Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 517

515 Wat van wisselbou? Aspekte van kritieke belang rakende sonneblomproduksie Sonneblomme behoort in ’n wisselbouprogram met ander gewasse verbou te word omdat: • Die risiko van siektes en onkruid verhoog in die geval van monokultuur (verbouing van dieselfde gewas in dieselfde grond). • ’n Opbrengs- en gehaltevoordeel word dikwels gemeet aan ’n opvolgoes van mielies of sorghum. • Onkruid- en plaagprobleme verminder in die geval van ’n wisselbouprogram. Let egter daarop dat sekere onkruiddoders ’n lang residuele tydperk het en skade in die opvolggewas in ’n wisselboustelsel kan veroorsaak. Dit is dus belangrik om streng te hou by die aanwysings op onkruiddoderhouers. Enigiets anders? Doeltreffende onkruidbeheer is ’n voorvereiste vir hoë sonneblomopbrengs. Dit kan geskied deur middel van ’n kombinasie van meganiese en chemiese praktyke. Jong plante is uiters sensitief vir sterk onkruidmededinging en kan nie vinnig genoeg ontwikkel om ’n volledige skadulaag te vorm wat onkruidsaailinge onderdruk nie. Die eerste ses weke na aanplanting is dus ’n kritieke tydperk vir die gewas. Opbrengs kan aansienlik verhoog word indien die lande onkruid-vry gehou word gedurende hierdie tydperk. Wanneer oes ek? Die oesproses moet begin sodra 80% van die sonneblomkoppe bruin is ten einde verliese weens voëlskade, platwaaiing en verstrooiing te beperk. Ontwikkelingstadia Die ontwikkelingstadia en gepaardgaande sonneblomme word in Fig. 1 aangedui. oesbestuurinsette van • In sanderige grond is sonneblomme baie sensitief vir windskade. Sonneblomme moet verkieslik in swaarder grondsoorte geplant word. • Sonneblomme is baie sensitief vir grondverdigting. Maak seker dat die grond waar sonneblomme aangeplant word nie verdig het nie. Dit kan vasgestel word deur ’n gat in die grond te maak. • Goeie saadbeddingvoorbereiding is uiters belangrik om sukses te verseker. Sonneblomme is ’n koelweergewas. Ontkieming is swak by hoë temperature. • Sonneblomme het baie vog nodig. Maak seker dat daar genoeg vog in die grond is voordat u begin plant. Oorweeg ook opvolggewasse aangesien sonneblomme die grondwater uitput, veral in die geval van laat aanplantings. • Ernstige verliese kan gely word indien sonneblomme te laat geoes word. • Moenie sonneblomm R