517
3. Plaaslike sakeomgewing
akkerbou & tuinbou
Sorghum
Lees saam met die algemene hoofstuk oor graan en oliesade.
1. Oorsig
Sorghum is inheems aan Afrika. Dit word hoofsaaklik verbou in vlak,
laepotensiaalgrond met ’n hoë klei-inhoud wat nie vir mielies geskik is nie.
Dit word hoofsaaklik van middel-Oktober tot middel-Desember aangeplant.
Die reënvalpatroon en ander weerstoestande in ’n spesifieke seisoen bepaal
die plantperiode asook die lengte van die groeiseisoen.
Die afgelope paar jaar het sorghumproduksie van die droër westelike na die
natter oostelike produksiegebiede verskuif. Sorghum word hoofsaaklik in
die Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo vir kommersiële doeleindes verbou.
Die oppervlakte wat per jaar aangeplant word, wissel tussen 75 250 ha
en 160 600 ha, en die gemiddelde jaarlikse kommersiële produksie beloop
ongeveer 255 000 ton.
Die sorghumbedryf is gekoppel aan die nywerheids- en kommersiële
produksie van mout, meel en rys asook die troeteldierkos- en
kraalvoerbedryf. Sorghum is hoofsaaklik vir menslike gebruik (bv. mout,
sorghummeel en sorghumrys). Dit is die tradisione