Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 542

540 Daar was ’n verskuiwing in die individuele tonnemaat van produsente namate kleiner produsente uitgesak het en groter produsente by verhoogde kapasiteitsbesparinge in hul ondernemings gebaat het. Daar word verwag dat die bedryf met 2 tot 3% per jaar sal groei. die Karibameer is (www.lakeharvest.com). Die verskuiwing van die spesie van Afrika na Asië en Sentraal-Amerika het gelei tot die ontwikkeling van aansienlike nywerheidsektore in daardie gebiede vir verskaffing aan eerstewêreldmarkte in Asië, Europa en Noord-Amerika. Die sportvissery- en verwante ekotoeristebedrywe het tot ’n belangrike sektor uit eie reg ontwikkel, en lewer ’n belangrike ekonomiese bydrae tot die landelike gebiede van KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Mpumalanga. Forelle is geskik vir die produksie van ’n wye reeks produkte met toegevoegde waarde. Ongeveer 60 tot 70% word in die voedseldienstesektor verkoop en 30 tot 40 % in die kleinhandelsektor. Direkte verkope aan plaaslike markte speel ook ’n belangrike rol in die bemarking van hierdie produkte. Forel-ova word ook gereeld in die wintermaande uit Suid-Afrika uitgevoer. Plaaslike telingsmetodes vir kurper varieer van ekstensiewe tot hoogs intensiewe boerderystelsels. Daar is ongeveer 15 kurperprodusente in Suid-Afrika, waarvan die meeste (10) in die warmer noordelike en oostelike gebiede van Suid-Afrika geleë is. Die sektor omvat ook ’n aansienlike informele sektor, waarvan die produksie moeilik is om te bepaal. Verskeie kleinskaalse bedrywe en proeffase bedrywe is oor die afgelope paar jaar begin. Teling in konvensionele oopwaterstelsels word belemmer deur die koue winterklimaat, aangesien temperature van minder as 24°C in groot dele van Suid-Afrika voorkom. Die sektor kan in ’n mate staatmaak op diensverskaffers wat ander sektore bedien, alhoewel die geografiese verspreiding en geassosieerde logistiek ’n paar probleme in hierdie opsig veroorsaak. Diensverskaffers soos voerverskaffers, broeidienste, toerustingverskaffers, veeartsenykundige dienste en verwerkers word goed in Mpumalanga en die Wes-Kaap verteenwoordig. Produksiekoste is oor die algemeen hoër as in Europa weens minder gunstige kapasiteitsbesparinge. Skommelinge in die waarde van die rand en sikliese ooraanbieding op wêreldmarkte beïnvloed dikwels die plaaslike bedryf weens mededinging van plaasvervangerprodukte soos ingevoerde salm uit die Stille en Atlantiese Oseane. Die sektor slaag egter daarin om stabiliteit en mededingendheid te handhaaf, veral wat produkte met toegevoegde waarde betref. Seevisboerderyvereniging van Suid-Afrika (MFFASA) Andre Bok (voorsitter) [email protected] Verskeie ondernemings het belê in boerdery met seevis in Suid-Afrika. Espadon Marine en Pure Ocean boer met beide koi en geelstert met verskeie ander ondernemings wat binnekort in hul spore sal volg. Ir vin & Johnson het ’n seevis teelplaas by Danger Point , Gansbaai opgerig, en as hul OIB eers voltooi is beplan hulle om hokke op te rig in Mosselbaai vir die grootmaak van dieselfde spesies. Die tegnologie vir die broei en grootmaak van seevis is meer ingewikkeld as hul varswater teëvoeters en die bestuur moet beter opgelei word. Intreevlak belegging is ook enorm teen rondom R15m. seevis- boere produseer vis om die bestaande en groter wordende gaping tussen die beskikbaarheid van tradisionele visspesies en die groeiende vraag te voorsien. As sodanig word die vis wat hul produseer goed geëien en die vraag is groot en in die meeste gevalle is die prys ook hoog. In Suid-Afrika kom toestande wat gunstig is vir die teling van garnale slegs in die noordoostelike kusstreke van KwaZulu-Natal, en selfs daar kom hul suboptimaal voor. Daar was slegs een kommersiële produsent in SuidAfrika, naamlik Mtunzini Prawn Farms (Edms) Bpk (wat handel gedryf het as Amatikulu Prawns). Hul plase was geleë op die uitmondings van die Umlalazi (Mtinzini)- en Amatikulurivier. Mtunzini Prawn Farms is egter in 2003 gelikwideer toe die versterkende rand wat hul produk nie-mededingend op wêreldmarkte gemaak het. ’n Onderneming was besig om garnale in Coega te teel, oos van Port Elizabeth. Hierdie onderneming was gebaseer op hiperintensiewe, nuluitruilingstegnologie