514
Suid-Afrika voer sonneblomsaad veral van die Russiese Federasie, Roemenië
en Argentinië in.
Wat uitvoer betref, moet daar voldoen word aan fitosanitêre vereistes en
gehaltestandaarde en ’n PPECB-sertifikaat (Perishable Products Export Control
Board) moet verkry word.
Die invoertarief vir sonneblomsaad bedra 9,4% van die vab-prys.
Die SAOG-vryehandelsooreenkoms maak dit sinvol om sonneblomsaad
ook uit SAOG-lande soos Malawi in te voer. Danksy die ooreenkoms is daar
’n onbelemmerde vloei van kommoditeite tussen lidlande en bowendien
word geen tariewe gehef nie.
Bron: Sunflower Seed Market Value Chain Profile 2010-2011 (Departement
Landbou, Bosbou en Visserye)
3. Plaaslike sakeomgewing
Kry die “Regulations relating to the Grading, Packing and Marking of Sunflower
Seed intended for sale in the Republic of South Africa” by www.graansilo.co.za (klik
op die” Documents & Brochures”-kieslysopsie).
Die afgelope tien jaar word sonneblomsaad grotendeels aan die binnelandse
mark verkoop. Baie min sonneblomsaad word uitgevoer. Dit kan daaraan
toegeskrywe word dat die land oor die vermoë beskik om die meeste
sonneblomsaad te verwerk wat plaaslik verbou word . Suid-Afrika moet
trouens sonneblomsaad invoer.
Baie landboukommoditeitshandelaars (sien hoofstuk oor kommoditeitshandel) en produsente kan voordeel trek uit die vrye mark. Die prys van
sonneblomsaad word teen invoerpariteit bepaal.
Daar is geen statutêre heffings nie en die regering meng hom nie in by die
bemarking van oliesade nie.
Vyf hoofvlakke kan in die sonneblomsaad-tot-sonneblomolie-waardeketting
geïdentifiseer word:
• sonneblomsaadprodusente
• saadpers-ondernemings (insluitende vervaardigers van veevoer)
• raffinaderye van ruolie (insluitende ingevoerde ruolie)
• groot- en kleinhandelaars
• verbruikers
Bron: Sunflower Seed Market Value Chain Profile 2010-2011 (Departement
Landbou, Bosbou en Visserye)
4. Vir die nuwe toetreder
In watter soort grond kan ek plant?
Sonneblomme pas relatief goed aan by ’n wye verskeidenheid grondsoorte.
Tradisioneel is sonneblomverbouing egter beperk tot grondsoorte waar
die kleipersentasie wissel tussen 15 en 55%, d.w.s. sanderige of leem- tot
kleigrond.
Op grondsoorte met ’n ligte tekstuur is plante vatbaar vir windskade in
die saailingstadium, en om hierdie rede moet sodanige grondsoorte vermy
word tensy u winderosie suksesvul kan bekamp.
Wanneer plant ek?
Sonneblom kan aangeplant word vanaf die begin van November tot die
einde van Desember in die oostelike dele van die land, en tot en met
middel- Januarie in die westelike dele.
Die gewas is uiters sensitief vir hoë grondtemperature wanneer dit opkom,
en dit is veral in sanderige grond van die wes-Vrystaat e