539
lewende hawe
Akwakultuur
1. Oorsig
In Suid-Afrika verkeer akwakultuur nog in sy ontwikkelingsfase. Dit
is ’n onderbenutte mark met groot potensiaal vir werkskepping en
voedselsekuriteit.
Akwakultuur in hierdie land bestaan hoofsaaklik uit varswaterspesies
(soos forel, krokodil, ornamentele visse, katvis en kurper) en seespesies
soos perlemoen, vis, garnale, oesters en mossels. Kandidaatspesies soos
witsteenbras, kreef, knorder, tarbot en seewier word nog ondersoek.
Varswaterspesies word oor die algemeen in hersirkuleringstelsels,
gronddamme, hokke of leikanale geteel; terwyl soutwatervisse in
hersirkuleringstelsels of hokke in beskutte inhamme geteel word.
Seeskulpdiere word met behulp van vlotte of langlynmetodes geteel, en
perlemoen word geproduseer in tenke waardeur seewater deurentyd
gepomp word. Die tegnologie en dienste vir spesies soos ornamentele vis,
kurper, forel, krokodil, katvis, perlemoen, garnale, oesters en mossels is
goed gevestig, en word verbeter vir spesies soos swaanmannetjies, geelstert
en seewier.
Die belangrikste gebiede vir die teling van warmwaterspesies (insluitende
katvis, kurper, karp en ornamentele visse) is die Limpopo-provinsie, die
Laeveld van Mpumalanga en noordelike KwaZulu-Natal. Forelboerderye
word in die hoë berge van die Lydenburg-area, in die Kwazulu-Natal,
Drakensberg en in die Wes-Kaap aangetref. Tevore is daar op twee plekke
in Zoeloeland met seegarnale geboer, maar weens die sterk rand en
goedkoop invoere moes hierdie fasiliteite in 2003 gesluit word. Gevolglik
is ’n superintensiewe garnaalproduksieprojek bekend gestel naby Port
Elizabeth, maar dit het ook in duie gestort, soos verstaan word, as gevolg
van riskante finansiële transaksies.
Perlemoen is die groot suksesverhaal van die Suid-Afrikaanse akwakultuur.
Dit het gegroei van ’n totale produksie van geteelde perlemoen van minder
as 100 kg in 1996 tot ongeveer meer as 1 000 ton in per jaar sedert 2008,
met ’n uitvoerwaarde van US$32 miljoen (R256 miljoen). Hierdie spesie is
’n gesogte en duur voedselsoort in Suidoos-Asië, maar die internasionale
wilde bevolking het radikaal afgeneem as gevolg van stropery.
Die wêreldtendens om met seevisspesies te boer, het ook ’n belangrike
nuwe fokus in die Suid-Afrikaanse akwakultuur geword. Tot dusver
word slegs twee maatskappye bedryf, maar ’n aantal ander seevisboerderyondernemings word tans beplan of is in die vroeë stadiums van
bekendstelling.
• Akwakultuur – die teling van waterorganismes vir menslike
verbruik, ornamentele gebruik of farmaseutiese gebruik
• Marikultuur – die teling van mariene organismes
• Akwaponika – die kombinering van akwakultuur en hidroponika
binne ’n enkele stelsel waarin die plante visafval as ’n voedingsbron
gebruik, terwyl die water gesuiwer word vir die vis.
2. ’n Kykie van naderby
Wateruintjies (Aponegeton distachyos). Hierdie sektor is gefragmenteer
en informeel van aard, wat die verspreiding van data bemoeilik. Dit wil
voorkom asof die sektor deur die toename in toerisme in die Wes-Kaap
gestimuleer word, en produkte kan al meer in spesialiswinkels en ander
kleinhandelafsetpunte bekom word.
Goudvisse (Carrasius auratus) het ’n bestendige toename in plaaslike
kleinhandelverkope getoon, maar die oorgrote meerderheid van hierdie
visse word uit die Verre Ooste en Israel ingevoer. Vandag word ongeveer
85% van die goudvisse wat in Suid-Afrika verkoop word, ingevoer, omdat
plaaslike produsente sukkel om met goedkoop invoerevan sekere variëteite
mee te ding.