wat internasionaal nuut was; derhalwe werk hulle agter geslote deure. Die beleggers was tevrede met die uitkoms van die proeffase en het ’n belegging van R9.2bn bekendgestel toe die onderneming gesluit is omdat die moederonderneming betrokke geraak het by hofverrigtinge. Suid-Afrikaanse Tilapia Boerevereniging Tel: 011 659 2533 www.thetilapiasite.co.za Die kurperbedryf in Suid-Afrika, wat nog in sy beginfase verkeer, geniet wydverspreide belangstelling vanuit verskeie sektore van die plaaslike ekonomie en die buiteland. Kurper geniet wydverspreide aanvaarding op wêreldmarkte en is tans naas karp die vinvisspesie wat die tweede meeste in die wêreld geteel word. Die vernaamste kurperspesies (Oreochromis niloticus, O. aureus, O. mosambicus) is almal inheems eie aan Afrika, wat ’n aanduiding gee van hoe geskik omgewingsomstandighede en natuurlike hulpbronne is. Omdat Afrika se produksie hoofsaaklik op informele plaaslike markte en huishoudelike voedselsekuriteit fokus, dra dit in hierdie stadium baie min tot wêreldmarkte by, hoewel daar ’n groot projek by Daar is groot potensiaal vir die toekomstige ontwikkeling van kurperakwakultuur in die gebied, beide wat bestaansboerderystelsels betref en as ’n uitvoerkommoditeit. Die grootste hindernis vir die groei van die kurperbedryf in Suid-Afrika is die onwettige status van alle spesies buiten O. mossambicus, wat te stadig groei om kommersiële belegging te regverdig. O. niloticus groei teen ongeveer twee maal die spoed van O. mossambicus en was die fokus van internasionale genetiese verfyning, wat hierdie spesie se gepastheid vir akwakultuur verder verbeter het. Totdat hulle wettig verklaar word vir teling in Suid-Afrika, sal die kurperbedryf marginaal bly. Hierdie spesie is as gevolg van sy gehardheid ’n hoogs geskikte spesie vir gemeenskapsprojekte. Weens wysigings wat tans aan die tersaaklike wetgewing aangebring word, behoort produsente binnekort om permitte aansoek te kan doen om met O. niloticus te boer, en dit behoort die groei van die bedryf te stimuleer in gebiede waar sulke permitte verkry word. Katvis. Catfish Supreme (sien opskrif 3) bedryf vyf kommersiële versterkte hersirkuleringseenhede wat oor In wye geografiese gebied (insluitende Limpopo, Mpumalanga en Noordwes) verspreid is. Hierdie plase het ’n totale kapasiteit van 1 000 ton per jaar teen ’n potensiële waarde van ongeveer R16 miljoen, hoewel weinig tans geproduseer word. Katvis kan teen ’n plaashekwaarde van R14/kg in Suid-Afrika, maar ondanks sy enorme akwakultuurpotensiaal het hierdie spesie nie ’n sterk vastrapplek in Suid-Afrika of Europa verkry nie. Plaaslike produksie vind op klein skaal plaas en lewer aan gelokaliseerde markte. Die oester- en mosselsektore is die afgelope paar jaar deur bestendige groei gekenmerk. Die produksie van oesters en mossels is tans beperk tot die gebiede van Algoabaai, Knysna, Saldanhabaai en Alexanderbaai/Port Nolloth. Bestaande projekte is op die uitbreiding van produksie gemik om in die plaaslike vraag te voorsien, terwyl die potensiaal van nuwe ondernemings ook ondersoek word. Aansienlike hoeveelhede mossels word egter nog na Suid-Afrika ingevoer. Daar word verwag dat die sektor sy produksie oor die volgende drie jaar sal verdubbel, alhoewel geskikte kusgebiede beperk is. Probleme wat gepaardgaan met ’n kusmoniteringsprogram vir skadelike algeblomme en ander faktore wat voedselveiligheid raak, kniehalter die uitvoerpotensiaal van hierdie sektor. Krokodille Die Suid-Afrikaanse Krokodilboerevereniging (SACFA) Tel: 012 807 4100 www.sacfa.co.za ’n Inkomste kan nie net verdien word uit die verkoop van velle, vleis en pas uitgebroeide krokodille nie, maar ook uit die toerismemark. SACFA bevel gewoonlik net een aan (produksie vir uitvoer of toerisme), aangesien die teikenmark die metodologie en deskundigheid wat vereis sal word bepaal. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) :e Plaasdier-eenheid werk saam met die Krokodilboerevereniging en albei partye het byeengekom om ’n praktykkode met behulp van die SABS te formuleer. Hierdie kode skryf minimumstandaarde vir die bedryf voor en sal van toepassing wees op alle partye wat krokodille aanhou of in gevangenskap teel, insluitende parke vir toeriste. Besoek www.nspca.co.za.