520
in die gemiddelde temperature van die vernaamste mangostreke lei tot
verskillende oestye. Die vrugte in die hoërliggende gebiede word later
geoes as vrugte in laerliggende gebiede. Die oestye vir ’n spesifieke kultivar
kan drie tot vier weke van mekaar verskil..
Mango’s is verwerk vir mangosap, gedroogde mango’s of atjar.
Bronne: Pierre Lubbe; South African Fruit Trade Flow Sept 2011 (Nasionale
Landboubemarkingsraad (NLBR).
6. Piesangs
Piesangs word in Suid-Afrika in ses afsonderlike subtropiese streke
kommersieel verbou, naamlik die Onderberg naby Malelane en Komatipoort,
Kiepersol, die KwaZulu-Natalse suidkus, Levubu, Letaba, asook die
noordkus van KwaZulu-Natal. Die Onderberg-streek is die streek met die
hoogste opbrengs, met 35% van die totale grond waarop piesangs verbou
word, terwyl die suidkus van KwaZulu-Natal die grootste konsentrasie
produsente het.
Suid-Afrikaanse piesangs word hoofsaaklik op die binnelandse markte
verkoop. Hierdie piesangs behoort tot die Cavendish-subgroep van
dessertpiesangs, met ’n gemiddelde opbrengs van 30 ton – en hoër – per
hektaar per jaar. Dit is veral van toepassing in gebiede waar intensief
met piesangs geboer word (bv in Onderbe &r