529
Moontlike strategies:
akkerbou & tuinbou
Tuinboukunde
Moet saam met hoofstukke soos, bessies, sitrus, snyblomme ens. gelees word.
1. Oorsig
• Tuinbou dek ’n verskeidenheid gewasse, insluitend groente, sekere
bome (bv vrugte-, neut- en tropiese bome), blomgewasse, kruie,
speserye, medisinale gewasse en natuurprodukte.
• Die studieterrein sluit boomkwekery, blomkwekery, groentekwekery,
pomologie (vrugte) en wingerdbou in.
• Tuinbougewasse, veral groente, word regdeur Suid-Afrika verbou. Die
suidwestelike en suidelike streke van die Wes-Kaap is hoofsaaklik geskik
vir sagtevrugte, druiwe, wyn en groente; die laagliggende subtropiese
gebiede van Mpumalanga en Limpopo vir subtropiese gewasse, sitrus
en groente; en die Upington-gebied vir druiwe en wyn.
• Die groentebedryf is, wat sowel produksie as waarde betref, die
grootste in die tuinbougroep. Suid-Afrika is selfvoorsienend met
betrekking tot groenteproduksie, en voer vars en verwerkte groente
uit.
• Tuinbou oorheers ons uitvoerhandel in landbouprodukte.
• Arbeid is die belangrikste produksiekomponent by vrugte- en
groenteverbouing en kan tot 55% van die totale produksiekoste
beloop.
• Die toenemende produksie van tuinbouprodukte het ’n uitkringeffek
op baie ander verwante bedrywe soos die produksie van papier en
verpakking, vervoerdienste, misstofverskaffing, hawedienste en
kleinsake-smousery in stede.
2. ’n Model vir tuinboukundige produksie
Ten spyte van sy groeipotensiaal het die tuinboubedryf ook te kampe met
heelwat uitdagings. Een so ’n uitdaging is die lang tyd wat dit duur vir boere
om in hierdie sektor gevestig te raak, veral wanneer hulle met boomgewasse
en boorde te doen het. Vanweë ’n wagtydperk van vier tot vyf jaar voordat
die boer ’n goeie opbrengs op sy investering kan verwag, moet boere
dikwels op gemengde boerdery staatmaak om ’n standhoudende inkomste
te verseker.
Hierdie model van Johannes Maree het ten doel om die vernaamste faktore
en prosesse in die vestiging van ’n suksesvolle tuinbouprojek uit te lig. Die
idee met die model is om te help met die formulering van die aanvanklike
beplanning. Dit is dus ’n strategiegebaseerde model wat fokus en rigting aan
die beplanning van ’n projek moet verleen.
Mark
Die belangrikste fokus vir enige tuinbouprojek is die mark of markte. Daar
is geen sin in om ’n produk te kweek om dit weer te verkoop (aanbod) as
daar nie ’n mark (aanvraag) daarvoor is nie. Die beoogde markte kan enige
van die volgende wees:
• persoonlike verbruik
• voeding van en voorsiening aan die onmiddellike (plaaslike)
gemeenskap
• plaaslike mark (onmiddellike omgewing van die projek)
• plaaslike provinsiale mark
• nasionaal
• uitvoer (buurlande – padvervoer; oorsee – lug- of seevrag)
Wanneer ’n mens na die verskillende potensiële markte kyk, behoort hulle
eers geklassifiseer te word met betrekking tot die afstand vanaf die bron van
die beoogde tuinbouproduksie.
Markte kan óf algemene óf nismarkte wees. Dit is belangrik om eers te
bepaal watter markte beskikbaar is en wat hul behoeftes en vereistes is.
Probeer om aan die mark se vereistes te voldoen. Lewer dit wat die mark
verlang, nie wat u dink hulle wil hê nie.
• verkoop aan bure
• verkoop aan die plaaslike mark
• voorsien aan die verwerker (kyk na “Maatskappye wat betrokke is” in
die verskillende hoofstukke oor tuinboukunde, asook die afdeling oor
landbouverwerking)
• verskaf aan besoekende smouse of bakkie-handelaars
• verskaf aan nasionale varsproduktemarkte
• buitestedelike tuinbouproduksie
• verskaf ingevolge regeringskontrak
• die kweek van gewasse vir varsprodukte-uitvoer (raadpleeg die
verskillende afdelings oor uitvoer)
• kontrakboerdery
Produk
Oorweeg aanvanklik ’n paar potensiële produkte (die produk is dit wat u
gaan produseer) op grond van marknavorsing en deur vas te stel wat die
behoeftes en eise van die mark is.
Terrein
Die terrein is die perseel waar u die geïdentifiseerde produk gaan produseer.
Die kies van ’n produksieterrein is baie belangrik en die moontlikhede
behoort deeglik ondersoek te word voordat u met die projek begin.
Prosesse waardeur ’n mens behoort te werk wanneer jy ’n potensiële
terrein identifiseer, is:
Prosesse waardeur ’n mens behoort te werk wanneer jy ’n potensiële
terrein identifiseer is:
• Bepaal die produkvereistes. Bepaal die klimaatsvereistes vir elk
van die geïdentifisee &FRvWv76R