Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 532

530 stelsels aan te beveel vir groente en blaargewasse, omdat hulle daarvan hou om af en toe water op hulle blare te kry en ook baat by die verhoogde humiditeit wat deur oorhoofse besproeiing geskep word. - Geen organiese materiaal - Vry van enige patogene Kennis Sekere potensiële gewasse is nou deur middel van marknavorsing geïdentifiseer, maar sonder tegniese kennis oor die verbouing van die gewasse sal die projek nie suksesvol wees nie. ’n Mens moet vasstel of sodanige kennis beskikbaar is en teen watter koste. Die algemene kennis, vaardighede en vermoëns van diegene wat aan die projek werk, hetsy arbeiders, toesighouers of bestuurders, is belangrik ten einde in alle opsigte sukses met enige tuinbouprojek te behaal. Beskik die geïdentifiseerde werknemers oor die kennis en praktiese vaardighede? Watter koste is verbonde aan die verkryging van hierdie vaardighede en kennis? Ekonomie Die vereistes en behoeftes moet bepaal word vir elke gewas wat deur die marknavorsing geïdentifiseer is. Sekere gewasse groei byvoorbeeld beter onder skadunet, terwyl ander beter vaar in kweekhuise of tonnels. Die geld wat nodig is om ’n projek te begin, moet noukeurig bereken word. Verskillende tuinbougewasse stel verskillende kultiveringsvereistes wat verskillende koste-implikasies inhou. Verder is party gewasse dalk meer arbeidsintensief of verg dit die gebruik van duur masjienerie. Die aanvanklike kapitale insetkoste moet bereken word en indien mens dit nie kan bekostig nie, moet die volgende besluite oorweeg word: • Moet ek na bykomende kapitaal gaan soek, en wat sal dit kos? • Moet ek ’n gewas oorweeg wat minder insetkapitaal verg? • Moet ek ’n goedkoper terrein oorweeg terwyl ek steeds die voor- en nadele in gedagte hou? • Moet ek kyk na die kweek van ’n gewas waaroor meer kennis beskikbaar is en wat dus goedkoper is? Die ekonomie van die projek behels ook opbrengs op my belegging, produksiekoste, ensovoorts. Indien ek aan die presiese vereistes van die mark wil voldoen, bring dit ook koste mee, en ’n mens moet deeglik besin of die uitgawe dit werd is. Aangepas uit ’n artikel deur Johannes Maree. Kontak hom by [email protected] of skakel 082 564 1211. 3. Aantekeninge oor besproeiing Druip- of Oorhoofse besproeiing – wat is die beste? Die noodsaak van besproeiing is ’n gegewe, maar dit is nie altyd duidelik watter stelsel om te gebruik nie. Johannes Maree bring sekere aspekte na vore wat oorweeg moet word alvorens ’n finale besluit oor ’n besproeiingstelsel geneem word. Wanneer mens ’n tuinbou-onderneming aanlê, uitbrei of opgradeer, moet daar besluit word watter besproeiingstelsel die beste sal wees – drup- of oorhoofs? Met oorhoofs bedoel ons mikro-besproeiingstelsels wat oorhoofs of hoog bokant die plante opgestel word, maar stelsels wat grondlangs, of net bokant die grond loop, is ook beskikbaar. Wat is u watersituasie? Oor die algemeen word water in ’n drupsisteem meer effektief gebruik as in ’n oorhoofse stelsel. Laasgenoemde benat die paadjies, wat normaalweg 20-30% van die oppervlak beslaan, terwyl ’n drupstelsel die water slegs op di R