518
Temperature onder vriespunt is nadeling vir sorghum en kan die plant
doodmaak. Plante kan op ’n ouderdom van een tot drie weke herstel indien
hulle blootgestel word aan ’n temperatuur van 5°C onder vriespunt, maar
teen 7°C onder vriespunt, vrek plante. Plante wat ouer as drie weke is, is
minder weerstandig teen lae temperature en kan teen 0°C vrek.
LNR-Instituut vir
Graangewasse (LNR-IGG)
Tel: 018 299 6100
www.arc.agric.za
Sorghum Trust
Tel: 012 807 3958
[email protected]
www.sorghumsa.co.za
Daglengte
Opleiding word aangebied
Sorghumverwerkersvereniging
Tel: 018 297 7181/ 082 561 5742
Sorghum is ’n kortdagplant, wat beteken dat die plant kort dae (lang
nagte) vereis voordat dit na die voortplantingstadium oorgaan. Die
optimum fotoperiode wat tot blomvorming sal lei is tussen 10 en 11 ure.
Fotoperiodes langer as 11 tot 12 ure stimuleer vegetatiewe groei. Die
tropiese variëteite is gewoonlik meer sensitief vir fotoperiode as die vinnige,
kortseisoenvariëteite. Sorghumplante is die sensitiefste vir fotoperiode
tydens blominisiasie.
Watervereistes
Sorghum word in ’n groot verskeidenheid grondtipes in Suid-Afrika
geproduseer, en onder wisselende reënvaltoestande van 400mm in die
droër westelike areas tot ongeveer 800mm in die natter oostelike areas.
Droogtebestandheid
Sorghum is meer droogtebestand as die meeste ander graangewasse. Dit
kan toegeskryf word aan:
• ’n Uitermate goedontwikkelde en fynvertakte wortelstelsel wat baie
doeltreffend is met waterabsorpsie.
• Dit het ’n klein blaararea per plant wat uitwaseming beperk.
• Die blare vou meer doeltreffend as dié van mielies toe tydens warm,
droë toestande.
• Dit het ’n effektiewe uitwasemingsverhouding van 1:310, aangesien die
plant slegs 310 dele water gebruik om een deel droë stof te produseer,
in vergelyking met ’n verhouding van 1:400 vir mielies.
• Die epidermis van die blaar is kurkagtig en met ’n waslaag bedek wat
die plant van uitdroging beskerm.
• Die stomata gaan vinnig toe om waterverlies te beperk. Tydens droë
periodes het sorghum die vermoë om in ’n wesenlike rusfase te bly en
groei te hervat sodra toestande gunstig word. Al vrek die hoofstam, kan
kantlote ontwikkel en saad vorm wanneer die watertoevoer verbeter.
Produksiepotensiaal
Dit is noodsaaklik dat die sorghumprodusent ’n realistiese opbrengsberaming
maak. Produksiepraktyke soos plantdigtheid, bevrugting en kultivarkeuse
hang van die beplande opbrengs af. Verskeie metodes, elkeen met
beperkinge, kan gebruik word om opbrengspotensiaal te bepaal. Die
betroubaarste metode is om langtermynopbrengsdata van elke produsent
te gebruik. Dit weerspieël die inherente opbrengs van die spesifieke
omgewing, asook die invloed van agronomiese praktyke soos bevrugting,
grondverbouing plantdigtheid, onkruidbeheer en plaagbeheer asook die
bestuursvaardighede van die produsent.
Bron: ’n Uittreksel van die Sorghum production-publikasie wat beskikbaar is by www.
daff.gov.za (kies die “Publications” en “Info pak” kieslysopsies)
5. Belanghebbendes
• Lees die algemene hoofstuk oor graan en oliesade vir besonderhede
oor verenigings soos SAGIS, Graan SA, Southern African Bioenergy
Association (SABA) en Graan Silo Industrie. Daar is meer inligting
oor die rolspelers in die sorghumbedryf in die hoofstukke oor
graanhantering en -berging en veevoer.
• ’n Omvattende lys van rolspelers is beskikbaar op SAGIS se webtuiste,
www.sagis.org.za – kies die “List of Co-workers” en dan die “Sorghum”opsie.
Johannesburgse Aandelebeurs
Afdeling vir Kommoditeits-afgeleide
Instrumente
Tel: 011 520 7535
Chris Sturgess – [email protected]
www.jse.co.za/commodities
Sorghum Forum
Tel: 012 807 3958
[email protected]
United National Breweries
Tel: 011 315 7337
www.unbreweries.co.za
Universiteit van Pretoria
Departement Voedselwetenskap
Tel: 012 420 4296
www.up.ac.za
Vir nuus oor navorsing oor
Die Sorghumforum, bestaande uit al neweprodukte van hierdie graan,
die rolspelers in die sorghumbedryf kontak Prof. John Taylor.
(produsente, handelaars, siloeienaars, verwerkers, arbeiders,
verbruikers en die LNR), vergader
gereeld om verskeie sake te
bespreek wat op die sorghumbedryf
betrekking het.
6. Publikasies en webtuistes
Besoek eerste die webtuiste van die Sorghum Trust, www.sorghumsa.
co.za. Dit bevat inligting oor die geskiedenis van sorghum, die gebruike van
sorghum, die verbouing van sorghum, ensovoorts.
Die Grain Sorghum Market Value Chain Profile: 2010-2011 is ook ’n baie
nuttige dokument, kies “Publications” en dan “Agricultural Marketing” by
www.daff.gov.za. Kwekerinlingting is ook beskikbaar; kies “Publications” en
dan “Brochures”.
Verskeie publikasies is by die LNR verkrygbaar, waaronder Sorghum diseases
in South Africa en die Sorghum production guide. Bestel dit by www.arc.agric.
za of skakel 012 427 9700.
Pannar se Grain Sorghum Production en Forage Sorghum Production Guide is
verkrygbaar by www.pannar.com.
www.sagis.org.za – Die SAGIS-webtuiste: historiese inligting en statistiek
(nasionale voorraad, produsentaflewerings, invoer, uitvoer, verbruik,
weeklikse pariteitpryse, ens.)
Vind die Sorghum Cultivar Classification and Regulations relating the grading,
packing and marking of Sorghum intended for sale in the Republic of South
Africa onder die “Inligting” -kieslysopsie by www.graansilo.co.za.
www.sadc.int – Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)
is Suid-Afrika se belangrikste sorghumuitvoermark.
Daar is ook maklik verstaanbare “Infotoons” met ’n afdeling getiteld “How
to grow sorghum”. Dit is beskikbaar by www.agis.agric.za/efarmer.
DIe National Sorghum Producers (VSA) se webtuiste is www.sorghumgrowers.
com.
Ons bedank Leon du Plessis en SAGIS vir die lees van en kommentaar op die
konsephoofstuk.