532
bedrywe soos die sitrusvrugte- en druiwebedrywe, het hulself egter
georganiseer deur bedryfsverteenwoordigende liggame te stig wat na die
belange van produsente en uitvoerders omsien ten einde uitvoervolumes
na spesifieke markte te optimaliseer en te koördineer.
3. Nuus oor opkomende boere
• Lees oor PPECB se SAPIP 2 program in die “Ondersteuning aan
opkomende boere” en “Voedselveiligheid en naspeurbaarheid”
hoofstukke.
• Kies die “Transformation”-opsie by www.hortgro.co.za vir inligting oor
die Deciduous Fruit Development Chamber (DFDC).
• Verwys na “Inligting vir nuwe boere” in die hoofstuk oor sitrusvrugte.
Die uitvoer van vrugte van die Wes-Kaapse Provinsie in Suid-Afrika na
markte in Europa, Noord-Amerika en Asië dra aansienlik by tot die
provinsie se Bruto Nasionale Produk. Min opkomende boere hierdie
mark betree. Dit kan toegeskryf word aan:
• Die historiese politieke ongelykhede wat die oorheersende bruin en
swart opkomende boere die hoof moet bied, veral die gebrek aan
toegang tot landbou-hulpbronne en insette, omdat wetgewing hulle
in die verlede uitgesluit het uit hoofstroom kommersiële boerdery.
• Die daaropvolgende onvermoë van opkomende boere om die
volumes, en soms ook die gehalte, wat vir uitvoer vereis word, te
produseer.
• Die belangrike invloed van skaalekonomie, wat dit feitlik
onmoontlik maak vir opkomende boere om ’n goeie wins te maak.
Insetprysbepaling en vervoerkoste beïnvloed mettertyd die finale
prys van die produkte wat gekweek word.
• Kommersiële boerdery is ’n uiters tegniese bedryf, en vereis in wese
ook finansiële en bestuursvaardighede. Die meeste opkomende
boere moet al drie hierdie vaardighede eers aanleer.
Die enkele kleinboere wat wel daarin slaag om hul vrugte uit te voer,
doen dit deur kollektiewe of individuele ooreenkomste met grootskaalse
kommersiële ondernemings. In die artikel Across the divide: the impact of
farmer-to-farmer linkages in the absence of extension services kyk Tim Hart
en Roberta Burgess na die geval van so ’n kleinboer wat in die afwesigheid
van landbou-uitbreiding en -navorsingsdienste, maar deur skakeling met
’n grootskaalse produsent, het die kleinboer in die 1970’s appels begin
uitvoer. Gedurende die daaropvolgende dekades het hy sy eie kennis en
innovasies in vrugteproduksie en sosio-ekonomiese indelings ontwikkel
en kon hy dus voortgaan om die grootste gedeelte van sy jaarlikse appeloes uit te voer.
Hierdie geval bied drie duidelike gevolgtrekkings waarvan diegene wat by
landbouontwikkeling betrokke is, moet kennis neem:
• ’n Boer se netwerk is deurslaggewend vir sy sukses en oorlewing.
Dit bied toegang tot verskillende insette en markte wat gewoonlik
onbereikbaar is.
• So ’n netwerk kan ook die nodige katalisator en geleentheid vir ’n
boer bied om innoverend op te tree, om daardeur die potensiaal van
hierdie netwerk te vergroot en later produksie binne die beperking
van sy omstandighede te optimaliseer.
In die lig hiervan, vereis doeltreffende landbou-uitbreiding en -navorsing
van amptenare en agente om nie alleen saam met boere te werk nie, maar
o