Die afname in die produksie van ornamentele Koi-karper (C. carpio) in
2004 is veroorsaak deur ’n hewige wêreldwye en plaaslike uitbraak van die
Koi-herpesvirus, wat ’n nadelige uitwerking op sowel plaaslike produksie as
wêreldwye handel in Koi gehad het. Dit wil egter voorkom asof die sektor
van hierdie terugslag herstel het. Die meerderheid hoëwaarde-koi word
ingevoer, en die laer grade word uit invoere en plaaslike produksie verkry.
Hierdie sektor bied beduidende geleenthede vir bykomende produsente
waar ander goedkoper geproduseer kan word as die koste op invoer wat
sekere variëteite betref, ander variëteite kan goedkoper geproduseer word
as die koste van invoere.
Weinig ontwikkeling is aangemeld vir ander ornamentele visspesies
veral sedert die sluiting va n grootskaalse ondernemings in KwaZulu-Natal
in 2003. Die sektor wentel grotendeels om kleinskaalse produksiestelsels,
stokperdjiebeoefenaars en informele handel, alhoewel daar groot potensiaal
is vir investering en indiensneming om plaaslike produkte te produseer
om ingevoerde produkte te vervang. Daar word beraam dat 250 dose
ornamentele vis in 2006 weekliks na Suid-Afrika ingevoer is – wat minstens
twee-derdes verteenwoordig van die vis wat in die land verkoop word.
Weinig ontwikkeling vind tans met betrekking tot die spesies baars
(Micropterus salmoides), karp (Cyprinus carpio) en harder (Mugulidae)
plaas, alhoewel daar vooruitsigte vir al drie bestaan.
Perlemoenboerevereniging van Suider-Afrika (AFASA)
Wayne Barnes (President)
Tel: 021 785 1477
[email protected]
Perlemoenboere word verteenwoordig deur die Perlemoenboerevereniging van Suider-Afrika (AFASA). AFASA is ’n baie aktiewe
produsentevereniging wat navorsing bevorder om algemene probleme
op te los en verskeie projekte onderneem om die belange van
perlemoenboere te bevorder.
Ongeveer 100 perlemoenspesies kom wêreldwyd voor, en sommige van
hierdie spesies is baie gewild in die Verre Ooste, waar dit ’n belangrike deel
van tradisionele spyskaarte is. Die Suid-Afrikaanse spesie, Haliotis midae,
word goed in hierdie markte ontvang, danksy die uitstekende smaak en
tekstuur asook die wit kleur van die vleis.
Die suksesvolle kunsmatige teling van die spesie Haliotis midae het gelei
tot die vestiging van omtrent 15 kommersiële plase in Suid-Afrika sedert
die 1990’s, en verdere terreine word tans deur potensiële beleggers
ondersoek. Dit duur drie jaar voordat perlemoen die markgrootte van 100g
of In lengte van 80 mm bereik. Tans word daar in Suid-Afrika ongeveer
1 000 ton lewende massa per jaar geproduseer, met ’n plaashekwaarde
van R256 miljoen. Ongeveer 70 ton word as ingelegde produkte uitgevoer
en die res hoofsaaklik as lewende perlemoen. Alhoewel winsgewendheid
deur skommelinge in die randwisselkoers beïnvloed word, het die prys van
geteelde perlemoen stabiel by ongeveer $32/kg lewende massa gebly. Die
langtermynvooruitsigte van die bedryf lyk dus aanloklik.
Dienste aan die sektor (soos voer- en saadverskaffing, veeartsenykundige
dienste, toerusting, verwerking, ens.) is betreklik goed gevestig en verbeter
steeds. Alhoewel sommige plase slegs kelp as voer gebruik, gebruik
die meeste plase beide kelp en ’n geformuleerde kunsmatige voer. Die
perlemoenbedryf lewer ’n belangrike bydrae tot die sosio-ekonomiese
ontwikkeling van kusgemeenskappe.
Forelvereniging van die WesKaap
Tel: 023 614 3063
Krijn Oord – 072 245 7605
Forum vir Forelprodusente in
Mpumalanga
Tel: 013 235 1248
[email protected]
Forel. Die vier hoofproduksiegebiede is Mpumalanga (500 ton, 14 plase),
die Wes-Kaap (450 ton, 14 plase), KwaZulu-Natal (150 ton, 4 plase) en
die Oos-Kaap (20 ton, 3 plase). ’n Verskeidenheid produksiestelsels soos
hokke, gronddamme, leikanale en ronde damme word vir teling gebruik.
Vingerlinge, voer en produksietegnologie is geredelik beskikbaar, en
marktoegang is die hooffaktor wat die groei van die bedryf reguleer.