531
4. Nasionale strategie en regeringskontakte
akkerbou & tuinbou
Kry meer besonderhede oor die verskillende direktorate van die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye by www.daff.gov.za.
Produkinspeksiedienste
Tel: 012 319 6100
Vrugte
Plantgesondheid
Tel: 012 319 6505/39
Voedselveiligheid en gehaltebeheer Plantproduksie
Tel: 012 319 6079
Tel: 012 319 7306
5. Belanghebbendes
Raadpleeg die verskillende hoofstukke oor tuinboukunde. ’n Aantal ander
hoofstukke is ook hier relevant, byvoorbeeld Saad en saailinge, Verpakking
en Varsproduktemarkte.
Suider-Afrikaanse Genootskap vir Tuinboukunde (SASHS)
www.sashs.co.za
’n Nasionale kongres van die Suider-Afrikaanse Genootskap vir Tuinboukunde
word elke 18 maande gehou om aan navorsers en studente die geleentheid
te bied om hul navorsingsbevindings aan ’n breër gehoor bekend te stel. Dit
dien ook as ’n ontmoetingsgeleentheid vir die departemente en instellings
wat betrokke is by tuinboukundige navorsing ten einde gemeenskaplike
sake te bespreek en te koördineer. Besonderhede van die volgende kongres
is beskikbaar op die webwerf.
Bedrywe wat deur die genootskap verteenwoordig word, sluit in sagtevrugte,
tropiese en subtropiese vrugte, ornamentele tuinbou en die blombedryf.
6. Publikasies en webtuistes
Soek vir hierdie opskrif in die onderskeie hoofstukke oor Tuinboukunde.
’n Aantal publikasies is beskikbaar op die webwerf van die Departement
Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) www.daff.gov.za (kies die
“Publications”-opsie). Hier ingesluit is die volgende:
• Daar is verskeie verbouer-publikasies (kies die “InfoPak” en
“Brochures”-opsies)
• Vir statistiek soek die mees onlangse Abstract of Agricultural Statistics
onder “Statistical Information”
• Soek die uitstekende “Agricultural Marketing Extension”-handleidings
onder “General Publications”. Een hiervan is Horticulture Marketing
Extension.
• Verskeie waardekettingontledings kan gekry word onder “Agriculture
marketing”
Ontledings van die tuinbousektor is ingesluit in die Bureau for Food and
Agricultural Policy (BFAP) se basislynpublikasie. Die basislyn is ’n maatstaf van
dit wat ingevolge ’n bepaalde stel veronderstellings kan gebeur. Scenario’s en
risiko-ontledings wat nie by die maatstaf ingesluit is nie, word as vertroulike
verslae vir individuele kliënte voorberei. Besoek www.bfap. 6