536
2. Vir die nuwe toetreder
Wanneer ’n boer die beste weidingsgewas moet aanplant, is dit belangrik
om die volgende faktore in ag te neem:
• Is die weidingsgewas geskik vir die grond en klimaatstoestande?
• Vir watter soort dierproduksie gaan die weidingsgewas gebruik word?
Byvoorbeeld, gaan dit gebruik word vir melkproduksie, om speenlinge
vet te voer of die instandhouding van guskoeie, ensovoorts?
• Wat is die voordele en nadele van ’n bepaalde weidingsgewas, en hoe
pas hierdie eienskappe in by die huidige veeboerderypraktyke?
• Hoe veelsydig is ’n weidingsgewas en kan dit vir meer as een doel
gebrui k word?
• Verseker dat genoeg weiding aangeplant word om in die vee se
behoeftes te voorsien. Dit is beter om jou beplanning volgens ’n
konserwatiewe gewasopbrengs te doen en vir ’n surplus voorsiening
te maak.
• Waar intensiewe weidingsgewasse onder besproeiing verbou word,
moet gewasse geplant word wat goeie opbrengs lewer en ’n hoë
voedingswaarde het. Besproeiing is duur en dit is noodsaaklik om te
streef na optimale gewasopbrengs en optimale benutting.
• Voor toediening, maak seker dat u weet wat die kunsmisvereistes vir
die weidingsgewasse is, wat die korrekte toedieningstye is en hoe om
enige grondvoedingstekorte reg te stel.
• Waar moontlik, plant meer as een weidingsgewas, veral meerjarige
grasse, ten einde risiko te versprei en ’n beter voervloeiprogram te
skep. Geskikte gras- of peulmengsels kan ’n belangrike rol in hierdie
verband speel.
• Plant weidingsgewasse om bronne van natuurlike weiding asook
veldgewasreste aan te vul en om die beste voordeel uit al hierdie
bronne van diervoedsel te kry.
• Gebruik van intensiewe weivelde, veral dié onder besproeiing,
kan tot interne parasiet- en swamsiekteprobleme onder vee lei. ’n
Doeltreffende doseringsprogram behoort gevolg te word en, in die
geval van skape en melkkoeie, moet voorkomende maatreëls teen
vrotpootjie getref word.
Bron: Forage Crop Production Guide deur Pannar Seed Edms.) Bpk. Hierdie uiters
nuttige dokument kan op www.pannar.com aangetref word.
Sericea Lespedeza, algemeen bekend as “poor man’s Lucerne”, is ’n
peulplant wat in die somer groei wat Eragrostis curvula effektief kan
vervang.
Net soos eragrostis curvula groei sericea goed in ou minder vrugbare lande
waarvan die humus uitgeput is. Sericea vaar egter beter as eragrostis op
vlak grond. Verlate lande wat bevredigende opbrengste van eragrostis kan
lewer kan nou omskep word in produktiewe sericea weiveld.
Om ’n eenvoudige rede. Eragrostis benodig stikstof en om grasweiveld op
vlak grond te bemes is ’n swak belegging wat hoë risiko dra – indien dit nie
reën nie sal u stikstof verlore gaan. As ’n peulplant vereis sericea nie stikstof
nie, is dit uiters droogtebestand en sal dit ’n goeie veevoeropbrengs
produseer op relatief onvrugbare grond met geen bemesting nie.
Bron: “Why it’s time to change to sericea”, ’n artikel deur John Fair in Farmer’s
Weekly, Vind dit by www.farmersweekly.co.za.
3. Belanghebbendes
Verenigings en NRO’s
Die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika (GSSA)
Tel: 049 842 4335 / 083 256 7202
www.grassland.org.za
Die GSSA bevorder veld ekologie en weidingsbestuur in Afrika, deur middel
van ’n dinamiese en professionele kongres wat elke jaar in Julie gehou word
waartydens huidige navorsing aan ’n gemengde gehoor van wetenskaplikes,
praktisyne en konsultante voorgelê word. Die kongres sluit veldtoere in
na praktiese demonstrasies van weidingkunde in die praktyk asook spesiale
boere inligtingsdae en kursusse.
Die GSSA publiseer die internasionaal erkende African Journal of Range
and Forage Science en gewilde Grassroots publikasie. Die webtuiste van
die vereniging bevat alle vorige publikasies van Grassroots asook ’n
ondersoekbare databasis van literatuur, wat toepaslik is op alle aspekte
van grasveldwetenskap.
Grasveldwetenskap sluit ook toegepaste studieterreine soos lewende haweproduksie, wildlewebestuur, natuurbewaring, water-opvanggebiedbestuur
en die herwinning van veld en mynhope in. Dit sluit, onder andere,
dissiplines in soos ekologie, plantkunde, dierkunde, veld- en weidingkunde,
dierewetenskap, grondwetenskap en genetika in. Die GSSA, in samewerking
met ander organisasies, bied van tyd tot tyd inligtingsdae aan oor ’n reeks
onderwerpe en het onlangs ’n mentorskapprogram onthul om bystand aan
jong wetenskaplikes te bied.
Die GSSA hou ’n databasis van lede se kundigheid by vir die publiek wat
deskundige advies oor verskillende gebiede soek.
Nasionale Lusernorganisasie
Tel: 044 272 8991
www.lusern.org
Kry besonderhede oor SANSOR in die “Sade en saailinge” hoofstuk.
Insette en ondernemings
Verwys ook na www.sansor.org.za en die agri-ondernemings hooftuk.
• Agricol Tel: 021 981 1126 www.agricol.co.za
• Agricon Tel: 071 877 3324 www.agricon-pelleting.co.za
• Cango Engineering Tel: 044 272 3590 www.hammermills.co.za
• GENTAG Tel: 018 431 1287 www.gentag.co.za
• Hoogland Animal Feed Tel: 054 331 1835 www.alfalfa.co.za
• Hygrotech SA Tel: 012 545 8000 www.hygrotech.co.za
• INCOTEC South Africa Tel: 033 386 1560 / 071 352 1493 www.
proteios.nl
• Kaap Agri Tel: 022 482 8000 / 49 www.kaapagri.co.za
• Klein Karoo Seed Marketing Tel: 044 203 5180 www.seedmarketing.
co.za, www.pastureseed.co.za
• MBF International Tel: 082 738 0080 / 072 796 3793 www.mbfi.
co.za
• Multi Feeds Tel: 053 474 1848/9 [email protected]
• Pannar Tel: 033 413 9500 www.pannar.com
• Resource Consulting Services (SA) Tel: 058 622 1499 www.rcssa.com
• Richard Keenan SA (Edms) Bpk Tel: 033 330 3135
• Sensako Tel: 058 303 4690 www.sensako.co.za
• Stimuplant Tel: 012 802 0940 www.stimuplant.co.za
• Terratek Tel: 018 581 1000 www.suidwes.co.za
• Tree Lucern www.treelucerne.co.za
• Voer-Boer Tel: 082 890 9476 / 072 735 7000 www.voerboer.co.za
• W & P Dienste Tel: 051 853 1161 www.haybuster.com