513
8. Publikasies en webtuistes
akkerbou & tuinbou
Wêreld Sojaboon Navorsing Konferensie, Durban 2013 – www.wsrc2013.
co.za
Soek Soyabean Market Value Chain Profile: 2010-2011 onder die “Publications”
en “Agricultural Marketing Commodity Profiles” by www.daff.gov.za.
Sonneblomme
Vind die verlag The South African Soybean Value Chain by www.namc.co.za.
Sien ook die hoofstuk Grane & Oliesade.
Production guidelines: growing soya beans 2010 kan gelees word onder die
opsies “Publications” en “Brochures” op www.daff.gov.za.
Your Guide to Successful Soybean Production – ’n publikasie van die
Landbounavorsingsraad se Graaninstituut Tel: 018 299 6100 of skryf aan e
to [email protected].
Skakel 012 842 4000 of rig e-pos aan [email protected] vir die brosjure
getiteld Processing of oil seeds (soy beans, sunflower).
Kry Pannar se gids, die Soybean Production guide by www.pannar.com.
www.sagis.org.za – die SAGIS-webtuiste. Hier sal u statistieke (nasionale
voorrade, produsentlewerings, invoer, uitvoer, verbruik, weeklikse
pariteitpryse, ens) en historiese inligting aantref.
www.ssa.org.za, die webtuiste van Soy Southern Africa, wat skakels
na ’n magdom tersaaklike webtuistes het – verwerkers, sojaboonnavorsingslaboratoriums, sojaorganisasies, biotegnologie, verbruikers,
sojaboongebruike, prysinligting en vele meer.
Kry aantekeninge oor sojabone by www.agis.agric.za.
Die webtuiste vir gespesialiseerde proteïenprodukte, www.sppcom.com,
bevat ’n lys van 63 publikasies, navorsingsverslae, ensovoorts.
Lees oor die geleenthede wat nie-GM-soja bied op www.sppcom.com.
www.ayos.co.za. U kan onder andere statistieke oor soja en voeding hier
kry.
Ons wil SAGIS bedank vir terugvoer oor die konsephoofstuk.
1. Oorsig
Sonneblom is in die kategorie grane en oliesade naas mielies en koring
die derde belangrikste graangewas wat in Suid-Afrika geproduseer word.
Die meeste sonneblom word in Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga
geproduseer. Graanboere slaan maklik van mielies oor na sonneblom, en die
meeste graanboere plant albei gewasse om hul boerdery te diversifiseer.
Sonneblomsaad word primêr gebruik in die vervaardiging van sonneblomolie
en oliekoek. As die dop verwyder is, kan die saad geëet word of kan olie
daaruit vervaardig word. Die meeste sonneblomsaad word plaaslik bemark
en as saad, veevoer of by olieperse vir die produksie van sonneblomolie
gebruik.
Die vernaamste funksie van sonneblomproduksie is die onttrekking van olie
uit die saad.
Die olie word daagliks in huishoudings, restaurante en verskeie
voedselbedrywe gebruik. Sonneblom is ’n basiese grondstof in die
vervaardiging van margarien en smere, en word daagliks deur miljoene
mense gebruik.
Sonneblom kan ook tot diesel verwerk word vir gebruik as biobrandstof in
dieselenjins.
Omdat dit so ryk is aan proteïene, word oliekoek van sonneblomsaad
gemaak. Oliekoekmeel word algemeen as veevoer gebruik.
Sonneblomheelsade (vrugte) word as ’n versnapering verkoop nadat dit in
oonde gerooster is, met of sonder sout. Sonneblom kan ook verwerk word
as ’n alternatief vir grondboonbotter, naamlik “sonbotter”. In Duitsland
word dit met rogmeel gemeng om Sonnenblumenkernbrot (letterlik:
sonneblomheelsaadbrood) te maak. Dit word ook as voëlsaad verkoop en
in slaai en ander geregte gebruik.
Lateks of rubbermelk word ook uit sonneblom verkry, en eksperimente
word gedoen om dit meer geskik te maak as ’n alternatiewe gewas vir die
produksie van hipoallergeniese rubber.
Die bemarkingseisoen vir sonneblom begin in Suid-Afrika op 1 Januarie en
eindig op 31 Desember.
Statistiek (bv. oesskattings, invoer en uitvoer ens) is beskikbaar op die
Nasionale Departement van Landbou se webtuiste by www.daff.gov.za
– klik op die “Publications”-opsie in die kieslys – en op die Suid-Afrikaanse
Inligtingsdiens se webtuiste – www.sagis.org.za.
Bron: Sunflower Seed Market Value Chain Profile 2010-2011 (Departement
Landbou, Bosbou en Visserye; http://en.wikipedia.org/wiki/Sunflower.
2. Internasionale sakeomgewing
Sien die maandelikse nuusbrief op SAGIS se webtuiste vir die jongste inligting
asook die Sunflower Seed Market Value Chain Profile 2010-2011 (Departement
Landbou, Bosbou en Visserye) waarin Suid-Afrikaanse invoer en uitvoer ontleed
word.
Suid-Afrika is nie ’n noemenswaardige rolspeler in die produksie en
verhandeling van oliesade in die internasionale mark nie, aangesien dit slegs
sowat 3% uitmaak van die sonneblomsaad wat in die wêreld geproduseer
word.