527
Malawi, Maleisië, Meksiko, Pakistan, Portugal, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda,
die VSA, Zambië en Zimbabwe.
Die jongste landboustatistiekverslag is by www.daff.gov.za beskikbaar.
Tabak maak deel uit van hierdie verslag oor landbouproduksie, invoere en
uitvoere.
Kry die Development Delivery International (DDI) verslag op die verbouing
van tabak by http://ddinternational.org.uk.
Onlangse navorsing het getoon hoe tabak aangewend kan word op wyses
wat verskil van die tradisionele:
• In die Filippyne word tabakpulp vir papiervervaardiging gebruik.
• In Kanada word navorsing oor tabak as ’n moontlike bron
vir biobrandstof wat potensieel as plaasvervanger vir
petroleumgebaseerde brandstof gebruik kan word, gedoen.
• In Australië onderneem wetenskaplikes “molekulêre boerdery” om
vitronektien uit tabakplante te onttrek. Dit is bekend dat hierdie
proteïen selgroei bevorder en potensieel in kankerterapie en
wondgenesing gebruik kan word. Daar is bevind dat tabak veiliger
is as diere wat die onttrekking van proteïene betref, want diere kan
virusse huisves wat op mense oorgedra kan word. Hierbenewens
word beweer dat tabak die maklikste plant is om geneties te
modifiseer en die ideale kandidaat vir hierdie tipe navorsing is,
aangesien dit vinnig groei en ’n miljoen sade per plant kan oplewer.
• In die VSA het ’n groep wetenskaplikes tabakplante geneties
gemanipuleer om ’n entstof teen die virus wat ernstige
asemhalingsindroom (Eng: SARS) veroorsaak te produseer, terwyl ’n
ander span wetenskaplikes ’n entstof ontwikkel het wat ape teen
die Ebola- en Marburg-virus beskerm. Nog ’n span wetenskaplikes
het daarin geslaag om immuniserende proteïene uit tabak te onttrek
vir ’n entstof teen die pes. Hoewel hierdie drie entstowwe nog nie
vir menslike gebruik beskikbaar is nie, bestaan die moontlikheid dat
ekonomieslewensvatbare entstowwe geproduseer kan word teen
siektes waarvoor daar geen bekende geneesmiddels bestaan nie.
Ook in die VSA word navorsing by ’n biotegnologie-maatskappy
gedoen met die oog daarop om die tabakblaar geneties te modifiseer
ten einde ’n proteïen te kloon wat in twee MIV-stamme opgespoor
is.
Bron: www.tobaccoleaf.org. Vind ITGA se aanbieding oor alternatiewe gewasse.
3. Plaaslike sakeomgewing
Die jaarverslag by www.tobaccosa.co.za verskaf die jongste inligting oor die
stand van die bedryf.
Tabakproduksie en vervaardiging is een van die mees arbeidsintensiewe
gewasse in Suid-Afrika. Dit verskaf werk aan meer as 8 000 plaasarbeiders
en 2 500 fabriekswerkers, wat op hulle beurt meer as 40 000 mense
ondersteun, hoofsaaklik in afgeleë landelike gebiede.
Uitdagings in die bedryf sluit die volgende in:
• oorregulering deur die staat
• opkoms van onwettige handel
• stygende doeanebelasting
• afname in die plaaslike mark
• globale aanslag op die tabakbedryf
• volhoubaarheid van die primêre bedryf
4. Vir die nuwe toetreder
Die tabakplant is ’n lid van dieselfde botaniese familie as tamaties, aartappels,
rissies en eiervrug.
Tabak vaar goed in swakker grond en bied boere ’n welkome alternatiewe
oes. In baie gevalle voorsien dit ’n hoër inkomste as enige ander
kleinboerproduk. As gewas pas dit goed in by omgewingsvriendelike
rotering: die verbouing van tabak sal tot voordeel van die volgende oes
(soos mielies) wat in daardie grond verbou word strek.
’n Tipiese boer met, byvoorbeeld, twee tot drie hektaar grond kan ’n goeie
inkomste uit slegs ’n klein gedeelte van daardie grond verdien indien hy
tabak daarop sou verbou. Die naaste koöperasie kan die boer help deur
saad en misstof te voorsien en advies oor die aanplant, verbouing, oes en
droging van tabak en ander gewasse te gee.
Daar is ongeveer 13 000 sade in ’n gram – dit lyk nogal soos poeierkoffie. Die
sade is so klein dat dit in spesiaal voorbereide en beskermde saadbeddings
versorg moet word vir 30 tot 90 dae voordat dit op die land uitgeplant
word. Na ’n paar weke word grond rondom die saailinge opgeërd om
hulle te beskerm en in staat te stel om ’n goeie wortelstelsel te ontwikkel.
Twee maande later word die blomknoppe en sommige van die boonste
blaartjies getop en suiers uitgebreek ten einde groei te konsentreer op
die oorblywende blare (net soos suiers uitgebreek word in die geval van
tamaties).
Die boer moet heeltyd die geskikte plantvoeding voorsien. Dit is nie raadsaam
om algemene riglyne te verskaf nie, aangesien daar spesifieke faktore in
elke streek is wat in aanmerking geneem moet word, soos die soort grond,
stikstofvlakke, reënvalvlakke, en so meer. Boere moet ook op die uitkyk
wees vir siektes en plae namate die tabak groei tot die oesstadium.
Die verbouingsproses behels verskeie stadia: groei, oes, droging, gradering
en bemarking (alles word deur die boer behartig). Daarna word die
verwerking en verpakking deur die verwerker gedoen. Die vervaardiging
en bemarking van tab