir Mariene Lewende Hulpbronne.
Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR)
het oor die jare verskeie
akwakultuurprojekte
bevorder.
Besoek www.csir.co.za.
7. Plaaslike sakeomgewing
’n Uitstekende manier om op hoogte te bly met ontwikkelinge in akwakultuur
is om in te teken op die e-nuusbrief. Epos [email protected]
Verskillende faktore stimuleer tans die ontwikkeling van akwakultuur in
Suid-Afrika en Suider-Afrika, insluitende:
• die beskikbaarheid van hulpbronne: water, grond, arbeid, energie,
ens.
• beperkte hulpbronne in die visbedryf
• ’n stygende markprys vir vis in Europa, wat ’n vakuum in die plaaslike
mark veroorsaak
• mariene- en landbou-infrastruktuur
• ’n behoefte aan diversifikasie en die optimalisering van hulpbronne
• toegang tot tegnologieë
• internasionale vennootskappe en samewerking
• sosio-ekonomiese faktore
• erkenning deur die regering van die behoefte om mense in diens te
neem en om ’n plaasvervanger te verskaf vir die tekort aan seekos
Faktore wat tans ontwikkeling in die bedryf strem, sluit in:
• die gebrek aan ’n nasionale beleid vir die ontwikkeling van akwakultuur
(In lande waar die regering en regulerende owerheid akwakultuur
aktief ondersteun, onwikkel dit teen ’n vinnige tempo.)
• ingewikkelde en gefragmenteerde statutêre prosedures (wat ook aan
die verbeter is)
• ’n gebrek aan bemarkingstrukture en toegang tot wêreldmarkte
• beperkte toegang tot finansies en ontwikkelingskapitaal
• beperkte menslikehulpbronnekapasiteit, vaardighede en kundigheid
Kyk ook gerus na die inligting oor akwakultuur op die webtuiste van TradeInvestSA
– www.tradeinvestsa.co.za – of bel 021 657 6200.
8. Internasionale sakeomgewing
Akwakultuur is een van die voedselproduksiestelsels wat die vinnigste in die
wêreld groei. Tog dra Afrika, met al sy hulpbronne, minder as 1% by tot
wêreldproduksie. Suid-Afrika dra slegs 1% tot die kontinent se produksie
by.
Statistiek van die Akwakultuurvereniging van Suider-Afrika toon dat die
wêreldwye akwakultuurbedryf 30% tot die totale produksie van vis as
voedsel bydra en $52 miljard werd is.
Akwakultuur het die afgelope 20 jaar wêreldwyd teen 8 tot 9% per jaar
gegroei.
Vanuit ’n wêreldwye perspektief word akwakultuurontwikkeling voortgedryf
deur
• markkragte: vraag en aanbod
• die diversifisering van die ekonomiese basis
• die volhoubare gebruik van hulpbronne
• die soeke na voedselsekuriteit
Die kommersialisering van akwakultuur en die ontwikkeling van
geassosieerde tegnologieë is hoofsaaklik deur Eerstewêreldlande in Asië,
Europa en Noord-Amerika begin en het sedertdien uitgebrei om ’n aantal
ontwikkelende lande in Suidoos-Asië en Suid-Amerika in te sluit.
Die daarstelling van kommersiële akwakultuur in ontwikkelende
lande hang hoofsaaklik van die gebruik van die natuurlike, menslike
en energiehulpbronne van die ontwikkelende land af. Aangesien
Eerstewêreldlande die tegnologie en kapitaalbelegging verskaf, is produksie
grotendeels op winsgewende eerstewêreldmarkte gemik. Dit lei dikwels
tot ’n situasie waarin ontwikkelende lande ’n beperkte aandeel in die
binnelandse akwakultuurontwikkeling of -onderneming kry vergeleke met
sake- of tegnologiese vennote in Eerstewêreldlande.
Ontwikkelende lande moet daarna strewe om die tegnologieë, vaardighede
en finansies te verkry wat hulle in staat sal stel om die inisiatief en
verantwoordelikheid vir plaaslike akwakultuurontwikkeling te neem, sodat
hulle ’n billiker aandeel aan die volhoubare gebruik van hul natuurlike,
menslike en energiehulpbronne (en aan ekonomiese groei) kan verkry.
Nepad
D