525
onderskeidelik vir ’n 54.4%, 12.9 en 10.9% aandeel van die totale waarde
van Suid-Afrika se invoere rekeningskap gee.
Suid-Afrikaanse invoere
% aandeel 2010
Malawi
Tanzanië
Zimbabwe
Sri Lanka
Kenia
China
VAE
VK
Indië
Argentinië
Suid Afrikaanse uitvoere
54.4 -8.0
44.4
10.9
9.7
5.0
2.5
0.9
0.7
0.7
0.7
% aandeel 2010
Mosambiek
Zambië
VK
Zimbabwe
China
Nederland
Pakistan
Verenigde State van Amerika
Duitsland
Egipte
34.1
12.1
10.2
7.1
6.8
4.9
3.2
2.4
2.3
1.7
Bron: NAMC Trade Profile Julie 2011. Vind dit by www.namc.co.za.
Bekend as die land waar tee sy oorsprong gehad het, het China
honderde jare lank die enigste tee geproduseer wat aan die Westerse
wêreld bekend was. Hoewel hierdie land heelwat van sy eie produksie
verbruik, is China steeds vir meer as 18% van die wêreld se tee-uitvoere
verantwoordelik.
In 1972 het die eiland, wat destyds as Ceylon bekend gestaan het, weer
sy tradisionele naam “Sri Lanka” teruggeneem maar die benaming
“Ceylon” vir die bemarking van sy tee behou. Vanweë Sri Lanka se
geografiese ligging kan tee dwarsdeur die jaar gepluk word. Die weste en
ooste van die eiland word deur sentrale berge geskei met die gevolg dat
wanneer die een streek se seisoen eindig, begin die ander streek s’n. Dit
verteenwoordig meer as 21% van die wêreld se tee-uitvoere.
Indië. Hierdie land is een van die belangrikste teeprodusente wat meer as
14% van die wêreld se tee uitvoer en meer as 400 000 hektaar bewerk.
As die jongste teeproduserende lande kon Afrika-lande op die ervaring
van ander produsente voortbou. Gevolglik is Afrika tans ’n belangrike
rolspeler in die bedryf wat tee van hoë gehalte en ’n mooi, helder
kleur produseer wat oor die hele wêreld in teemengsels gebruik word.
Ongeveer 25% van die wêreld se tee-uitvoere, of te wel 250 000
ton, word in Afrika geproduseer. Kenia, Malawi, Uganda, Tanzanië en
Zimbabwe is teeprodusente
In Australië is die bedryf geforseer om te meganiseer want teeproduksie,
veral die pluk van tee is ’n uiters arbeidsintensiewe metode van uitsoek,
uitdroog, fynmaal en gefermenteerde tee is vir eeue gebruik
3.
Plaaslike sakeomgewing
Suid-Afrika se swart tee-uitvoermark is omtrent R20 miljoen ’n jaar werd,
terwyl die land ongeveer 16 miljoen kilogram ’n jaar invoer vir binnelandse/
huishoudelike gebruik.
Met ’n jaarlikse verbruik teen omtrent 20 000 ton per jaar, is Suid Afrika
’n netto invoerder van swart tee. Swart tee word ingevoer vanaf Malawi,
Zimbabwe, Kenia, Sri Lanka en Mosambiek.
Uitdagings om voordelig met swart tee te boer sluit die volgende in:
• Lae wêreld pryse vir swart tee en die feit dat swart tee ’n US dollar
verhandelde kommoditeit is.
• Die verskil tussen die produsent-en kleinhandelspryse vir swart
tee is onrusbarend hoër as die van die meeste ander landbou
kommoditeite.
• Produksiekoste(wat minimum lone insluit) is hoër as die van
aangrensende SADC lande. Suid-Afrika se kostes is R16 kg in vergeleke
met R8/kg en R10/kg in lande soos Malawi, Kenia en Sri Lanka)
• Daar is geen beskerming teen tee-invoere vanaf SADC lande nie, daar
is ook geen finansiële aansporing vir teeverpakkers om plaaslike tee te
verpak nie.
• Die dominansie van teeverpakkers, twee groot teeverpakkingsonde
rnemings domineer meer as 80% van die Suid-Afrikaanse swart tee
mark.
• Swart teeprodusente in Suid-Afrika beskik nie oor ’n
onderhandelingsmeganisme om beter pryse met teeverpakkers in
Suid-Afrika te bedin g nie; hulle is prysnemers omdat die verpakkers
die pryse bepaal.
Bron: Die Industrial Products: Black Tea Market Value Chain Profile: 2010-2011 by
www.daff.gov.za
4. Nasionale strategie
Raadpleeg die Industrial Products: Black Tea Market Value Chain Profile:
2010-2011 by www.daff.gov.za vir meer inligting Neem die “Publications” en
“Agricultural Marketing” kiesopsies).
Wanneer volle produksie plaasvind kan teeplantasies in hierdie land aan
meer as 14 duisend mense werk te verskaf. Meer as sesduisend mense het
hulle werk verloor toe Grenshoek, Middelkop, Ngome, Richmond, Paddock
en Senteeko uit produksie gegaan het.
’n Aantal privaatsektor- en staatsvennootskappe het nuwe lewe in die swart
tee bedryf geblaas en tans is daar vyf plantasies in die bedryf: Tshivhase en
Mukumbani (Limpopo), Ntingwe (KwaZulu-Natal), Magwa (Oos-Kaap) en
Gradely (Mpumalanga)
Afgesien van swart tee en samewerking met teemengers van ander Afrikalande
sluit bemarkingstrategieë ook samewerking met Rooibosaanplanters in die
Noord-Kaap, wat ’n baie gesonde lae kafeïen groen tee (LKGT) produseer,
in.
Die Ntingwe-plantasie is ’n sukses storie. Suiwer Ntingwe tee word tans
verkoop onder die naam van die plantasie in teesakkies wat “Zulu tee”
gemerk is, terwyl Yorkshire Gold, ’n vermengsel van Ntingwe tee en ander
variasies, ’n tweede kleinhandel vermengsel is wat op oorsese marke
verkoop word. Sedert 2004 is die tee ook plaaslik verkoop by Woolworths
onder die Ntingwe-plantasie se handelsnaam.
5. Belanghebbendes
Verpakkers, verskaffers, verwerkers en verspreiders:
AVI Limited
Tel: 011 502 1300
www.avi.co.za
Back to Basics (Edms) Bpk
Tel: 011 472 1922
Barnes Tea & Coffee Merchants
Tel: 011 793 7037
Bevco Tea and Coffee
Tel: 012 661 8883
www.bevco.co.za