Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 537

535 akkerbou & tuinbou Weiding vir lewende hawe 1. Oorsig “Veevoer” verwys na voeding wat aan diere gegee word, in teenstelling met dit wat hulle self bekom. Dit sluit in hooi, strooi, kuilvoer, saamgeperste en korrelvoer, olies en gemengde rantsoene, graansoorte en peulgewasse. “Weiding” (voer) beteken tradisioneel plantmateriaal wat geëet word deur vee wat wei – weiveld, gewasreste, onvolgroeide graangewasse – maar word deesdae meer vrylik gebruik om dít in te sluit wat vroeër deur “veevoer” aangedui is. Spesienaam Algemene naam Oesreste is belangrike bron van voer in die winter. In die meer droë sentrale en westelike gebiede van die land, het die boer gewoonlik klein areas waar hulle droogtebestande voergewasse plant om reserwe voer te voorsien wanneer daar ‘n droogte is. Die vestiging en bestuur van aangeplante weiding is ’n baie gespesialiseerde bedryf. Die keuse van spesies of kultivars, die voorbereiding van die korrekte saadbedding, saaityd, saaidiepte en -digtheid en bemesting is voorbeelde van aspekte wat in oorweging geneem moet word. Grasse word dikwels met ander grasspesies of met peulgewasse soos Lusern gemeng. Die verbouing van weiding (op droë grond) kan nietemin soveel as vier keer meer as natuurlike veld produseer word en speel ’n belangrike rol in veeteelt. Die grafiek hieronder is verskaf deur Frits van Oudtshoorn se Gids tot grasse in Suid-Afrika. Besoek www.alut.co.za of skakel 014 717 3819/078 228 0008 vir meer inligting oor die boek of die opleiding en konsulteerdienste wat beskikbaar is. Grond Reënval per jaar Aanwending Acroceras macrum Nylgras Klam 625-1500mm Weiding Andropogon gayanas Blougras Sandleem 400-1400mm Weiding Anthephora pubescens Borsetjiegras Sanderig 300-650 mm Weiding Brachiaria brizantha Broodsinjaalgras Die meeste grondsoorte 500+ Weiding, soms as hooi en kuilvoer Cenchrus ciliaris Katstertbuffelgras Die meeste grondsoorte 375-750mm Weiding, soms as hooi Chloris gayana Rhodesgras Die meeste grondsoorte 600-750mm Weiding, soms as hooi Cynodon dactylon Gewone kweekgras Die meeste grondsoorte 625-1750mm Weiding, soms as hooi Cynodon nlemfuensis Reuse kweekgras Die meeste grondsoorte 650mm + Weiding Dactylis glomerata Kropaargras Die meeste grondsoorte 900mm + Weiding en hooi Dactyloctenium giganteum Reuse hoenderspoor Sanderige grond 450mm + Weiding en hooi Dichanthium annulatum Vleivingergras Kleigrond 500-900mm Weiding en hooi Digitaria enantha Gewone vingergras Meestal sanderig 500mm + Weiding, soms as kuilvoer Eragrostis curvula Oulandsgras Meestal sandleem 600-1000mm Weiding en hooi Eragrostis lehmanniana Knietjiesgras Sandleem 250-500mm Weiding en hooi Eragrostis tef Tef Meestal sandleem 500mm + Hooi en weiding Festuca elatior Langswenkgras Meestal klam grond 750mm + Winterweiding, kuilvoer, hooi Hemarthria altissima Rooivleigras Nat grond 500mm + Meestal weiding Lolium multiflorum Italiaanse rooigras Die meeste grondsoorte 900mm + Weiding (winter) Lolium perenne Meerjarige rooigras Die meeste grondsoorte Slegs besproeiing Weiding (winter) Panicum coloratum Makarikari-buffelsgras Kleigrond 500-1000 mm Weiding, soms as hooi Panicum maximum Gewone buffelsgras Vrugbare leem 550-600 mm Weiding, hooi en kuilvoer Panicum repens Kweekbuffelsgras Nat sanderig 500 mm + Weiding Paspalum dilatatum Gewone paspalum Nat kleigrond 750-1250mm Meestal weiding Paspalum notatum Bahia-paspalum Klam sanderig 750-1000mm Weiding Paspalum scrobiculatum Veld-paspalum Klam grond 900 mm + Weiding, hooi en kuilvoer Pennisetum glaucum Babalagras Klam sanderig 125-700mm Weiding en kuilvoer Pennisetum clandestinum Kikoejoegras Vrugbare grond 700-1600mm Weiding Pennisetum purpureum Olifantsgras Vrugbare grond 600-1500mm Weiding en kuilvoer Phalaris aquatica Kanariesaadgras Klam grond 400mm + Weiding (winter) Setaria sphacelata Gewone setaria Vrugbare sandleem 700-1700mm Weiding en kuilvoer Sorghum bicolor & S.halepense Wildegraansorghum & Johnson-gras Die meeste grondsoorte 400-750mm Weiding en kuilvoer Urochloa mosambicensis Bosveldbeesgras Sandleem 600-1200mm Weiding en hooi Urochloa oligotricha Meerjarige urochloa Sandleem 700-1500mm Weiding en hooi