519
3. Koejawels
akkerbou & tuinbou
Subtropiese vrugte
1. Oorsig
Raadpleeg die webtuiste www.daff.gov.za vir statistiek ten opsigte van die onderskeie
subtropiese vrugte. Hierdie statistiek sluit syfers oor produksie, markverkope,
uitvoere, aankope vir verwerkingsdoeleindes, gerealiseerde pryse, bruto waarde en
totale produksiewaarde in.
• Hoewel koejawels landwyd beskikbaar is, is die hoofgroeistreke van
verwerkte koejawels die Wes-Kaap en Mpumalanga.
• Die Fan Retief-kultivar, wat in die Wes-Kaap ontstaan het, dra tans tot
90% van kommersiële oeste by.
• Ongeveer 41 000 ton koejawels word jaarliks in die Wes-Kaap geoes
vir verwerking en vir varsvrugteverkope. ’n Groot volume koejawels
wat deur informele handelaars verkoop word, is nie by hierdie aantal
ingesluit nie. Die grootste gedeelte van die koejawels (25 000 ton)
word verwerk tot sap-produkte, terwyl 24% (10 000 ton) in die
formele varsproduktemark verkoop word.
• Koejawels word vars of ged ɽ